| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 15:38 - (SA)
Najwa ‘getruuk’ Estelle Ellis
Najwa Petersen is deur die polisie “getreiter”, op “skokkende wyse” behandel en op “agterbakse wyse” omgepraat om sekere verklarings te maak. In ’n verrassende wending in die moordsaak teen die teaterlegende Taliep Petersen se vrou, Najwa, het haar regspan aangedui hulle wil die sogenaamde middelman in die beweerde huurmoord terugroep vir verdere ondervraging. Die staat het intussen aangedui hulle beplan om hul saak môre te sluit. Najwa staan saam met mnre. Abdoer Rasoed Emjedi, Waheed Hassen en Jefferson Snyders tereg op aanklagte van die moord op Taliep, gewapende roof en ook die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Najwa se advokaat, Klaus von Lieres und Wilkau (SC), het gesê hy wil vir Fahiem Hendricks, wat aan die hof erken het dat hy die huurmoord op Taliep namens Najwa gereël het, nog vrae vra. Hendricks is ’n staatsgetuie. Die vrae spruit uit die verklaring van een van Najwa se mede-beskuldigdes, Hassen, wat twee weke gelede as getuienis in die hof toegelaat is. Daarin het Hassen onder meer gesê Hendricks het hulle oortuig om Najwa se man te vermoor – hulle het nie geweet dit was Taliep nie – deur aan hulle te sê dat haar man haar mishandel. Von Lieres het in sy kruisverhoor van die ondersoekbeampte in die saak, kapt. Joe Dryden, gesê hy sal argumenteer dat die polisie vir Najwa op “skokkende wyse” behandel het. Hy het vir regter Siraj Desai gesê hulle sal aanvoer dat die polisie met ’n reeks “truuks” vir Najwa onbehoorlik beïnvloed het om in ’n verklaring te sê sy het ’n verhouding met Hendricks gehad. Von Lieres het onder meer aangevoer die ondersoekspan het Najwa in die middel van die nag vir ondervraging ingeneem en haar ook met Hendricks se teenwoordigheid gekonfronteer. Dryden het gesê dit was so dat Hendricks en Najwa mekaar by die polisie se kantore gesien het. “Sy (Hendricks se) liggaamstaal het vir haar gesê: ‘Stem net saam.’ ” Dryden het verder gesê hy en sy span het deur die nag gewerk om die moordsaak op te los. “Hoe langer dit vat, hoe moeiliker raak dit,” het Dryden gesê. Von Lieres het gesê hy gaan argumenteer dit was verkeerd om haar met iemand anders te konfronteer. “Dit was skokkend. Die bewering van die verhouding was iets wat u op ’n agterbakse manier verkry het. Die ergste van alles is, u het geweet dis nie die waarheid nie . . . Dis duidelik dat sy onbehoorlik beïnvloed is om die stelling te maak.” Hendricks het getuig hy en Najwa het saam besluit om te sê hulle het ’n verhouding gehad, want dit kon die vele foonoproepe verduidelik wat tussen hulle gemaak is op die dag van die moord. “U het hierdie vrou getreiter van die begin af. U wou haar uitvang met al u konfrontasies,” het Von Lieres aan Dryden gesê. Dryden het gesê hy het altyd vermoedens gehad oor Najwa se beweerde betrokkenheid by haar man se moord, maar het eers ná 18 Junie, toe Hendricks sy verklaring afgelê het, genoeg bewyse gehad om haar in hegtenis te neem. In haar eerste verklaring aan die polisie het Najwa gesê: “Daar is geen kwade gevoelens tussen my en Taliep nie. Ek het niks om weg te steek nie . . . Dit is alles die waarheid. Ek het niks om weg te steek nie.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|