| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 15:38 - (SA)
WP-speler gebroke ná broer se selfmoord Seraj Jones
’n Onvergeetlike pa-en-seun-uitstappie verlede Vrydag op die Kasteelpoort-voetslaanroete teen die hange van Tafelberg. ’n Gesellige aandete met familielede en vriende. Dít was dalk Craig Delport (21) se vaarwel aan sy geliefdes voordat hy hom Saterdag in die motorhuis van hul woning in Plumstead opgehang het. Craig is die jonger broer van die Westelike Provinsie-skrumskakel en Springbok-sewesspeler Paul Delport. Craig was so ’n spontane mens dat die Delports nie kan verstaan wat hom tot selfmoord gedryf het nie. Craig se verpletterde pa, dr. Steven Delport, sê: “Ek verstaan dit nie. Craig was dan so gelukkig . . . Ons het net onlangs ’n fantastiese tyd saam deurgebring. Craig het akademies goed presteer en was ook ’n kranige sportman. Dit is net so onwerklik. “Hy het nie eens ’n briefie of iets gelos het nie, wat dit erger maak. Hy was ook nie depressief nie. Ons sal seker maar ons hele lewe lank soek na antwoorde.” Paul sê die wêreld was ’n beter plek saam met Craig. “Ons het ’n ongelooflike mens verloor. Daar is regtig niks slegs wat ek van Craig kan sê nie. En dít breek my hart.” Craig se liggaam is deur bure ontdek nadat hy nie sy selfoon geantwoord het nie. “Ons sou die rugbywedstryd (die Super-14-stryd tussen die Stormers en die Brumbies op Nuweland) saam oor televisie gekyk het. My pa-hulle was in Hermanus. Ek het ons bure gevra om seker te maak dat Craig tuis en alles orraait is,” sê Paul. Een van Craig se beste maats van die afgelope byna 15 jaar, Michael Oosthuizen, sê Craig het hom ’n halfuur voor sy dood gebel. “Omtrent twee-uur die middag het hy van sy ander pêlle gebel, maar niemand was beskikbaar nie. Hy was op soek na iemand wat hom na sy meisie, Divola Adams (19), op Vredenburg kon neem. Craig het nie ’n rybewys gehad nie. Hy het nie kwaad of bekommerd geklink nie.” Craig was ’n tweedejaarstudent aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, waar hy natuurbewaring gestudeer het. “Hy wou ’n wildbewaarder wees. Dit was seker een van sy groot passies in die lewe – die natuur en die buitelewe. Hy was ook ’n rekenaar-fundi en was baie lief vir musiek.” Een van Craig se dosente, mnr. Hardey Victor, sê: “Wat ’n ongelooflike mens. Hy was ’n grapjas en het altyd na ander se belange omgesien.” Kort ná sy dood het sy gesin depositostrokies in een van Craig se laaie ontdek. “Ons sien nou eers dat hy geld gestuur het aan ’n familielid in Lavender Hill. Die pa van die gesin het glo sy werk verloor en Craig het probeer om hul las te verlig. Dis so tipies Craig – ’n mens met ’n goeie hart en gevoelens vir sy medemens. “Een van Craig se vriende, James McWilliams, het in die week die laaste eer aan hom kom wys. Craig het hom destyds van die verkeerde pad af gekry en seker gemaak dat hy ’n sukses van sy lewe maak,” vertel Paul. James het (soos Craig) by die South African College School (Bishops) gematrikuleer. James se woorde in ’n kaartjie lees: “Craig het my deur baie moeilike tye gedra met sy vriendskap. Hy is my beste vriend ooit.” Paul sê: “Dus, kan julle verstaan waarom dit so moeilik is vir ons almal? Hy was ’n inspirasie vir ander.” Tydens Kaap-Rapport se besoek aan die Delports se woning het Divola doelloos rondgedwaal. Sy bly sedert die voorval by hulle. ’n Roudiens is Donderdag in die St. Pauls- Anglikaanse kerk in Rondebosch gehou.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|