| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 29 Junie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 15:38 - (SA)
Permit-Blaps: Doodsbus-drywer het nie PBP Chantelle Nicholas
Die drywer van die skoolbus waarin ’n 12-jarige meisie noodlottig beseer is, het nie ’n professionele bestuurspermit (PBP) – waarvoor bus- en taxibestuurders aansoek moet doen – gehad nie. Mnr. Jonathan Matthys (40) van Bella Vista het wel ’n kode C-rybewys (die ou kode 10) wat hom magtig om ’n bus te bestuur. Matthys is na bewering deur die hoof van die VGK Primêre Skool Die Eike in die Witzenberg-vallei in die Koue Bokkeveld, mnr. Ralmond Cupido, opdrag gegee om die leerlinge by hul onderskeie punte op te laai. Die ongeluk op die private Dennekruinplaaspad waarin Clarissa Smit, ’n gr. 7-leerling, gesterf het, het Donderdagoggend ongeveer 10:35 gebeur. Die skoolbus het glo na links uitgeswaai vir ’n aankomende vragmotor. Volgens Matthys het hy homself ná die ongeluk vreeslik verwyt, maar hy “voel nou beter”. “Ek is op pad na die Smit-woning om met die ouers te gesels,” het hy Vrydagaand gesê. Kaap-Rapport het aan hom gevra hoe gereeld hy die bus bestuur het, maar hy wou geen verdere vrae beantwoord nie. Kaap-Rapport verneem dat Matthys wel nou en dan die skoolbus bestuur het. Hy het glo verlede Woensdag ook leerlinge vervoer. Volgens Cupido is die pad op die gedeelte waar die ongeluk gebeur het, baie nou. “Spoed het glad nie ’n rol gespeel nie,” sê Cupido. Hy weet nog nie of die bus afgeskryf is nie, maar sê dit is “soos ’n nagmerrie” wat vir die skool waar geword het. Die eintlike bestuurder van die skoolbus, ’n vrou van Bella Vista, kon die betrokke oggend nie die skoolbus bestuur nie omdat sy haar PBP moes gaan hernu. Volgens ’n leerling wat nie haar naam genoem wil hê nie, het die vrou Maandag vir die eerste keer die skoolbus bestuur. Die leerling het ook bevestig dat Matthys verlede Woensdag die bus bestuur het. Met Kaap-Rapport se besoek aan die toneel was speurders besig om die deur van die skoolbus op te tel. Daar kon duidelik gesien word hoe gedeeltes van die pad meegegee het soos die bus na bewering gegly het. Clarissa, een van die top-leerlinge aan die skool, was saam met een van haar maats, Lillian Boer (14), onder die bus vasgevang. Mnr. Mark Pedro, adjunkhoof, sê Lillian kla net van pyne in haar heup. Pedro sê hy twyfel of die leerlinge weer in ’n bus sal klim. “Dis hul enigste vorm van vervoer. Sommige leerlinge woon so ver as 22 km van die skool af. Als sal seker eers ná die begrafnis weer grond vat.” Clarissa se beste maatjie, Adelaide Davids (13), vertel dat Clarissa haar nog Woensdagmiddag ná skool vir oulaas ’n soentjie en drukkie gegee het. “Ek gaan haar baie mis.” Die VGK Primêre Skool Die Eike se leuse, “Strewe Voorwaarts”, is al wat die leerlinge en leerkragte nou deur die tragedie help. Mnr. Gert Witbooi, woordvoerder van die provinsiale minister van onderwys, mnr Cameron Dugmore, sê daar sal so gou as moontlik met die ondersoek begin word. “In dié stadium wil ons geensins bespiegel oor wat gebeur het nie,” sê Witbooi.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|