News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 13 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  6°C  18°C
Kpstd  16°C  19°C
Dbn  14°C  22°C
Jhb  2°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

26/01/2008 19:04  - (SA)  
Kragkrisis reeds 13 jaar gelede voorspel
Johan Eybers    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Johannesburg

Eskom se monopolie op kragvoorsiening, goedkoop krag, gebrekkige instandhouding en onaantreklike beleggingsmoontlikhede is die vernaamste redes waarom Suid-Afrika ’n kragkrisis beleef.

Só sê kenners oor die kragkrisis wat al byna dertien jaar gelede voorspel is.

Weens Eskom se versmorende monopolie word onafhanklike kragprodusente uit die mark gedryf.

En omdat die wetlike tarief waarteen Eskom krag kan koop sowat die helfte van die prys is waarteen hy dit verkoop, stel beleggers nie belang om daarin te belê nie, sê prof. Harold Annegarn van die departement van geografie en omgewingsbestuur by die Universiteit van Johannesburg.

Die spotgoedkoop prys wat plaaslike verbruikers vir elektrisiteit betaal, maak dit ook nie vir kragprodusente die moeite werd om daarin te belê nie, sê mnr. Andrew Kenny, ’n onafhanklike energiekonsultant.

“Die prys van krag sal ten minste moet verdubbel om dit vir beleggings die moeite werd te maak,” sê Kenny.

’n Senior ingenieur by Eskom, het op voorwaarde dat sy naam nie genoem word nie, aan Rapport gesê dat die kragreus, net soos die regering se kortsigtige en ondeurdagte optrede, bygedra het tot die kragkrisis.

Die regering se aanspreeklikheid lê daarin dat hy in 2001 besluit het om nie in infrastruktuur te belê nie.

En Eskom se rasionaliseringsproses om van duisende werkers ontslae te raak het tot grootskaalse agteruitgang van die instandhouding van die elektrisiteitsnetwerk gelei, sê hy.

“Dertig jaar lank was Eskom se bedryfsformule die sogenaamde 90-7-3 reël. Hiervolgens was 90% van alle kragstasies se turbines altyd in bedryf, 7% altyd in beplande instandhouding en daar was 3%-grasie vir onvoorsiene probleme,” sê hy.

Die formule het die afgelope jaar handomkeer verander. Slegs 85% van Eskom se turbines werk nou en die ander 15% is buite werking weens instandhouding en onvoorsiene probleme, sê hy.

“Die skokkende syfers dui op ’n totale ineenstorting van die land se elektrisiteitsnetwerk.”

Mnr. Theo Venter, politieke ontleder sê die land betaal ook nou omdat die verkeerde swart ekonomiese bemagtigingmodelle deur die regering toegepas is om kragsentrales te bou.

“Die regering het in 2001 besluit om nie in infrastruktuur te belê nie omdat daar gereken is dat onafhanklike kragprodusente na vore sou kom.

“Daar was glo belangstelling van Franse en Belgiese beleggers wat kernkragsentrales ter waarde van etlike miljarde rand wou bou. Maar nie een van hulle was bereid om die regering se beleid vir swart ekonomiese bemagtiging na te kom nie, waarvolgens 15% daarvan swart eienaarskap moes wees.”

Volgens die senior ingenieur het Eskom in sy dertigjaarbeplanningstrategie agt jaar gelede ook te veel klem gelê op die bou van die Grand Inga hidro-elektrisiteitsprojek in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).

“Eskom het die projek as ’n oplossing vir die hele Afrika se kragprobleme verkoop, terwyl dit duidelik nie haalbaar was weens die voortslepende politieke onrus in die DRK nie,” sê hy.

Annegarn en Kenny sê egter dat dit nooit deel was van Eskom se strategie op korter termyn om die kragkrisis op te los nie. “Dit het niks te doen met ons bestaande krisis nie,” sê Kenny.

Mnr. Pik Botha, gewese minister van mineraal- en energiesake tydens die regering van nasionale eenheid tussen 1994 en 1996, sê Eskom het dertien jaar gelede reeds gewaarsku dat die land se krag gaan opraak.

Hy sê die regering het toe die Nasionale Elektrisiteitsreguleerder tot stand gebring om die bedryf te transformeer en oop te stel aan nuwe rolspelers.

“Daar het in al die jare sedert 1996 bitter min gebeur en nou het ons met ’n tsoenami te doen,” sê hy.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Sal jy een van Angus Buchan se saamtrekke bywoon?
Ja
Nee
Nie weer nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo