News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

26/01/2008 19:04  - (SA)  
Hele SA kragnetwerk kan vou
Lizel Steenkamp    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Parlementre Beriggewer

Suid-Afrika se kragkrisis is by die punt waar die héle land dae en selfs weke aaneen sonder krag kan wees.

’n Regeringsverslag waarsku dat die land afstuur af op ’n stelselwye verdonkering (system-wide blackout).

Dit hou ’n groot bedreiging in vir nasionale sleutelpunte, landsveiligheid en gesondheids- en opleidingsinstansies in, lui die verslag, wat eergister in Pretoria uitgereik is.

Suid-Afrika was Vrydag geskok toe die kragkrisis die land se ganse mynbedryf tot stilstand gebring het.

Paniekerige ekonome het gewaarsku dat die kragkrisis die land se groeikoers tot nul kan afbring en die land se ekonomie onberekenbare skade kan berokken.

Eskom se ontwrigtende beurtkragtoepassing die afgelope week was ál wat gekeer het dat die netwerk met elf kragsentrales landwyd in duie stort. In die verslag word genoem dat dit “dae, selfs weke, kan duur om só ’n ineenstorting te herstel”.

Mnr. Andrew Kenny, elektrotegniese ingenieur en energiekenner, sê dit beteken alle bedrywighede sal landwyd tot stilstand gedwing word omdat Eskom tot 96% van die land se elektrisiteit verskaf.

“Die stelsel is by bréékpunt. Dis eintlik ’n katastrofe in wording,” sê Kenny.

Hoewel die land se tien internasionale en nasionale lughawens permanente noodkragopwekkers het om te verseker vliegtuie kan land en opstyg, sal verkeersknope stede onbegaanbaar maak, berig Johan Eybers.

Veiligheidstelsels wat nie bystand-batterykrag het nie, sal huise en ondernemings kwesbaar maak vir misdaad.

Hospitale sal teen astronomiese koste heeltyd met noodkragopwekkers moet funksioneer.

Vulstasies sonder kragopwekkers sal gesluit moet word.

Die aandwedstryd in die eerste week van die Super-14-rugbyreeks tussen die Cheetahs en die Lions op 16 Februarie in Bloemfontein is in die gedrang. Vodacompark in Bloemfontein het nie ’n noodkragopwekker wat sterk genoeg is om die stadion se ligte te laat brand nie.

Miljoene rande se skade, met die vooruitsig van werkverliese, is Vrydag gely toe 138 groot ondernemings landwyd hul bedrywighede weens die kragkrisis moes staak. Onder hulle is goud-, platinum- en diamantmyne.

Eskom het aan die mynbesture gesê die elektrisiteitverskaffingstelsel is in ’n uiters riskante toestand wat tot vier weke kan duur.

Eskom moet onmiddellik iewers reserwekrag van 3 000 megawatt kry om die druk op kragsentrales te verlig en om noodsaaklike instandhoudingswerk te doen.

Kenny sê sodra een kragsentrale ingee, plaas dit meer druk op die ander. Dit veroorsaak ’n kettingreaksie waarin kragstasies een ná die ander ophou funksioneer omdat die infrastruktuur die werklading nie meer kan hanteer nie.

“Dit sal dae duur om ’n kragstasie soos Koeberg (in die Wes-Kaap) aan die gang te kry as dit langer as 14 uur buite werking was.”

Me. Buyelwa Sonjica, minister van minerale en energie, en mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings, het maatreëls, waaronder kragrantsoene en boetes vir oortreders, aangekondig om kragbesparing op te dwing.

Verbruikers wat die kwotas gereeld oorskry se kragtoevoer sal selfs afgesny word.

Dié maatreëls, tesame met alternatiewe bronne soos sonkrag, gas en nuwe energie-doeltreffende bouregulasies, moet help om die land se elektrisiteitsverbruik teen 2010 met tussen 10% en 15% te besnoei.

Indien Suid-Afrika net 8% krag wil bespaar, sal verbruikers hul kragverbruik soos volg moet verminder: Groot kantoorgeboue: 15%; nywerhede en huishoudings: 10%; hotelle, oorde en winkelsentrums: 20%; kommersiële gebruikers: 15%; en die landbousektor: 5%.

Boonop het Erwin gewaarsku verbruikers moet voortaan jaarlikse prysstygings van tot 20% verwag.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo