News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

01/02/2008 13:09  - (SA)  
Staat se noodplan het te veel gebreke, sê kundiges
Johan Eybers    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend


Johan eybers
Johannesburg

Die regering se noodplan om die kragkrisis aan te pak, is onvoldoende.

Só waarsku kenners oor die krag-rantsoenplan wat eergister deur die regering bekend gemaak is in ’n poging om 8%-krag te bespaar en die huidige kragonderbrekings te verminder.

“Dit sal eers in wetgewing vervat moet word, wat lank gaan duur om deur te voer,” sê prof. Trevor Gaunt van die Universiteit van Kaapstad se departement van elektriese ingenieurswese.

“Al wat Eskom eintlik nou kan doen, is om krisisbestuur toe te pas. Dit beteken dat Eskom voortdurend sy grootste kragverbruikers se elektrisiteit moet afsny, soos wat Donderdagaand gebeur het toe die land se grootste myne, swaar nywerhede, staalfabrieke en ferrochroomsmelterye tot stilstand gekom het.”

Gaunt sê Eskom moet alles in sy vermoë doen om netwerkprobleme op te los wat stadig maar seker besig is om in duie te stort omdat dit volstoom werk om die maksimum krag te lewer.

Eskom se plan om ’n miljoen verbruikers te oorreed om sonkrag-verhittingstelsels oor ’n tydperk van drie jaar te installeer sal nie realiseer terwyl Suid-Afrika die goedkoopste krag in die wêreld lewer nie, sê hy.

Omdat krag steeds só goedkoop is, is dit nie vir verbruikers die moeite werd om tussen R12 000 en R30 000 te bestee aan ’n sonkragstelsel nie – selfs al word dit deur Eskom gesubsidieer, sê hy. Gaunt sê die regering moet Eskom toelaat om onmiddellik krag teen duurder pryse by ander kragprodusente te koop.

Mnr. Andrew Kenny, ’n onafhanklike elektrisiteitskenner, sê die regering se aankondiging dat verbruikers beboet gaan word indien hulle meer krag gebruik as wat aan hulle toegeken word, is wel ’n stap in die regte rigting.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo