| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 6 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
26/01/2008 13:54 - (SA)
Private sektor reg om krag te verskaf Jana Marais
Talle maatskappye ondersoek tans maniere om die Eskom-krisis in ’n geldmaakgeleentheid te omskep deur self elektrisiteit op te wek en dit aan Eskom te verkoop. Maatskappye wat ideaal geposisioneer is om hul bestaande vervaardigingsprosesse aan te pas om uiteindelik elektrisiteit aan die nasionale netwerk te lewer, sluit in spelers in die suiker-, mynbou-, chemikalieë- en papier- en pulpbedryf. En dié ondernemings is in staat om duisende megawatt aan Eskom beskikbaar te stel, wat sal help om die tekort aan elektrisiteit te verlig. Eskom het maatskappye verlede jaar gevra om mede-genereringsprojekte aan hom voor te lê. Hoewel die teiken was om 900 MW se projekte teen 2012 in bedryf te hê, is meer as 5 000 MW se voorgestelde projekte ontvang. Eskom se totale genereringskapasiteit is tans 38 500 MW, wat beteken dat die bykomende vermoë die elektrisiteitsverskaffer se reserwevermoë ’n groot hupstoot kan gee. Dié maatskappye soek beter maniere om van hul afval ontslae te raak en “mede-genereringsprojekte” met Eskom kan ’n winsgewende inkomstestroom bied. Dié prosesse kan aansienlik meer winsgewend en omgewingsvriendelik as steenkoolgedrewe kragopwekking wees. Heelparty spelers in dié bedrywe wek reeds elektrisiteit op om in hul eie behoeftes te voorsien, terwyl sommige wat in ander Afrikalande sake doen, ook ervaring het om oorskotkapasiteit aan die nasionale netwerk te voorsien. Goedgekeurde partye het tot Mei 2008 die geleentheid om hul finale voorleggings aan Eskom te maak, waarna die tenderproses teen die derde kwartaal van 2008 afgehandel sal wees, sê Eskom. Dit is egter nog onbekend hoe lank dit sal duur om die eerste projekte in werking te stel nadat die kontrakte toegeken is. Van die kwessies wat nog uitgeklaar moet word, sluit in ’n regulatoriese raamwerk wat onder meer die tegniese aspekte van die proses en riglyne oor die prys wat Eskom aan verskaffers sal betaal, moet uitklaar. Die konsultantegroep Frost & Sullivan voorspel dat die mede-genereringsmark in Suid-Afrika teen 2012 sowat R214,5 miljoen gaan bedra, met gemiddelde groei van 48% per jaar. Die suikervervaardiger Illovo vervaardig byvoorbeeld vir nege maande van die jaar, wanneer sy fabrieke in bedryf is, voldoende elektrisiteit om in al sy behoeftes te voorsien. Suikervervaardigers gebruik die bagasse – die oorskietsuikerriet nadat die sappe daaruit gepers is – as brandstof om water te kook. Die stoom word dan gebruik om turbines aan te dryf en krag op te wek. “Ons verskaf reeds klein hoeveelhede elektrisiteit aan die nasionale netwerk in Tanzanië,” sê mnr. Chris Fitzgerald, woordvoerder. “Die grootste uitdagings hiermee lê in die nodige tegniese vaardighede en die koste daaraan verbonde.” Ook Sasol genereer reeds meer as ’n derde van sy eie elektrisiteit en het “groot langtermynplanne” om dit verder uit te bou, sê mnr. Johann van Rheede, ’n woordvoerder van Sasol. ’n Groot aankondiging in dié verband word binnekort verwag. Mnr. Murray Munro, finansiële direkteur van Tongaat-Hulett, sê die groep het reeds vooraf kwalifikasie gekry vir moontlike mede-genereringsprojekte met Eskom. Tongaat-Hulett kan sowel sy stysel- as suikerafdeling inspan om oorskot-elektrisiteit aan Eskom terug te verkoop. “Die prosesse is baie eenvoudig,” sê Munro. Hy sê die groep beskik ook reeds oor die tegniese vermoë om oorskot-elektrisiteit aan die Eskom-netwerk te lewer. Ook IPSA, die AltX- en AIM-genoteerde elektrisiteitsmaatskappy, kan binnekort verligting bring met die inwerkingstelling van sy beplande aanleg by Coega naby Port Elizabeth. Die eerste 521 MW-turbines sal binne 12 tot 15 maande in bedryf wees, waarna daaropvolgende 512 MW-turbines binne drie tot ses maande aangeskakel kan word, sê mnr. Peter Earl, uitvoerende hoof. IPSA het reeds twee turbines gekoop en dit is gereed om na Suid-Afrika verskeep te word. “Afhangend van burokrasie kan ons binne 18 maande 1 000 MW opwek,” sê Earl. Die aanleg sal aanvanklik deur diesel aangedryf word, maar sal later oorskakel na natuurlike gas. Die aanleg sal uiteindelik 1 600 MW opwek, maar Earl is vol vertroue dat die groep uiteindelik goedkeuring sal ontvang om dit te verdubbel tot 3 200 MW. “Ons sal in hoë mate in die vraag van die Wes- en Oos-Kaap kan voorsien, wat beteken dat dit nie al die pad uit die noorde van die land aangestuur hoef te word nie. Dit sal die druk op die transmissienetwerk aansienlik verlig,” sê Earl. Earl sê die groep sal elektrisiteit aan die Nelson Mandela-munisipaliteit voorsien en ook aan Eskom se nasionale netwerk lewer. IPSA se Coega-planne sal ook vrese oor die vooruitsigte vir die Alcan-smelter, wat vir Coega beplan word, besweer. Die R21 miljard Alcan-smelter, die grootste belegging in Coega tot dusver, sal 720 000 ton aluminium per jaar vervaardig en 1 180 MW elektristeit hiervoor benodig. Hoewel IPSA nie self ’n ooreenkoms met Alcan het nie, sal hy rugsteunkapasiteit aan Eskom kan verskaf om te verseker dat die elektrisiteitstoevoer na die smelter nie onderbreek word nie, sê Earl.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|