News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

26/01/2008 13:54  - (SA)  
Tekort aan elektrisiteit, maar wyn is gelukkig nog volop

Hennie Duvenhage     

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die plaaslike wynbedryf gaan gebuk onder ’n inkomsteprobleem weens ’n wêreldwye oorskot aan wyn en die gepaardgaande laer pryse. Die een ligpunt vir Suid-Afrikaanse wynprodusente is dat die plaaslike oorskot aan rooiwyn besig is om te krimp, maar nou is voorraadvlakke van witwyn weer aan die opbou.

Mnr. Abrie Botha, voorsitter van VinPro, het op die onderneming se jaarlikse inligtingsdag gesê druiwepryse wat deur produsente-kelders uitbetaal word vir rooi variëteite, het tussen 2003 en 2006 met 50% gedaal. Witdruifpryse het in die ooreenstemmende tyd met 22% gedaal.

Hy sê die wynprodusente veg ’n stryd om oorlewing en het daarin geslaag om kostestygings verlede jaar tot 4% te beperk nadat dit sedert 2004 met 18% gestyg het.

Ondanks die kostestygings wat in toom gehou is, het die daling in inkomste die bedryf onder druk geplaas. In 2004 was die gemiddelde jaarlikse totale uitgawes 61% van totale inkomste. In 2007 was dit 80%.

Die grootste uitgawe is arbeid (43%), gevolg deur meganisasie (20%), algemene uitgawes (17%) en direkte koste (16%).

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf het verlede jaar vir die eerste keer in etlike jare ’n groei in die per capita-verbruik van wyn in die plaaslike mark gesien met ’n toename van 4,2% in verkope. Sy uitvoere het met 16% gestyg.

Dr. Johan Bruwer van die Universiteit van Adelaide het produsente aangeraai om met ’n deeglike strategie hul uitvoerbeleid te beplan in die lig daarvan dat die plaaslike verbruik en die uitvoer van wyn nou bykans op dieselfde vlak is, terwyl die invoer van wyn bykans onbenullig klein is.

Hy het verwys na die dilemma waarin die Australiese wynbedryf hom bevind nadat sy uitvoere met mening geklim het en, met ’n stagnasie in produksie die afgelope aantal jaar, nou die punt bereik het waar daar nie meer genoeg wyn in die plaaslike mark beskikbaar is nie. Gevolglik moet die land nou wyn invoer.

Dit skep die geleentheid vir groot buitelandse maatskappy om die mark te betree en die kleiner Australiese produsente uit hul eie mark te druk.

Tans maak Suid-Afrika se uitvoerwyn 2,4% van wêreldwye wynuitvoere uit teenoor die 34% van Frank­ryk en 10,4% van Australië. Suid-Afrika voer die meeste van sy wyn (28%) na Brittanje uit. Verskeie sprekers het daarop gewys dat Suid-Afrika na hul mening te klein is om in die buiteland op lae prysvlakke mee te ding. Na hul mening moet die land liefs daarop fokus om wyne van goeie gehalte te lewer wat teen hoër pryse kan meeding.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo