News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/02/2008 21:59  - (SA)  
'SA is op Zim-pad'

Z.B. du Toit en politieke redaksie    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Pretoria

Die kragkrisis bedreig Suid-Afrika se voortbestaan.

“Ons is op die Zimbabwe-pad,” het mnr. Pik Botha die afgelope week aan Rapport gesê.

Die gewese minister van buitelandse sake en minerale en energie glo die onderhandelaars van die huidige bestel moet weer byeenkom “om die krisis te hanteer waarin die land verkeer”.

Botha was as ’n NP-minister ’n vurige voorstander van politieke verandering en was een van die onderhandelaars vir die nuwe bedeling. Hy het in die afgelope twee verkiesings vir die ANC gestem, maar sê hy is vandag ’n diep bekommerde mens.

Botha is nie al politikus wat glo die land se leiers moet dringend vergader om die krisis te hanteer nie.

Die afgelope week het genl. Bantu Holomisa, leier van die United Democratic Movement, sy voorstel van verlede jaar herhaal dat die land se leiers in ’n nuwe “nasionale konvensie” byeenkom om dringende vraagstukke te bespreek.

Suid-Afrika het die afgelope week weer gesteier onder die kragkrisis. Hoewel die myne se kragtoevoer tot 90% verhoog is, heers diep kommer oor die voortbestaan van die mynwese, Suid-Afrika se basisnywerheid en ’n reuse-verdiener van buitelandse valuta.

Mynbase en vakbonde vrees groot werkverliese as myne nie gewaarborg kan wees van konstante elektrisiteit nie.

’n Massiewe onbeplande kragonderbreking het groot dele van die Kaapse Skiereiland Vrydagnag in pikdonkerte gedompel. Beurtkrag het weer miljoene Suid-Afrikaners se lewe ontwrig, ondernemings laat geld verloor en verkeers- chaos in verskeie groot stede veroorsaak.

Ontleders sê die verswakking in die waarde van die rand die afgelope week dui op dalende buitelandse vertroue in Suid-Afrika. Voorste ekonome meen die kragkrisis kan tot twee persentasiepunte van Suid-Afrika se huidige ekonomiese groeikoers van sowat 4,5% afkap.

Die invloedryke New York Times het die afgelope week ’n voorbladberig oor Suid-Afrika se kragkrisis gepubliseer waarin geskryf is die kragprobleem stel Suid-Afrika se groei in gevaar en skep ’n krisis vir die land, wat altyd die wêreld laat glo het hy kan die lot van ander Afrika-lande vryspring.

Botha het aan Rapport gesê die kragkrisis en Suid-Afrika se huidige probleme is van so ’n “monumentale aard” dat hulle nie op die normale manier gehanteer kan word nie.

Hy het ’n pleidooi gelewer vir die herinstelling van ’n regering van nasionale eenheid.

) Botha het ook ’n opspraakwekkende brief met bitter sinsnedes onthul wat pres. Thabo Mbeki verlede jaar aan hom geskryf het.

Mbeki het die brief geskryf nadat Botha in Junie verlede jaar in ’n toespraak gesê het as die NP-leiers destyds geweet het die ANC sal regstellende aksie so dryf soos tans gebeur, sou daar nooit ’n politieke skikking gewees het nie.

Die ANC het vir die NP-onderhandelaars gelieg, het Botha te kenne gegee. Die Maandag nadat Botha se toespraak in ’n hoofberig in Rapport gerapporteer is, het Mbeki ’n brief van ses bladsy by Botha se huis in Pretoria laat aflewer.

In die brief vaar Mbeki uit teen wittes en sê Botha en wittes wil verandering aanvaar, maar op voorwaarde dat dit nie hul “voorregte” aantas nie.

Mbeki skryf ook wittes behoort dankbaar te wees vir die ANC, wat volgens hom al dekades lank staan as “ ’n skans tussen ’n diep gekrenkte swart meerderheid en ’n wit minderheid wat ongevoelig is vir die smartlike kwaad wat miljoene swartes aangedoen is”.

*Nog berigte oor die kragkrisis en Botha se uitlatings binne.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo