News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/02/2008 21:59  - (SA)  
Afskakel van geiser nie ’n besparing

Johan Eybers    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Johannesburg

Jy spaar nie krag of geld as jy gereeld jou geiser afskakel nie.

Só sê geiservervaardigers en kenners oor die voorstelle van onder andere me. Buyelwa Sonjica, minister van minerale en energie, Eskom en stadsrade dat verbruikers hul geisers moet afskakel om krag te bespaar.

Sommige verbruikers wat tydskakelaars aan hul geisers se kragtoevoer gekoppel het, beweer ook hulle het reuse-besparings in elektrisiteitsverbruik bewerkstellig deur tydskakelaars te installeer om die geiser se kragtoevoer te beheer.

Maar mnr. Herman Weber, tegniese direkteur van Kwikot, ’n plaaslike vervaardiger van elektriese warmwatertoestelle, sê dit is onmoontlik om krag op dié manier te bespaar.

“Daar is verbruikers wat beweer hulle bespaar tot R300 per maand as hulle die geiser kort-kort afskakel, maar dit kos nie eens naastenby soveel geld om water in ’n geiser ’n maand lank warm te hou nie.”

Weber verduidelik dat 6 kW elektrisiteit nodig is om ’n honderd liter water warm te maak. Die koste hiervan is gemiddeld R2,40.

Dit sal ’n huishouding dus ongeveer R4,80 kos om 200 liter warm water per dag te verhit.

“Geisers wat deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde goedgekeur is, se hitteverlies mag ook nie meer wees as 4ºC oor ’n tydperk van twaalf uur nie. Dié verliese kos jou ongeveer R15 per maand. Om met jou geiser se aan-/af-skakelaar te peuter, is dus nie ’n oplossing nie.”

Weber is skepties oor die voorstel om die temperatuur van geisers te verlaag om krag te bespaar. “Laer watertemperature beteken jy moet meer warm water verbruik. En dit is juis waar die antwoord lê – die beste manier om geisers se kragverbruik te verminder is om minder warm water te verbruik.”

Mnr. Hendrick Barnard, ’n elektriese ingenieur, sê munisipaliteit wat rimpelbeheer toepas, doen dit om spitstydaanvraag te beheer en kragonderbrekings in spitstye te verminder. Dit verminder net die kragverbruik in spitstyd.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo