| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 12 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
02/02/2008 22:00 - (SA)
Buurlande se goedkoop SA krag Lizel Steenkamp
Parlementêre Beriggewer Buurlande wat krag van Eskom koop, betaal vier keer minder vir hul elektrisiteit as Suid-Afrikaanse huishoudings. Gesinne wat hul elektrisiteit regstreeks van Eskom kry, betaal 41,7c per kilowatt-uur (kWh) en diegene wat dit van munisipaliteite kry, betaal gemiddeld 44c/kWh. Aan Zimbabwe, Bo-tswana, Swaziland, Lesotho, Namibië en Mosambiek verkoop Eskom elektrisiteit teen 11c/kWh. Selfs Eskom se grootste plaaslike kragverbruikers soos myne en nywerhede betaal tot 17c/kWh. Dit is gemiddeld byna 6c/kWh meer as die prys waarteen elektrisiteit na buurlande uitgevoer word. Mnr. Mike Schussler, ekonoom van T-Sec, het Eskom se verslae van die afgelope elf jaar ontleed. Sy bevinding is dat Suid-Afrikaanse verbruikers buurstate se elektrisiteit “subsidieer”. Eskom het by navraag nie ontken dat gewone verbruikers in buurlande se elektrisiteit goedkoper is as hier nie. Dié kragreus sê egter kragtariewe van nywerhede en myne in buurlande “stem grootliks ooreen” met die prys waarteen Eskom elektrisiteit aan plaaslike groot kragverbruikers voorsien. Maar Schussler sê sy ontledings dui nie net daarop dat Eskom sy elektrisiteit goedkoper aan buurlande verskaf nie, maar ook dat gewone Suid-Afrikaners se jaarlikse prysverhogings aansienlik groter is as dié van buurlande. Volgens sy navorsing het huisgesinne sedert 1996 jaarliks gemiddeld 7,2% meer vir elektrisiteit betaal terwyl die jaarlikse gemiddelde prysverhogings in buurlande 4,6% was. “Die vraag is nou of Eskom ons buurlande voortaan ook 20% meer gaan vra vir elektrisiteit. Hulle gaan mos ook baat vind by die nuwe kragsentrales wat Eskom bou en waarvoor verbruikers van nou af ten duurste sal moet betaal.” Eskom het by navraag nie reguit hierop geantwoord nie. Al wat die mediakantoor bereid was om te sê, is dat buurlande se elektrisiteitspryse “oor ’n tydperk aangepas sal word om die koste van kragopwekking te weerspieël”. Volgens die verklaring het Eskom die nasionale energiereguleerder (Nersa) in 2006 genader om die prys van uitvoerkrag aan te pas. Die onderhandelingsproses met Nersa is steeds aan die gang. Eskom wou egter nie sê hoeveel meer die buurlande vir elektrisiteit sal betaal wanneer sy prysstyging van 14,2% op 1 April in Suid-Afrika in werking tree nie. Luidens Eskom se verslag vir die 2006-’07-boekjaar word 6% van sy elektrisiteit – sowat 2 280 MW – na buurlande uitgevoer. Dié uitvoer is sedert die huidige kragkrisis tot 5% verminder. “Die (buitelandse) klante word aan dieselfde beurtkrag-skedules en kragonderbrekings as Suid-Afrikaners blootgestel,” sê Eskom. Volgens Schussler het die kragtekort wat die mynbedryf verlede week tot stilstand gebring het, die land minstens R2,4 miljard gekos. “En dié bedrag sal styg solank hulle nie voluit kan produseer nie.”
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|