News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

02/02/2008 22:00  - (SA)  
Duisende armes wag vergeefs oor tekort aan vaardigheid

Lizel Steenkamp    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Parlementer Beriggewer

Duisende armes sal vergeefs wag vir elektrisiteit in hul huise omdat ’n gebrek aan kundigheid die regering se nasionale elektrifiseringsprogram ontspoor.

’n Voorlegging van die departement van minerale en energie aan die Nasionale Raad van Provinsies se gekose komitee oor finansies toon dié departement sal sy mikpunt om 187 000 huise teen 31 Maart te elektrifiseer, nie naastenby haal nie.

Dieselfde geld die 620 klinieke en skole waarvan die meerderheid in afgeleë plattelandse gebiede is.

Verteenwoordigers van Eskom het verslae voorgelê wat toon net 40% van beplande elektrifiserings by huise en net 36% van dié by klinieke en skole is die afgelope tien maande gedoen.

Dit beteken Eskom en munisipaliteite wat verantwoordelik is vir dié elektrifiserings, moet binne die volgende twee maande 113 000 huise en bykans 400 klinieke en skole elektrifiseer om die regering se teikens te haal.

So byvoorbeeld is nog net 56 huise in Mpumalanga geëlektrifiseer. Dít terwyl die teiken 10 000 huishoudings is.

“Die land beleef ’n reuse-vermoëprobleem met kundiges en materiaal. Daar is min kontrakteurs en in sommige gevalle het hulle soveel werk dat dienslewering baie stadig is,” het die afvaardiging aan die komitee gesê.

Dit is veral op munisipale vlak waar werk nie aan die gang kom nie weens swak bestuur en beplanning.

Munisipaliteite in die Vrystaat en Noordwes het teen einde Desember nog nie een van die 9 000 huise wat hier geëlektrifiseer moet word van krag voorsien nie.

Die departement van minerale en energie het die huidige boekjaar R1,5 miljard vir landwye elektrifiserings begroot, maar nog net die helfte van die geld is bestee.

Die DA het die afgelope week gewaarsku die vaardigheidstekort hou ’n ernstige bedreiging vir dienslewering in.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo