News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

09/02/2008 15:37  - (SA)  
Visvang, slaap - dis al wat myners kan doen

Erna van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Westonaria

Op die sementstoep voor die drankwinkel in Glenharvie drom ’n groepie mans saam met ’n paar quarts Black Label.

Na die weste, oor die grootpad, is dit te ver om te sien of die skagtoring van die Kloof-goudmyn weer draai. ’n Skerp lig is egter waarneembaar in die verte.

Daar is krag en ’n week nadat die hele mynbedryf weens die elektrisiteitskrisis tot stilstand geknars het, het die eerste skof myners Donderdagaand weer in die skag afgesak.

Maar hier op die stoep is dit nie juis ’n troos nie. “Ons weet nie wat gaan gebeur nie. Ons raak baie bekommerd. Gaan ons geld kry?” sê mnr. John Moekwena, ’n 30-jarige myner wat net betaal word as hy werk.

Dit weergalm deur die parkeerarea soos sy kollegas dit beaam. “Al wat ons kon doen, was om te slaap,” sug mnr. Simon Dlamini terwyl hy sy Black Label na sy mond lig.

By die ingang van die kafee sê mnr. Dawid Janse van Rensburg, ’n kontrakteur wat by die Kloof-myn werk, baie myners het maar gaan visvang.

“Oor die toekoms? Ons weet nie wat gaan gebeur nie. Die meeste mense is nie net bekommerd oor hul salarisse nie, maar ook oor hul bonusse, daai bietjie ekstra geld waarmee jy jou skuld kan betaal,” sê dié pa van drie.

“Dit is die ergste krisis wat die mynbedryf die afgelope agttien jaar getref het,” sê Van Rensburg.

So 5 km verder in ’n kuierplek in Libanon, oftewel Skag 8, onthou mnr. Ray Clark 1991 – die jaar toe die goudbedryf byna ineengestort het en niemand gewerk het nie.

“Dit was die laaste keer dat daar so groot paniek was. Dit is dié paniek wat mense laat pak en loop. Dit raak nie net die myne nie, maar ook ander bedrywe wat van die myne afhanklik is.”

As ’n kontrakteur weet Clark alte goed wat die gevolge van die mynsluiting is. Sy maatskappy, soos ander kontrakteurs, is reeds aangesê dat hul kontrakte beëindig word. In Westonaria is daar 2 000 mense wat nou ’n ander inkomste sal moet kry, sê Clark.

* Die mynbedryf het die afgelope week ingestem om sy energieverbruik met 10% te verminder om weer ’n totale sluiting af te weer. Een myngroep, Harmony, het reeds gesê sy werkmag sal gevolglik ook met 10% verminder moet word.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo