| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
09/02/2008 14:21 - (SA)
Verbruikers het ’n saak teen Eskom Letitia Watson
Die meeste kraggebruikers is nog onseker of hulle skadevergoeding van Eskom kan eis – maar regskenners sê hulle kan wel ’n moontlike eis teen die elektrisiteitsvoorsiener hê. Die wêreld kan dus vir Eskom warm word, namate maatskappye en verbruikers die omvang van hul skade en verliese weens die kragonderbrekings begin bereken. Mnr. Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, sê daar is nog net sowat R1 miljoen se eise teen Eskom ingedien. “Dit is nog hoofsaaklik klein eise deur byvoorbeeld huishoudings.” Hy sê wel dat Eskom nog heelwat en groter eise verwag. Volgens mnr. Johan Theron van die regsfirma Jan S. de Villiers kan kraggebruikers vanuit ’n regsoogpunt op kontraktuele en deliktuele gronde ’n moontlike eis om verhaling van skade teen Eskom instel. “Nie alle gebruikers het egter ’n kontrak vir die elektrisiteitsverskaffing met Eskom nie, maar met die plaaslike munisipaliteit. In sulke gevalle het die verbruiker geen gronde vir ’n kontraktuele aksie teen Eskom nie en ongelukkig ook nie teen die munisipaliteit nie aangesien hul kontrakte enige reg om te eis, uitsluit.” Daar is egter gebruikers van groot volumes krag, soos melkboere, sakeondernemings en selfs party huishoudings, wat wel ’n regstreekse ooreenkoms met Eskom het. “Hoewel dié gebruikers minder is as dié wat kontrakte met munisipaliteite het, gebruik hulle by verreweg die grootste volume krag en ly hulle ook die meeste skade. “Ingevolge hierdie kontrakte kan die gebruiker wel weens kontrakbreuk, soos ’n kragonderbreking, ’n eis om skadevergoeding instel op voorwaarde dat die skade weens Eskom se nalatigheid veroorsaak is. “In die kontrakte waarna ek sover gekyk het, word dié tipe skade egter beperk tot direkte skade en word gevolgskade uitgesluit. Dit beteken dat ’n restauranteienaar wat ’n kontrak met Eskom het, kan eis vir die kos en produkte wat bederf het of vir toerusting wat breek. Daar kan egter nie geëis word vir ’n verlies aan wins of markbelang nie.” Theron sê hy glo dat ’n ondersoek deur die Nasionale Reguleerder van Energie sal bewys, soos ook in 2006 met die probleme rondom Koeberg gebeur het, dat die beurtkrag veroorsaak is weens Eskom se nalatigheid ten opsigte van onderhoud en nakoming van sy lisensievoorwaardes. Volgens artikel 26 van Wet 4 op Elektrisiteitsregulerings van 2006 berus die onus in ’n siviele aksie op Eskom om te bewys dat hulle nie nalatig was nie. Kraggebruikers wat nie ’n kontrak met Eskom het nie, soos die meeste gewone huishoudings en kleiner ondernemings, kan ’n deliktuele eis oorweeg. Daar sal egter nie net bewys moet word dat die handelinge of versuim van Eskom nalatig en skadestigtend was nie, maar ook dat dit onregmatig was. Volgens Theron beteken onregmatigheid dat ’n verbreking van ’n regsplig plaasgevind het. “Daar word in regskringe gedebatteer of daar só ’n regsplig ten opsigte van Eskom se handelinge bestaan. Party regsgeleerdes meen dat Suid-Afrikaanse howe nie so ’n regsplig sal erken of wil skep nie deurdat dit teen die openbare belang sal wees as die spreekwoordelike hekke oopgemaak word vir almal om hul skade te verhaal.” “Ek glo egter dat daar by oorweging van die relevante wet, Eskom se lisensievoorwaardes en onlangse uitsprake deur die Grondwetlike Hof ’n argumenteerbare saak uitgemaak kan word vir die bestaan of skepping van so ’n regsplig. Indien eisers hul eise beperk tot direkte skade sal hul kans op sukses ook veel groter wees.” Theron sê dat Jan S. de Villiers wel van ’n aantal kliënte opdrag ontvang het om hulle te adviseer rakende die instel van ’n aksie teen Eskom. Volgens Eskom kan ’n eis na sy regsafdeling gestuur word indien iemand meen hulle het skade gely weens die kragprobleme. “Die eise sal geëvalueer word volgens die bestaande regsposisie asook Eskom se eisevalueringsprosedures en -beleid. Dit beteken nie dat die eis uitbetaal sal word nie. Elke eis sal geëvalueer word en Eskom sal die eiser skriftelik oor die besluit daaromtrent inlig,” het Eskom aan Sake-Rapport gesê. Daar gaan om dieselfde rede binnekort ook vuur onder die minister van openbare ondernemings, mnr. Alec Erwin, gemaak word. Dr. Manie van Dyk, die DA se woordvoerder van openbare ondernemings, beplan om môre in die parlement te vra dat Erwin duidelikheid gee oor waar presies verbruikers en maatskappye staan wanneer hulle eise teen Eskom wil instel. Hy sê Erwin moet duidelikheid gee oor hoe die regering die Grondwet, Eskom-ooreenkomste en wetgewing vertolk sodat verbruikers en maatskappye nie twyfel oor wat hul regte is nie. “Maar op die ou end gaan dit waarskynlik net weer op die verbruiker afkom omdat Eskom ’n openbare onderneming is en deur die staat gefinansier word. “Hoewel die fokus veral rus op maatskappye wat enorme verliese weens die kragprobleme ly, is ons bekommerd oor die individuele verbruiker en veral armer mense wie se voedsel bederf en huishoudelike toerusting breek,” sê Van Dyk. * Die faksnommer van Eskom se regsafdeling is 011 800 5503. Eise moet geadresseer word aan die Beurtkrageise-span.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|