| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 5 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
09/02/2008 14:21 - (SA)
Klein firmas kan sluit weens krisis Helen Ueckermann
Kleinsakeondernemings moet nou meer as ooit tevore hul huiswerk doen. Veral dié met klein winsmarges loop die gevaar om vanjaar hul deure te moet sluit as hulle nie voorsiening maak vir die gevolge van die nasionale kragvoorsieningskrisis, stygende rentekoerse en die hoë huurtariewe in winkelsentrums nie. Só waarsku me. Anita du Toit, franchise-spesialis by Eerste Nasionale Bank. “Groot ondernemings word ook hard geslaan deur die kragkrisis en stygende rentekoerse, maar vir klein ondernemings kan dit hul ondergang beteken. “As klein ondernemers nie bedag is op die gevare van die kragkrisis en rentekoerse nie, kan duisende mense hul werk verloor,” sê Du Toit. Mnr. Andries Brink, nasionale leiervennoot: private maatskappydienste (SA) by PricewaterhouseCoopers, sê dit is egter moeilik om aan kleinsakeondernemings spesifieke raad te gee oor wat hulle te doen staan om hulself te beskerm. “Die kragonderbrekings gaan beslis daartoe lei dat mense nie hul dienste en produkte betyds kan lewer nie. “Hulle sal moet oortyd betaal aan personeel wat verlore tyd sal moet inhaal en die kans is goed dat (veral oorsese) kliënte verlore gaan omdat daar nie by spertye gehou kan word nie. “Elke onderneming moet gaan vasstel hoe sy bedrywighede deur die krisis geraak word en sy eie plan van aksie uitwerk, of dit nou die installering van ’n kragopwekker of aangepaste werkure vir personeel behels,” sê Brink. Mnr. ’Jo Schwenke, uitvoerende hoof van Business Partners, sê kragopwekkers – ’n opsie wat so gewild is dat dit deesdae so skaars soos hoendertande is – is ’n duur aankoop en is duur om aan die gang te hou. “Vir ’n kleinerige onderneming wat uit kantore werk, kan ’n kragopwekker hom maklik R50 000 uit die sak jaag, terwyl ’n klein vervaardigingsmaatskappy tot R300 000 vir ’n opwekker kan betaal, en groter ondernemings maklik in die omgewing van R1 miljoen. “Business Partners het reeds ’n nuwe produk – Generator Partner – bekend gestel, maar voor jy koop, moet jy eers vasstel of dit werklik nodig is en of die koste as persentasie van jou kapitaal dit die moeite werd maak,” meen Schwenke. “Daar is die bykomende koste om jou onderneming se elektriese bedrading aan te pas, asook die koste van die diesel of LPG-gas om die opwekker aan die gang te hou. Volgens ons berekenings kan dit jou tot 17 keer soveel kos om ’n opwekker te gebruik as wat elektrisiteit jou kos. “Dit is dus nou die tyd om nugter en logies te dink. “As jy met voedsel werk en ’n ononderbroke verkoelketting noodsaaklik is vir jou onderneming om te oorleef en te verhoed dat jou goeie naam in die gedrang kom, of as menselewens in gevaar gestel kan word, is dit uiteraard wys om ’n opwekker te kry. “As jy ’n rekenmeester is wat van die huis af werk, moet jy die koste opweeg teen die tyd wat jy verloor, of dalk eerder jou werkure aanpas by die tyd wat jy verloor het.” Du Toit sê daar word geraam dat sowat 10% van bestaande franchise-ondernemings – spesifiek dié met klein winsmarges – vanjaar nie die pyp gaan rook nie omdat hulle nie die verliese wat hulle gaan ly weens die kragonderbrekings en hoër koerse die hoof sal kan bied nie. Sy sê daar is volgens die Global Entrepreneurship Monitor sowat 26 000 franchisehouers in Suid-Afrika met meer as 400 000 mense in diens. “Dit beteken dat net in die franchise-sektor, wat eintlik juis bekend is daarvoor dat hy werkgeleenthede help skep, poten-sieel sowat 40 000 mense hul werk kan verloor. “Om dit te voorkom, moet franchisehouers probeer verseker dat hulle – benewens om hulself ’n markverwante salaris te kan betaal – genoeg beweegruimte het om verliese in omset van tot 20% te kan absorbeer. “Al daal jou omset as die krag af is, bly jou koste immers dieselfde,” sê Du Toit. * ENB en WesBank is tans ook besig om die finansiering van kragopwekkers te bekyk. Vir meer inligting, skakel 0860 362 000. * Vir meer inligting oor FNB Franchising Solutions, stuur e-pos aan Du Toit by anita.dutoit@fnbcommercial.co.za.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|