| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 13 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
09/02/2008 14:21 - (SA)
Eskom werk glo aan baie oplossings Jana Marais
Eskom “werk dat dit gons” vir die “dringende bekendstelling” van projekte waar die private sektor self krag sal opwek en oorskotkapasiteit aan Eskom sal lewer, sê pres. Thabo Mbeki. ’n Projek deur Sasol, wat 280 MW met gasturbines by sy aanleg in Secunda gaan opwek, is oënskynlik die eerste grootskaalse medegenereringsprojek tussen die private sektor en Eskom wat gaan afskop. Dit sal na verwagting teen die einde van 2009 in bedryf wees. Hoewel Sasol, wat reeds in ’n derde van sy eie elektrisiteitsbehoeftes voorsien, dié elektrisiteit wat hy gaan opwek self gaan gebruik, beteken dit Eskom het 280 MW ekstra om aan iemand anders te lewer. Volgens Sasol se jongste jaarverslag het die direksie al verlede jaar R2,5 miljard hiervoor goedgekeur. Sasol, die staatsonderneming iGas en die Mosambiekse staatsonderneming Compania Mozambicana de Gasoduto het ook die week aangekondig dat hulle ’n gaskompressiestasie van R1,1 miljard by Komatipoort gaan oprig. Sasol besit die helfte van die gesamentlike onderneming. Dit sal daartoe lei dat sowat 22,5% meer natuurlike gas jaarliks van Mosambiek via die Sasol-pypleiding na sy aanlegte in Sasolburg en Secunda vervoer kan word. Die moontlikheid is ook nie uitgesluit dat onderhandelinge tussen Sasol en Eskom onderweg is oor elektrisiteitsopwekking vir die nasionale netwerk nie. Dit is aansienlik vinniger om gasturbines op te rig om elektrisiteit op te wek as om steenkool-aangedrewe kragstasies te bou. Eskom wou nie enige besonderhede bekend maak oor die onderhandelinge met Sasol nie omdat die partye “tans besig is om dit te finaliseer”. Ná klagtes van spelers in die bedryf dat Eskom sloer om ooreenkomste te teken en die tariewe wat hy bereid is om te betaal, nie finansieel lewensvatbaar is nie, het Eskom die week bekend gemaak dat hy gunstige finansiële aansporingsmaatreëls aan medegenereerders gaan bied. Om vir die aansporingsmaatreëls te kwalifiseer, moet die elektrisiteit voor Mei 2013 gelewer word. Die waarde daarvan word bereken as ’n persentasie van die langtermyn-elektrisiteitsprys wat deur die medegenereerder getender is. “Die bedoeling is dat die tarief wat onder die kragkoop-ooreenkoms (PPA) verdien word, voldoende sal wees vir die medegenereerder om sy koste ten volle te dek en ’n wins te verdien,” sê Eskom in ’n verklaring. Eskom het reeds tenders vir medegenereringsprojekte wat saam sowat 5 000 MW kan opwek, ontvang. Tenders sal weer uitgereik word om nóg moontlike medegenereerders te lok, sê Eskom. Hoewel ’n paar projekte reeds binne 12 tot 18 maande nadat die kontrakte toegeken is, in bedryf kan wees, sal die meerderheid tussen 18 en 48 maande duur. Finale voorstelle moet teen 30 Mei ingedien word, met kontrakte wat teen die einde van September toegeken sal word, sê Eskom. Benewens medegenereringsprojekte het Eskom en die regering ook ander planne om die “nasionale krisis” van “onverwagte onderbrekings in elektrisiteitsverskaffing” te oorkom, het Mbeki in sy staatsrede gesê. “Ons doen ook stappe om Eskom se instandhoudingskapasiteit te verbeter. Ons het noodspanne wat werk om te verseker dat genoeg steenkool van die regte gehalte beskikbaar is en ons werk om die goedkeuring en konstruksie van gasturbine-projekte te versnel,” het Mbeki gesê. Die staat gaan Eskom ook finansieel ondersteun met sy uitbreidingsprogram, wat ’n geraamde R300 miljard gaan kos. Die tesourie het aanvanklik gesê dat Eskom sy uitbreidings self sal finansier deur effekte uit te reik, lenings te bekom en hoër tariewe vir elektrisiteit te vra. Mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, sal in sy begrotingsrede op 20 Februarie bekend maak hoeveel die staatskas aan Eskom gaan gee vir sy uitbreidingsprogram, sowel as aan die projek om meer energie doeltreffend te bespaar. Subsidies vir waterverwarmers wat met sonkrag werk en elektrisiteitdoeltreffende gloeilampe word onder meer verwag.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|