01/03/2008 20:41 - (SA)
G’n krag, meer werk vir ADT
Pretoria
Kragonderbrekings en die batterye van alarmstelsels wat daardeur die gees gee, is die afgelope week as rede aangevoer waarom tegnici van die ADT-veiligheidsmaatskappy toegegooi is onder werk.
Om dit te oorbrug, moet die veiligheidsreus se tegnici nou saans en op Sondae werk.
Ekstra kontrakteurs word ook aangestel om herstelwerk te doen, het me. Maritza Joubert van ADT se kliëntediens die afgelope week gesê.
Drie lesers het die laaste paar dae by Rapport gekla dat hulle onderskeidelik ’n maand en drie maande gewag het dat hul onklaar alarmstelsels herstel moet word.
Die huisinhoud van al drie se huise word nie deur hul onderskeie versekeringsmaatskappye gedek as hul alarmstelsels nie altyd geaktiveer is wanneer hulle nie tuis is nie – óf as die stelsel onklaar is. – Sonja Carstens
|