News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

01/03/2008 20:41  - (SA)  
Eskom nader VF+ kundiges
Carien Kruger    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Pretoria

Eskom gaan meer as 500 Suid-Afrikaners op ’n databasis van die Vryheidsfront Plus vir indiensneming oorweeg.

Die party het vroeër vandeesmaand ná die kragkrisis ’n reuse-kers en ’n lys van sowat 1 800 opgeleide mense aan Eskom oorhandig.

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, het toe gesê die krisis kan deels toegeskryf word aan Eskom se verlies aan vaardighede.

Die VF Plus-lys bevat onder meer 150 ingenieurs, onder wie talle elektriese ingenieurs, asook 92 mense met MBA-grade en 44 met doktorsgrade

Mnr. Mpho Letlape, besturende direkteur van Eskom se menslike hulpbronne, het Mulder die afgelope week in ’n brief bedank vir sy besoek en die lys van name.

Hy het gesê Eskom het die databasis ontleed en gaan 561 mense kontak en vra om hul CV’s te stuur sodat hulle vir indiensneming oorweeg kan word.

Nadat hul CV’s deurgegaan is, sal diegene wat lyk asof hulle die nodige vaardighede het, genooi word na ’n loopbaan-ekspo waar onderhoude met hulle gevoer sal word vir moontlike indiensneming.

Mnr. Willie Spies, VF-woordvoerder oor minerale en energie, het dié planne verwelkom.

“Dit wys daar is nog plek vir wen-wen-oplossings in ons land.”

Die VF Plus het in Oktober 2005 die webblad www.satalent.co.za begin om inligting te versamel van kundiges hier en in die buiteland wat werkloos of onderbenut is.

Dit was nadat die regering kundiges in ander lande wou gaan werf.

Ses weke nadat die databasis begin is, is die name van 500 Suid-Afrikaners wat sukkel om werk te kry aan adj.pres. Phumzile Mlambo-Ngcuka oorhandig. Die VF Plus het die inligting ook na personeelagentskappe gestuur.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo