News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
'Hy ly aan geheueverlies'
"Hy ly aan ernstige geheueverlies", sê Steve Hofmeyr se voormalige minnares, Janine van der Vyver.
Kate Moss in goud verewig
Sy is een van dié supermodelle van die wêreld - en superomstrede.
Sondag 5 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  28°C
Kpstd  10°C  21°C
Dbn  15°C  22°C
Jhb  10°C  27°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

21/03/2008 15:23  - (SA)  
Duisende op waglyste vir operasies oor kragtekort

Maretha Botes    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Johannesburg

Vyfduisend pasiënte by die Chris Hani Baragwanath-, Johannesburg-, Pretoria Akademiese- en Dr. George Mukari-hospitale wag reeds maande vir eenvoudige operasies soos dié om katerakte te verwyder.

Volgens mnr. Jack Bloom, gesondheidswoordvoerder van die DA, het kragonderbrekings gedurende Januarie en Februarie ’n rol gespeel om die agterstand te vergroot. Alle nie-lewensnoodsaaklike operasies is tydens dié tydperk by die hospitale gekanselleer.

Mnr. Sagie Pillay, hoofbestuurder van Johannesburg Hospitaal, sê “daar was probleme”, maar danksy ’n ooreenkoms met City Power word hospitale se kragtoevoer sedert begin Maart nié deur beplande onderbrekings beïnvloed nie. In die geval van ’n onbeplande onderbreking het alle hospitale kragopwekkers wat 60% van die hospitaal se krag voorsien. “Lewensnoodsaaklike operasies kan dan voortgaan,” sê hy.

Groot dele van Johannesburg het die afgelope week ure langer sonder krag gesit as dié tye wat op die vier ure beurtkrag-plan van City Power gepubliseer is (sien www.citypower.co.za).

Mnr. Louis Pieterse, bestuurder van elektrisiteitstoevoer by City Power, sê dít gebeur in die geval onbeplande foute op die stelsel. In die Houghton en Illovo-omgewing, asook in die Winchester-omgewing, is kabelfoute op die mediumspanningsverskaffer ondervind en was krag tot sewe ure af.

Pieterse sê onverwagse koue weer het ook ’n hoër aanvraag in elektrisiteit veroorsaak, en beurtkrag het langer as beplan plaasgevind.

Oor mense se ongelukkigheid oor die frekwensie en tye van beurtkrag, sê Pieterse die skedules is só uitgewerk om nie met elke beurtkragsessie dieselfde omgewing op dieselfde tyd af te skakel nie.

’n Nuwe beurtkragskedule word binnekort aangekondig. Dié skedule tree op 31 Maart in werking. Beurtkrag sal steeds in vier ure sessies plaasvind, maar minder gereeld, sê Pieterse. Boonop sal die “blokke” waarin Johannesburg tans op die skedule verdeel is, nóg kleiner verdeel word.

Intussen het Eskom die afgelope week sy aansoek om ’n verdere tariefverhoging by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) ingedien. Indien die aansoek goedgekeur word, kan Suid-Afrikaners bo en behalwe die 14,2% verhoging wat reeds goedgekeur is, nóg 60% meer vir krag betaal.

Volgens Sapa het mnr. Themba Maseko, regeringswoordvoerder, Donderdag gesê lae-inkomste huishoudings en klein tot medium ondernemings sal beskerm word teen die verhoging deur ’n gedifferensieerde tariefstruktuur.

Maseko sê Eskom se aansoek by Nersa asook maatstawwe om verbruikers wat nié elektrisiteit bespaar nie, kan binne die volgende twee maande gefinaliseer word.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Wie dink jy praat die waarheid, Steve of Janine?
Steve
Janine
Mens sal nooit weet nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo