News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Olimpiese sterre wys hul talente
Vier Duitse deelnemers aan die Beijing Olimpiese Spele, span nie net hul lywe in om medaljes in sport te wen nie.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 17 Augustus 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
In Diepte
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  9°C  25°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  15°C  25°C
Jhb  6°C  23°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

22/03/2008 20:56  - (SA)  
Plan om armes van Eskom-verhoging te red
Lizel Steenkamp    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Parlementêre Beriggewer

In ’n poging om arm huisgesinne ter wille te wees, sal die prys van elektrisiteit nie deur die bank 60% duurder word nie.

Die eerste paar honderd kilowatt-uur (kWh) per maand sal aansienlik goedkoper wees as die volgende paar honderd kWh, het mnr. Thembani Bukula van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gister gesê.

’n Middelklas-huisgesin van vyf mense verbruik sowat ’n 1?000?kWh per maand. Hoe minder elektrisiteit die gesin verbruik, hoe goedkoper sal die elektrisiteitsrekening wees. Vir rojale verbruikers lê daar erge pyne voor. Dié wat hul kwota oorskry, sal waarskynlik ná Julie, wanneer Eskom se kragbesparingsprogram ten volle in werking tree, tot vyf keer die normale prys betaal. “Dit sal onbekostigbaar wees,” het Bukula gesê.

Eskom het Maandagaand ’n aansoek by Nersa ingedien om die prys met 60% te verhoog. Dit kom ná ’n prysverhoging van 14% wat reeds op 1 April in werking tree.

Die belangrikste rede vir die aansoek is dat steenkool en diesel drasties duurder geword het sedert Nersa die laaste prysverhoging in Desember goedgekeur het. Eskom betaal nou tot 30% meer vir brandstof as waarvoor hy begroot het.

Nersa is nou besig om Eskom se aansoek te ontleed en sal waarskynlik op 1 April ’n konsultasiedokument publiseer.

Die publiek en rolspelers het dan 30 dae tyd om insette te lewer.

’n Openbare verhoor sal daarna volg en dan sal Nersa besluit of Eskom se aansoek toegestaan kan word. Die proses sal drie maande duur. Dit móét afgehandel word voordat die munisipaliteite se finansiële jaar op 1 Julie begin, het Bukula gesê.

Volgens hom sal die voorgenome prysstygings ook die buurlande waarna Eskom elektrisiteit uitvoer, geld. “Glo my, hulle gaan dit ook vóél.”

Die kabinet het die afgelope week gesê die emosionele reaksie op Eskom se aansoek is te verstane. Maar “Suid-Afrikaners moet vrede maak met die werklikheid dat dit vir Eskom al hoe moeiliker word om die goedkoopste elektrisiteit ter wêreld te voorsien,” lui die persverklaring.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
Piggs Peak Casino
    Stem
Is dit geregverdig om belasting te weerhou uit protes teen swak dienslewering?
Ja
Nee
Dit sal dinge net vererger

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo