News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  7°C  32°C
Kpstd  14°C  21°C
Dbn  17°C  30°C
Jhb  11°C  28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

29/03/2008 15:41  - (SA)  
Buurlande kry steeds elektrisiteit van SA

Marthinus van Vuuren

Johannesburg    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Ondanks maande se omstredenheid, kragonderbrekings én ’n verwagte kragtariefverhoging van 60% verskaf Eskom steeds krag aan sommige van Suid-Afrika se buurstate.

In gevalle waar die krag “herverkoop word”, sal dié kragverbruikers ook deur prysstygings geraak word, het Eskom se mediakantoor eergister gesê.

Die nasionale kragverskaffer het “uitvoer- of verkoopsooreenkomste met verskeie instansies in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG)”.

“Eskom hou by dié kontraktuele verpligtinge, wat ook voorsiening maak vir onderbrekings en in sommige gevalle vir diskresie op ’n dag-tot-dag-grondslag.”

Dié diskresie, verduidelik Eskom, word toegepas in gevalle waar kliënte in buurstate krag kry op voorwaarde dat daar genoeg krag vir Suid-Afrika is.

Die koste van die uitvoer van krag na kliënte in die nywerheid- en mynsektor moet geskei word van gewone verbruikers in die SAOG, waar die “prysbeginsels” soortgelyk is aan dié van Suid-Afrika se huishoudelike kliënte.

Eskom het reeds in 2006 met die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) ’n beleid vir die pryse van kraguitvoere vasgestel om alle kraguitvoerkoste te dek.

) Intussen het dit die afgelope week in mediaberigte aan die lig gekom dat NamPower, Namibië se nasionale kragverskaffer, ’n tydelike ooraanbod van krag het en – indien nodig – krag na Suid-Afrika kan uitvoer.

Eskom het eergister gesê hoewel hy reeds met NamPower oor dié moontlike kraginvoer onderhandel het, het die partye nog nie ’n ooreenkoms aangegaan nie.

“Dit is baie klein volumes van energie wat nie voorspel kan word nie en dit sal dus nie ’n groot bydrae tot Suid-Afrika se energiesituasie kan lewer nie,” het die mediakantoor Rapport per e-pos laat weet.

“Hierdie energie word tans in Namibië se stelsel ingevoer en word nie gemors nie.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo