| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
12/04/2008 10:26 - (SA)
Newcastle springbeurtkrag vry Gerhard de Bruin, Newcastle
Daar is een dorp in die land waar die inwoners nog nie ’n enkele uur sonder krag was nie – danksy hul slim stadsingenieurs. Dit werk so: Sodra die dorp se kragverbruik naby die maksimum kom wat Eskom aan hulle toegestaan het, skakel die stadsraad se ingenieursafdeling die dorp se geisers af en die ondernemings op die dorp kry ’n waarskuwing per e-pos om krag te bespaar. Die gevolg is dat Newcastle se nagenoeg 13 500 kragverbruikers nog nooit meer as hul kwota elektrisiteit verbruik het nie en Eskom dus nog nie nodig gehad het om beurtkrag toe te pas nie. Volgens mnr. Robert Malling-son (57), die elektrotegniese stadsingenieur en die adjunk-stadsbestuurder van dié dorp in KwaZulu-Natal, is dit eintlik sy voorganger se versiendheid wat hom nou in staat stel om Newcastle se ligte aan te hou. Die eer kom mnr. Paul van Niekerk, deesdae die elektrotegniese stadsingenieur van Johannesburg, toe. In die 1980’s al het hy die huidige kragtekort voorsien en sowat 10 000 kragtoevoerbeheerstelsels (ripple switches) aan die dorp se geisers laat koppel. Die skakelaars stel die dorp in staat om die geisers by ’n sentrale plek af te skakel. In 1985 was dit ’n ongewilde besluit. “Destyds was daar groot skeptisisme en ongelukkigheid. Nou pluk almal die vrugte daarvan.” Mallingson sê sedert hy die leisels sowat nege jaar gelede oorgeneem het, het hy nog sowat 3 000 kragtoevoerbeheerstelsels laat installeer. Feitlik elke geiser in die dorp is dus deesdae aan Mallingson se skakelaar verbind. Maar die skakelaars alleen sou nie genoeg gewees het nie. Die inwoners doen self ook hul deel, sê Mallingson. “Veral die ondernemings neem dit ernstig op. Ons het al verskeie kere met hulle vergader om die kragprobleme te bespreek. “Ek stuur vir hulle e-pos as ons sien die kragverbruik raak te hoog. “Dit is goedkoper as SMS’e en die mense gee gewoonlik onmiddellik gehoor daaraan. “Ons is baie trots daarop dat ons só tot dusver beurtkrag kon voorkom.” Mnr. Karel Fraker, areabestuurder van Eskom in die noorde van KwaZulu-Natal, sê Newcastle is ’n goeie voorbeeld van ’n munisipaliteit wat sy krag reg bestuur. Fraker sê talle munisipaliteite in die land installeer nou kragtoevoerbeheerstelsels in huise.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|