News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

19/04/2008 10:35  - (SA)  
Kragkrisis se einde in sig – en dis verniet!
Marthinus Koekemoer    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. André de Beer by sy turbine-kragopwekker. Foto: Craig Nieuwenhuizen

Pretoria

’n Besproeiingsingenieur is besig om ’n kragopwekker te ontwerp wat met water werk en krag verniet kan voorsien.

Mnr. André de Beer was, soos baie Suid-Afrikaners, moeg vir kragonderbrekings en het besluit om ’n plan te maak.

“As besproeiingsingenieur werk ek met pompe en waterstelsels,” sê De Beer. “Ek het al baie turbine-kragopwekkers gesien, maar ek wou ’n model ontwerp wat die water weer kan gebruik en sodoende selfonderhoudend is.”

Eenvoudig gestel, wek dié toestel elektrisiteit op wanneer water uit ’n oorhoofse tenk ’n turbine draai. Van die krag word gebruik om ’n pomp aan te dryf om die water weer na die tenk terug te stoot.

Omtrent 5?kW krag word gelewer nadat die pomp aangedryf is. Dis genoeg vir ’n gemiddelde huishouding.

“Die stelsel klink redelik eenvoudig, maar daar is soveel veranderlikes wat in berekening gebring moet word,” sê De Beer. “Die val van die pyp, die drukking van die water en die volume speel alles ’n rol.”

Die kragopwekker staan ’n meter hoog en is ook omtrent so lank. Dit weeg net oor 50?kg, is op wiele monteer en kan soos ’n kruiwa rondgestoot word, hoewel dit so na moontlik aan die watertenk moet wees vir optimale gebruik.

Die koste per opwekker sal na raming tussen R?15?000 en R20?000 beloop, terwyl ’n watertenk ongeveer R?5?000 kos.

“Die aanvanklike koste is hoog, maar daarna is die elektrisiteit wat opgewek word heeltemal gratis,” sê De Beer. “Ander opwekkers verbruik gewoonlik brandstof en maak boonop ’n geraas ook.”

Hy hoop om binnekort ook ’n toestel te ontwerp wat krag vanaf ’n huis se krane opwek. Dit behoort genoeg krag te kan lewer vir kleiner huishoudelike toestelle.

Vir meer inligting bel De Beer by 082-824-3318 of 072-199 1738.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo