| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 24 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/04/2008 20:11 - (SA)
‘Niks klop 20 j. ervaring’ Sonja Carstens
Pretoria Suid-Afrika moet daarteen waak om transformasie en regstellende aksie oorhaastig toe te pas, want dit lei tot vaardigheidstekorte soos wat Eskom tans ondervind. Dit is die waarskuwing wat Amerikaanse beleggers en elektrisiteitskenners die afgelope week aan die Millennium Labour Council, ’n afvaardiging van plaaslike vakbond- en sakeleiers, gegee het. Verteenwoordigers van dié raad het Donderdag van New York ná Suid-Afrika teruggekeer, maar kon weens vertragings met hul vlugte in Dakar, Senegal, nie betyds wees vir ’n vergadering met mnr. Alec Erwin, minister van openbare ondernemings, oor die uitbetaling van miljoene rande se bonusse aan Eskom se direkteurs en topbestuur nie. Dié vergadering is tot vandeesweek uitgestel sodat mnre. Dennis George, hoofsekretaris van die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa), en Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, wat ook in die raad dien, dit kan bywoon. George sê die Fieldstone Capital Group, kenners in Amerika oor elektrisiteit, se raad aan Suid-Afrika is dat transformasie versigtiger gehanteer moet word. “Daar moet gewaak word om kundige wit mense te verstoot om teikens vir regstellende aksie te bereik. Weens die ekonomiese groei wêreldwyd kom verskeie lande se infrastruktuur, soos die verskaffing van elektrisiteit, onder druk. Die manier waarop Eskom transformasie gehanteer het, het veroorsaak dat baie kundiges, veral ingenieurs, verlore is en deur die buiteland opgeraap is. “Hulle is deur onervare swart mense vervang sonder dat mentorskapprogramme met die hulp van afgetrede kundiges daargestel is om met hul opleiding te help. Niks kan twintig jaar se ondervinding vervang nie,” sê George. Die regering se slordige hantering van die Eskom-debakel en gesloer om besluite oor die elektrisiteitsvoorsiener te neem, is ook as ’n probleem aan die raad uitgewys. “Ongelukkig is dit ook só dat Suid-Afrikaners tot op hede baie gelukkig was om só min vir elektrisiteit te betaal. Die werklikheid is iemand gaan meer moet betaal, hetsy die regering met gesubsidieerde elektrisiteit, of Jan en alleman uit eie sak,” sê George. Volgens hom is die raad daarop gewys dat elektrisiteit in Suid-Afrika teen mededingende pryse verskaf sal kan word as private verskaffers toegelaat word om die mark te betree. Beleggers is egter nie afgeskrik deur Suid-Afrika se elektrisiteitstekort nie, maar beskou dit as een van die wêreldwye probleme wat ook nou hier kop uitgesteek het, sê George. Die inligting wat die raad in Amerika versamel het, sal op die volgende vergadering van pres. Thabo Mbeki se presidensiële werkgroep bespreek word. Dit sal ook vervat word in georganiseerde arbeid se voorleggings aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa), wat moet besluit oor Eskom se voorgestelde tariefverhoging van 53%.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|