News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

26/04/2008 14:43  - (SA)  
Groter kragkrisis kom as ekonomie aanhou groei
Sonja Carstens     

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Andrew Kenny

Suid-Afrika sal oor nege jaar in ’n groter kragkrisis as nou gedompel wees indien die land se ekonomie voortgaan om teen 3% per jaar te groei.

Só het mnr. Andrew Kenny, onafhanklike ingenieur wat in energie spesialiseer, die afgelope week aan Solidariteit se energiekongres verduidelik.

Kenny sê Eskom se plan om die land se energiekrisis op te los, neem nie in ag dat die ekonomie jaarliks met sowat 3% groei nie. Hou die ekonomie sy groeipas vol, sal die vraag na krag oor nege jaar Eskom se uitgebreide opwekkingsvermoë ver oorskry.

“Die huidige elektrisiteitskrisis sou soveel groter gewees het as die Suid-Afrikaanse ekonomie gegroei het teen ’n koers van 6% per jaar soos in 1994 voorspel is. Die ekonomie het egter teen gemiddeld 3% per jaar tot nou gegroei.

“Eskom moes egter vir 6% per jaar voorsiening gemaak het, nóg ’n rede waarom die energiekrisis voorspelbaar en totaal onnodig is,” sê Kenny.

Volgens hom was Suid-Afrika se goedkoop, betroubare elektrisiteit een van die land se grootste voordele in die verlede om beleggers te lok. “Die ekonomiese groei is juis nou beperk omdat dié voordeel weggeval het, met onbetroubare elektrisiteit wat al duurder word.”

Kenny meen Eskom moet summier die sluiting van langtermynkontrakte vir die verskaffing van steenkool hervat. Die elektrisiteitsverskaffer het dit vroeër opgeskort om voorkeur te gee aan korttermynkontrakte vir swartbemagtigingsmaatskappye.

“Eskom moet wegdoen met sy rasbeleid wat swart en wit ingenieurs demoraliseer, en fokus op sy primêre doel, naamlik om goedkoop elektrisiteit te voorsien,” sê Kenny.

Intussen sê mnr. Mike Schüssler, ekonoom van Economists, miljoene potensiële werkgeleenthede sal die volgende tien jaar verlore gaan terwyl Eskom besig is om kragstasies te bou. Boonop begin beurtkrag nou ’n daadwerklike impak maak op werkers se vermoë om hul werk te doen en ’n inkomste te genereer.

“As Eskom se bestuur in Zimbabwe gewerk het, sou hulle tereggestel gewees het vir hoogverraad, so ernstig is die implikasie van hul onvermoë om hul werk te doen,” sê hy.

Volgens Schüssler moet Suid-Afrika minstens 600 000 nuwe werkgeleenthede per jaar skep om sy teiken te bereik om werkloosheid teen 2015 uit te wis.

“Nuwe myne behoort geopen te word en produksiemaatskappye moet hul produktiwiteit verhoog. Weens beurtkrag is verhoogde produktiwiteit, die sleutel tot die uitwissing van armoede, bykans onmoontlik.

“Boonop is daar geweldig baie potensiële werkgeleenthede in die konstruksiebedryf wat platgeval het omdat Eskom nie gou genoeg elektrisiteit aan nuwe ontwikkelings kon verskaf nie,” sê Schüssler.

Solidariteit het na afloop van die kongres aangekondig dat hy voortgaan om ’n klas-aksie teen Eskom voor te berei wat geskoei is op vrese dat maatskappye werkers weens verlaagde produksie sal moet afdank as die krisis voortduur, sê mnr. Jaco Kleynhans, woordvoerder van Solidariteit.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo