| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 13 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
26/04/2008 19:56 - (SA)
Beurtkrag knel private hospitale Johan Eybers
Johannesburg Die lewens van pasiënte in private hospitale is vir die regering klaarblyklik minder belangrik as die lewens van staatspasiënte. Só sê die hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa) en private hospitaalgroepe oor die regering se beleid om onderskeid te tref in die voorsiening van krag aan staatshospitale, maar nie aan private hospitale nie tydens beurtkrag. Hulle het gereageer nadat verskeie munisipaliteite ooreenkomste met staatshospitale aangegaan het om kragvoorsiening tydens beurtkrag te waarborg. Private hospitale is daarenteen aangewese op hul eie kragopwekkers. Omdat daar nie verdere bystand is vir kragopwekkers nie, kan private hospitale nie hoërisiko-operasies in beurtkragtyd verrig nie. Slegs noodoperasies word dan uitgevoer. Adv. Kurt Worrall-Clare, uitvoerende hoof van Hasa, sê deurdat die staat onderskei tussen pasiënte, lyk dit of hy private pasiënte se lewens minder belangrik ag as staatspasiënte s’n. “Feit is ’n noodgeval is ’n noodgeval, maak nie saak watter hospitaal dit hanteer nie. En in ’n noodgeval gaan pasiënte na die naaste hospitaal vir behandeling, maak nie saak of die staat of ’n mediese fonds daarvoor betaal nie,” sê Worrall-Clare. Deur onderskeid te tref, word alle pasiënte benadeel, sê hy. “Die regering skend sodoende alle pasiënte se regte en hul veiligheid.” Me. Martina Nicholson, skakelbeampte van die private hospitaalgroep Netcare, sê hul aansoeke by die regering, Eskom en munisipaliteite om vrygestel te word van beurtkrag is tot dusver geïgnoreer. Dít terwyl krag vir onder meer die vier provinsiale hospitale in Johannesburg en die Ngwelazana-hospitaal in Empangeni, KwaZulu-Natal, gewaarborg is wanneer beurtkragvoorsiening plaasvind. Volgens Nicholson het die uMhlatuze-munisipaliteit onlangs aangedui dat sekere groot ondernemings in Richardsbaai en Empangeni en die Ngwelazana-hospitaal vrygestel is van beurtkrag, maar dat die private Garden- en The Bay-kliniek wel daardeur geraak sal word. Die stadsraad het glo aangevoer dat hy nie verantwoordelik is vir hospitale wat as sakeondernemings bedryf word nie en daarom kom private hospitale nie in aanmering vir spesiale vergunnings nie. Mnr. Louis Pieterse, hoofbestuurder van aanvraag by City Power, Johannesburg se kragverspreider, sê ooreenkomste met die vier staatshospitale in sy gebied is inJanuarie aangegaan nadat die hospitale probleme met hul kragopwekkers gehad het. Hy sê as ander instansies soos private hospitale die stadsraad met ’n soortgelyke probleem nader, sal soortgelyke ooreenkomste oorweeg word. “Ons hanteer alle versoeke op ’n merietebasis en wanneer mense se lewens daarvan afhang, word dit as ’n prioriteit gehanteer.” Só het die stadsraad verlede week om beurtkragtyd krag aan die Olivedale-kliniek in Randburg voorsien toe ’n nood-angiogram uitgevoer moes word, sê Pieterse. Hy het verlede week opdrag gegee dat krag na die Olive-dale-kliniek herstel word ná ’n noodoproep oor die radio. Volgens hom is dit vir die stadsraad onmoontlik om alle hospitale in Johannesburg vry te stel van beurtkrag. Dit kan nie gedoen word nie, want die hospitale is te diep veranker in die verskillende elektrisiteitsnetwerke, sê hy. “Dit sal uiteindelik lei tot ’n totale ineenstorting van die kragnetwerk as ons só ’n beleid sou instel,” sê hy. Mnr. Sibani Mngadi, woordvoerder van die nasionale departement van gesondheid, sê die fokus behoort daarop te wees om die risiko vir alle pasiënte se gesondheid te beperk.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|