| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
25/07/2008 13:14 - (SA)
Met vrymoedigheid na die onbekende Onderhoud deur Tara Turkington
Njabulo Simakahle Ndebele Professor Njabulo Simakahle Ndebele is die visepresident en rektor van die Universiteit van Kaapstad en voorsitter van die Southern African Regional Universities Association. Hy dien ook in die raad van die Nelson Mandela-stigting en die Mandela Rhodes-stigting. Prof. Ndebele is ’n digter, romanskrywer en essayis wie se werk Fools and Other Stories, The Cry of Winnie Mandela, Bonolo and the Peach Tree en South African Literature and Culture: Rediscovery of the Ordinary insluit. Sy jongste boek is Fine Lines From the Box: Further Thoughts About our Country Tara Turkington: Die Nelson Mandela-stigting wil vanjaar gebruik as ’n geleentheid om te besin oor hoe ver ons as ’n demokrasie gevorder het en na te dink oor waarheen ons nog moet gaan. Jy is terselfdertyd soveel dinge – ’n romanskrywer, akademikus, politieke kommentator. Moet ons ons burgers van die toekoms aanmoedig om op verskeie maniere te dink en op te tree? Njabulo Ndebele: Die Suid-Afrikaner van die toekoms sal heel waarskynlik ’n multidimensionele persoon wees wat nie maklik in ’n vakkie geplaas kan word nie. Dit was die probleem met ons verlede – daar was ’n daadwerklike poging om individue en groepe te definieer. Die Suid-Afrikaner van die toekoms sal gemaklik met onsekerheid lewe, aangesien dit geleenthede inhou, maar ’n mens moet vrymoedig en bedagsaam wees, jy moet daaroor nadink om die volle rykheid daarvan te verstaan. Ek dink dit is die uitdaging van Suid-Afrikaner wees – om weg te beweeg van eendimensionele en definitiewe karakteriserings van onsself. TT: Ek het baie van die essay vir die Steve Biko-gedenklesing in u nuwe boek, Fine Lines from the Box, gehou waar u ’n paar woorde geskryf het sonder om te weet waarheen dit sou lei en hoe die woorde wat lukraak neergeskryf is, u gehelp het om ’n metafoor vir Suid-Afrika, met vrymoedigheid na ’n onbekende toekoms, te vorm. NN: Wanneer ek terugkyk op hoe sommige probleme opgelos is, kom een ding na vore – wanneer daar ’n krisis is, weet niemand wat die uiteinde gaan wees nie. Op die presiese oomblik dat jy erken jy weet nie wat die uiteinde gaan wees nie, maak jy jou verbeelding, ore oë en jouself ontvanklik vir oplossings in jou gedagtes. Daar sal feitlik altyd ’n aanhoudende probleem wees wanneer jy nie vir daardie oomblik wag nie en voortydig ’n oplossing afdwing. Daar is ’n mate van geloof ter sprake. Maar ’n mens moet bereid wees om dinge te ervaar, vir verskillende interpretasies ontvanklik wees en dan, op die regte oomblik formuleer wat gedoen moet word. Ek dink dit is ’n leierseienskap wat met die tyd aangeleer word. Dit is ’n geaardheid wat teen-intuïtief is. Wanneer daar ’n probleem is, wil ons dit oplos. Maar ’n mens moet ontvanklik wees vir die boodskappe wat die probleem vir jou sal stuur. Nelson Mandela het as somtotaal van sy ervaring tot so ’n gevolgtrekking gekom. Op ’n manier het hy sy deel betaal om uiteindelik te verstaan dat konflikoplossing die vermoë insluit om ’n gemeenskaplike doelwit wat in ’n konfliksituasie opgesluit lê, te identifiseer. ’n Gemeenskaplike doelwit kan onder die onwaarskynlikste omstandighede na vore kom. TT: Hoe beweeg ’n mens van die persoonlike, aangeleerde leierskapvaardigheid waarvan u praat, tot die wete dat as ’n land ons nie telkens koppe hoef te stamp as daar ’n probleem is nie? NN: Ek dink dit word in die skoolstelsel en in die familie-omgewing geleer. Ek glo nie ons het genoeg tyd, energie en hulpbronne aangewend om ons skoolstelsel fundamenteel te verander sodat dit ’n manier kan wees waarop die waardes van ons nuwe samelewing na nuwe generasies oorgedra kan word nie. TT: In u boek praat u van korrupte situasies en stelsels. Dit behels nie net individue nie, dit gaan oor die omvorming van kulturele stelsels. NN: Ek het gesien hoe mense wat ek weet nie korrup of immoreel was nie, in die maatskappy ingekom het en sê: “Ek kan ’n motor kry, ek kan ’n bonus van vyf miljoen kry. Dit het alles oornag gebeur en ek het behoeftes, dis die eerste keer dat ek ’n huis gaan hê.” Beamptes van vakverbonde het vergeet hulle is deel van die arbeidsaristokrasie. Hulle probeer die base van ouds nastreef deur daarop te fokus om meer te kry. Ons het nie genoeg tyd gewy om oor aansporings te praat nie, of oor hoe om mense in ’n tekort, waar ons nie in die volgende 10 jaar huise vir elkeen kan verskaf nie, te motiveer. Ons het hierdie dinge belowe, en al hoe ons dit beskikbaar kan stel, is om met aansporingskemas te werk wat ons oorgeërf en wat in die eerste plek die probleem veroorsaak het. Die land se kapasiteit om die toekoms voor te stel, hang af in hoe ’n mate ons reg vanaf die begin van ’n kind se lewe tot die einde daarvan verbeeldingryke denkwyses vertroetel. Op die een of ander manier het ons dit êrens prysgegee. TT: Is ons Suid-Afrikaners soms te streng met onsself? Ons het ’n ver pad gekom. NN: Ons moet steeds streng met onsself wees om te verseker dat ons oorleef. Ons behoort voortdurend te sê ons verwesenlik nie ons Grondwet genoeg nie, wat moet ons doen? Ons het geweldige ongelykhede in rykdom. Hoe kan ons dit beter doen? Ons moet voortdurend hoë standaarde vir onsself stel. My instink sê vir my dat die huidige stryd om leierskap nie oor hoër standaarde gaan nie, dit gaan nie oor die eise wat ons vir onsself stel nie, ek dink dit het ’n stryd oor beperkte doelwitte geword. TT: Sou u sê dit is persoonlike doelwitte? NN: Ja. TT: As alle burgers die akademiese beginsels van voortdurende strewe na nuwe kennis en na uitnemendheid aanvaar, sou dit ’n beter land wees? NN: Ons het die potensiaal om dit te doen as ons voordeel trek uit die tegnologiese ontwikkelinge in vandag se wêreld. Ek reken Suid-Afrika moet aangevuur word deur die doelwit dat openbare dienste toonaangewend moet wees. Ek dink dit is waarvoor ons gestry het, dat burger A, B en C na enige openbare instelling soos ’n hospitaal kan gaan ek kan voel “ek kry die beste sorg.” TT: Tog kan ’n mens redes aanvoer dat sommige van ons kreatiefste werk voortspruit uit ’n tyd toe die land die meeste verdrukking verduur het. Wat is u siening van kreatiwiteit en vryheid? NN: Ek dink dis waar as ’n mens sê verdrukking het tot vele romans en dramastukke gelei en dat ons na 1994 verward geword het. Nou sien vars skryfwerk die lig, na my mening in antwoord op twee dinge. Vir eers is die moontlikheid dat demokrasie die groei, die ekspressiewe moontlikhede in die individu bewerkstellig het. Maar moontlikhede skep hul eie beperkinge wat tot frustrasie lei waarop kunstenaars moet reageer. Een van die grootste frustrasies is die skielike besef dat ons demokrasie nou sy ergste bedreiging in die gesig staar. Ons is verlei deur aansporingskemas en vergoedingstelsels van die kapitalis. Ek het so pas Niq Mhlongo se roman, After Tears, klaar gelees. Dit is ’n verhaal van ’n jong regstudent wat huis toe gaan en ’n nuwe bynaam het, Advo, kort vir advokaat. Hy gaan terug huis toe en hulle sê: “Advo is terug, hy het ’n graad.” Maar hy sê: “Ek kan nie my graad kry nie, want ek skuld te veel geld en hulle wil my nie toelaat om te gradueer nie.” Wat ’n leuen is; die waarheid is, hy het gedruip. Hy lewe hierdie leuen en sy ma verkoop die huis om vir hom te betaal. Hy laat haar begaan, hy sê niks tot reg aan die einde waar hulle alles verloor het en hulle agterkom hy het gelieg. Die geleenthede om in hierdie wêreld van geld te lieg, om dit te maak, ’n goeie lewe te lei, is geweldig. Ek dink die roman is ’n dapper daad. Ek sien baie hoe mense houdings in sommige van ons openbare debatte aanneem asof hulle alleen weet wat die waarheid is. Jy besweer die vrees dat jy nie weet nie deur voor te gee dat jy alle kennis het en alwetend is. Ek dink skrywers, kunstenaars en dramaturge fokus toenemend op hierdie dinge en dit is goed vir ons almal. Dit is die tweede ding wat volgens my besig is om te gebeur. TT: Wat van openbare debatvoering? Ons weet nie wat enige van die leiers werklik oor sekere kwessies dink nie. Kan ons mense kry wat met ons politici kan skakel om rekenskap te gee? NN: Ons moet die vermoë ontwikkel om onsekerheid met intelligensie en verbeelding te verwelkom. Hoe meer ons mense ons kwetsbaarhede erken, hoe meer sal dit openbare vertroue inboesem. Ek wil graag ’n leier hoor sê: “O, ek weet nie iets van daardie aangeleentheid nie, en ek sal graag meer daaroor te wete wil kom.” Die wêreld is so groot en ingewikkeld, ’n mens kan nie alles weet nie. Maar ek sal ook graag ’n leier wil hê wat nie bang is vir vrae nie. Om die waarheid te sê, weet ek meer oor verskeie dinge wat president Thabo Mbeki wil hê. Ek weet nie van enigiets wat Jacob Zuma wil hê nie. Die feit dat hy tans die golf van gewildheid ry, is nie sy fout alleen nie. Dit is die mense wat druk op hom uitvoer. Waarom? Wat wil hulle hê? Hulle sê nie.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|