| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
25/07/2008 13:13 - (SA)
Bou voort op Madiba se visie Kathy Whitehead
Die Nelson Mandela-stigting se sentrum vir herinnering en dialoog X en kernwerksaamhede X lewer ’n bydra tot die vestiging van ’n regverdige samelewing deur die bevordering van sy stigter se visie, waardes en werk asook deur gesprekvoering oor noodsaaklike maatskaplike kwessies. Die stigting bestuur die ontwikkeling van ’n lewende nalatenskap en wat die visie en waardes van Nelson Mandela se lewe weerspieël. As ’n sameroeper van kritiese gesprekvoering rakende mnr. Mandela as voorbeeld, is die stigting ’n onpartydige platform van sy stigter. Deur strategiese netwerke en vennootskappe bestuur die stigting hulpbronne, kennis en praktyke en word waarde toegevoeg en nuwe geleenthede geskep. Die stigting omvat die gees van versoening, ubuntu en maatskaplike geregtigheid. Die stigting se werk is ’n viering van mnr. Mandela se lewe. Die stigtingsraad van trustees het in November 2006 ’n nuwe visie goedgekeur. In talle opsigte was dit ’n terugkeer na die stigting se oorspronklike mandaat, naamlik om te konsolideer en mnr. Mandela se nalatenskap te bevorder. Vier toonaangewende beginsels steun die vyfjaar- strategiese plan wat uit ’n jaar lange oorsig voortgespruit het: ) Die stigting se kernbedrywighede is die herinnering- en dialoogwerk met die Nelson Mandela-stigting se sentrum vir herinnering en dialoog as dryfkrag. * Selfs ná sy aftrede het mnr. Mandela aktief gebly, hoewel in ’n mindere mate. Dit is ’n topprioriteit van die stigterskantoor om dit volgens die hoogste professionele standaard te bestuur. * Bestaande verbintenisse en waar moontlik, verdere vennote word gevind deur die klem van die direkte na ingryping van noodsaaklike maatskaplike projekte te verseker. * Die stigting se werk moet uitdruklik en ondubbelsinnig by sy twee sustersorganisasies vir liefdadigheid – die Nelson Mandela-Kinderfonds en die Mandela Rhodes-stigting X inskakel. Die herinneringsprogram onder leiding van die internasionaal bekende argivaris, Verne Harris, is besig om ’n menigte argiefmateriaal van oor die hele wêreld op te spoor. Die program doen ook navorsing oor mnr. Mandela se lewe, insluitend die rol wat talle ander individue en organisasies in die anti-apartheidstryd gespeel het. Dit bied uitstallings oor Suid-Afrika heen en ander lande in die wêreld aan. Dit sluit Making Peace in, ’n uitstalling wat die werk van Mandela en die president van die ANC, wyle hoofman Albert Luthuli wat soos hy met die Nobel-vredesprys bekroon is, onderskryf, en Parenting a Nation: Walter & Albertina Sisulu. Vroeër vanjaar het die herinneringsprogram ’n reünie met mnr. Mandela en die oorlewendes van die drie vernaamste politieke verhore waarin hy aangekla is, gereël, naamlik die uittartingsveldtog-verhoor, die hoogverraad- en die Rivonia-verhoor. Twee boeke wat in samewerking met die herinneringsprogram saamgestel is, word bekend gestel om mnr. Madiba se 90ste verjaarsdag te gedenk. Dit is Nelson Mandela: The Authorised Comic Book en Hunger for Freedom: The Story of Food in the Life of Nelson Mandela, deur Anna Trapido. Die stigting is een van vyf sogenaamde Mandela-liefdadigheidsorganisasies wat sy visie moet bevorder en sy werk moet voortsit. Benewens die kinderfonds en die Rhodes-stigting is die ander die Nelson Mandela-instituut vir onderwys en landelike ontwikkeling en die 46664 MIV/vigs-bewusmakingsveldtog. Die 46664-veldtog se naam is afgelei van Mandela se gevangenenommer nadat hy in 1964 tot lewenslange tronkstraf gevonnis is. Dit dui daarop dat hy gevangene nommer 466 in 1964 was. Vir meer oor die stigting, besoek www.nelsonmandela.org
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|