News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

25/07/2008 13:13  - (SA)  
Om te werk saam met Mandela
Deur Rick Stengel    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Rick Stengel

Ek het in Desember 1992 na Suid-Afrika gekom om saam met Nelson Mandela aan Long Walk to Freedom te werk. Ek het toe reeds ’n boek oor Suid- Afrika geskryf en was die korrespondent vir Time Magazine, maar het nog nie voorheen die wonderlike man self ontmoet nie. Ek het weke lank ongeduldig gewag om hom te ontmoet, en toe dit gebeur, het hy na ’n paar minute gesê: “Wel, ek veronderstel na nog ’n paar sessies soos dié, sal jy genoeg hê vir die boek.” Ek het omtrent uit my stoel uit opgespring. “As u dink dit gaan genoeg wees vir ’n boek, is u laf!” Op daardie oomblik het Barbara Masekela by die kantoor ingestap en my uitgelei en ek het gedink ek het die hele ding laat misluk.

Ek het haar gesmeek vir nog ’n afspraak en twee oggende daarna was ek in sy kantoor waar ek om verskoning gevra het. “Mnr. Mandela,” het ek gesê, “ek is jammer ek was die vorige keer so bruusk.” (Tot vandag het ek geen idee waarom ek die woord ‘bruusk’ gebruik het nie. Hy het vaderlik geglimlag en gesê: “As jy dink jy was die vorige keer bruusk met my, moet jy gewis ’n baie edel jong man wees.” En natuurlik het ek besef dat ná 27 moeilike jare in die gevangenis moes my uitbarstinkie skaar ’n indruk gemaak het. Maar uit daardie amusante oomblik het ons ’n vennootskap gesmee wat tot een van die beste outobiografieë van die 20ste eeu gelei het.

In die ure en dae wat ons saam deurgebring het, het ek sy herinneringe van die verlede buitengewoon gevind. Wanneer hy gesels het oor hoe hy in Transkei grootgeword het, of sy eerste tyd in Johannesburg, was dit met soveel helderheid en in soveel besonderhede dat dit vir my gevoel het asof hy besig was om in sy kop na ’n fliek oor daardie dae kyk. Dit wou voorkom asof hy die vleis wat hy in die kraal by Qunu geëet het, kon proe, of die tekstuur van die materiaal van die goedkoop verslete broek wat hy in Johannesburg gedra het, kon voel. Vir die oomblikke wat hy in herinnering teruggeroep het, was dit asof hy daardie dae van vooraf beleef het.

Terselfdertyd het elkeen van daardie dosyne stories wat hy vertel het, ’n morele storie of les gehad. Elkeen was saamgestel om te toon hoe koppig of naïef of onregverdig hy was en hoe hy uit sy foute geleer het. Hy was altyd gretig om te wys dat hy nie Superman is nie, maar ’n man van vlees en bloed, ’n man wat foute begaan het, maar daaruit probeer leer het.

In daardie tyd moes hy nog sy gewildheid verwerk. Ek onthou hoe hy een oggend ingekom en my opgewonde vertel het dat hy Elizabeth Taylor ontmoet het. Hy het my vertel hoe hulle later jare op Robben-eiland toegelaat is om fliek te kyk wat op bedlakens vertoon is en dat hulle Cleopatra gesien het. “Verbeel jou,” het hy gesê, “ek, Nelson Mandela wat Elizabeth Taylor ontmoet!”

My werk was om hom met die boek te help, maar ek het elke geleentheid gebruik om soveel as moontlik tyd saam met hom deur te bring as wat ek kon. Dit is onmoontlik om die genot van sy geselskap te oorbeklemtoon. Hy is ongelooflik beleefd en vrygewig en het groot agting vir diegene rondom hom. Ná ’n leeftyd waarin hy sonder waardigheid behandel is, was hy altyd bedag daarop om niemand anders so te behandel nie. Sy blydskap is aansteeklik – dit was onmoontlik om nie gelukkig te wees wanneer hy gelukkig was nie en toe my werk met hom klaar was en ek na Amerika teruggekeer het, het ek ’n geweldige leemte gevoel en hom vreeslik gemis.

Ek kan nie sê ek het hom nooit kwaad gesien nie, maar hy is ’n ongelooflik gebalanseerde en gedissiplineerde mens. Hy was nie introspektief nie en ek het hom dikwels gevra hoe die man wat uit die gevangenis gekom het, van die man wat daarheen is, verskil het. Hy het dié vrae gehaat, en op ’n dag het hy uit frustrasie gesê, “ek het volwasse daar uitgekom.”

Dit is onmoontlik om dit beter te stel. Dié volwassenheid was duidelik toe ek saam met hom in Transkei was die oggend toe hy gehoor het Chris Hani is in ’n sluipmoordaanval dood. Destyds sou mense by sy huis in Qunu voor sy deur opdaag om hom te ontmoet. Een oggend, terwyl ons ontbyt geëet het, is hy meegedeel die rugbyspan van Oos-Londen is daar om te kom groet.

Hy het uitgestap om hand te skud. Terwyl hy hulle gegroet het, is hy teruggeroep vir ’n telefoonoproep waartydens hy oor Hani se dood ingelig is. In krisisoomblikke word sy gesig ’n masker en dit is onmoontlik om enige emosie in sy uitdrukking te lees. Hy het die telefoon neergesit, vir ’n oomblik nagedink en toe teruggekeer om die res van die span van Oos-Londen ’n handdruk te gee.

Hulle het geen idee gehad dat iets gebeur het nie. Toe hy klaar was, het hy teruggekeer huis toe en stelselmatig telefoonoproepe begin maak om sy strategie in die lig van Hani se dood te beplan. Sy kalmte en fokus was buitengewoon in ’n tyd wat hy geglo het Suid-Afrika potensiaal op die rand van ’n burgeroorlog was.

Kort voor sy vertrek het hy plegtig verskoning gemaak dat ons sessie onderbreek is omdat hy na Johannesburg moes terugkeer. Dit is die Nelson Mandela wat ek leer ken het.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo