| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
25/07/2008 13:13 - (SA)
Leer van Nelson Mandela Deur Kathy Whitehead
“Dit wat president Manela in die geskiedenis verteenwoordig, behoort as vak in elke klaskamer regoor Suid-Afrika aangebied te word sodat daardie beginsels aan elke nuwe generasie oorgedra kan word,” het pres. Ellen Johnson-Sirleaf tydens ’n onderhoud op die vooraand van haar besoek gesê. “Onlangse verwikkelinge in Afrika, insluitend Suid-Afrika, noodsaak dat president Mandela se lewensverhaal by instellings regoor die vasteland geleer word,” het Liberië se eerste vrouepresident gesê. As jong voorgraadse student in Amerika onthou sy toe Mandela in 1964 lewenslange tronkstraf opgelê is – ná die sluipmoord op president John F. Kennedy in 1963 – hoe die wêreld na “ ’n nuwe held” op soek was. Met die groeiende internasionale steun vir die anti-apartheidsbeweging, het Mandela aan die vereistes voldoen. Namate haar eie politieke loopbaan gevorder het, is Johnson-Sirleaf in 1985 10 jaar tronkstraf opgelê omdat sy haar teen die regime van die voormalige pres. Samuel Doe uitgespreek het. Sy is ’n aantal maande aangehou waarna sy na Amerika gevlug en gewoon het toe Mandela in 1990 bevry is. Volgens haar het hy haar in daardie stadium die meeste geïnspireer omdat hy ondanks sy lyding steeds ’n beleid van verdraagsaamheid en skikking voorgestaan het. Net soos Mandela, wat in 1994 ’n land geërf het wat deur rasse-onderdrukking en konflik geruïneer is, moes Johnson-Sirleaf, wat in 2006 tot haar land se hoogste amp verkies is, ’n staat bestuur wat sowat 250 000 mense in dekades van burgeroorlog verloor het. In navolging van die voorbeeld wat Suid-Afrika gestel het en met jare se ervaring in die hantering van die uitwerking van konflik in Afrika, het sy besluit om ’n waarheid-en-versoeningskommissie saam te stel wat die soeke na geregtigheid sou insluit en ’n manier sou wees om “heling en afsluiting” te bewerkstellig. Ander programme onder haar presidentskap sluit in die inisiatief om regverdigheid en integriteit aan die die regterlike mag te verleen, ’n sigbare en kragtige stryd teen korrupsie in die staatsdiens, asook grond- en konstitusionele hervorming. Sommige van Liberië se suksesse sluit in dat die land in slegs twee jaar sy “reuse- eksterne skuld” aangepak het en dat die land sy internasionale reputasie en kredietwaardigheid herstel het. Ná sy verwoestende konflik is die bevolking van Liberië fisiek en emosioneel geskaad. Een van die meganismes wat gebruik is om sy verlore moraliteit te herwin, was onderrig. Die presidentskap onder leiding van Johnson-Sirleaf, het die veldtog bestuur om geleenthede in “onderrig- en vaardigheidsontwikkeling aan die duisende onopgeleide en werklose, kwetsbare jeug te bied wat die kern van hierdie krisis was”. Onderrig, veral van vroue en meisies, is een van haar passies. Sy glo dit vorm die kern van “gelykheid en maatskaplike regverdigheid vir jong vroue in Afrika. Regoor die kontinent bied die registrasie van meisies hoop vir die toenemende aantal vroueleiers op ons kontinent,” sê sy. En haar land se grootste sukses tot dusver? “Herwonne hoop,” sê sy. Hoop op ’n beter toekoms. Dit is dieselfde hoop wat Johnson-Sirleaf regoor Afrika sien herleef, waar die entoesiasme wat deur die groot vryheidsleiers aangevuur is, dekades lank deur ’n reeks militêre diktatorskappe onderdruk is. “Ek glo Afrika het ’n koers van onbaatsugtige leierskap ingeslaan, die keer nie soseer met passievolle leierskap nie, maar met pragmatiese tegnokrate wat na volhoubare ontwikkeling streef. “Dit het tyd geword om verder as dit wat politiek korrek is te beweeg en leiers in Afrika te identifiseer wat ’n alternatief vir die prag en praal bied waarin so baie hulle verlustig. Ek glo sulke leiers bestaan vandag in Afrika en hulle behoort rolmodelle te word wat Afrika se jeug kan inspireer,” sê sy. Met verwysing na die voorbeeld wat Mandela gestel het, het Johnson-Sirleaf opnuut gesê dat Afrika se wonderlike simbool van vrede en demokrasie “behae behoort te skep in die wete dat sy voortreflike beeld as ons kontinent se ikoon van kompromie, verandering en nasionale eenheid ’n belangrike bydrae gelewer het in die vordering wat Afrika vandag ervaar. Sy baken sal in die komende generasies steeds helder skyn”. Liberië se lang pad na vryheid Die geskiedenis van Liberië is uniek op die Afrika-kontinent omdat dit nooit as ‘n Europese kolonie of ’n staat begin het nie. Liberië het in 1821 tot stand gekom toe private verenigings kolonies vir bevryde slawe uit Amerika aan die weskus van Afrika begin vestig het. In die middel-1800’s het bevryde slawe wat op soek na ’n tuiste was, deur die Amerikaanse kolonialisasie-vereniging vrywillig na Liberië geëmigreer. In 1841 het Joseph Jenkins Roberts die eerste swart goewerneur van die kolonie geword. Onder hom het die kolonie ’n grondwet opgestel wat op die Amerikaanse grondwet geskoei is en in 1847 het Liberië die status van ’n onafhanklike republiek verkry. In die jare 1970, onder William R Tolbert jr., het Liberië sy bande met die Sowietunie versterk terwyl die land arbeids- en ekonomiese probleme ondervind het. In 1980 het die opposisie, wat op daardie tydstip gemuilband was, daarop aangedring dat Tolbert bedank. Die weermag het die transaksie met ’n staatsgreep beklink wat die mag in die hande van sersantmajoor Samuel Doe geplaas het. Met Tolbert en talle van sy makkers wat tereggestel is, het Doe die grondwet herroep en sy mag gekonsolideer. Die ekonomie het daarna ineengestort. Teen 1989 het die opposisie weer opgevlam, dié keer onder die leierskap van Charles Taylor en sy rebellegroep, die nasionale patriotiese front van Liberië. Dit het beheer oor die meeste van die platteland verkry en Taylor se weermag van sowat 10 000 het oral geweld gesaai. Ander opposisiegroepe soos die onafhanklike patriotiese front van Liberië en die verenigde vryheidsbeweging vir demokrasie van Liberië het ook gekonsolideer en die wapens opgeneem. In die 1990’s het Ecomos daarin geslaag om die strydende faksies na die onderhandelingstafel te bring. Teen 1997 is verkiesings onder ’n wakende internasionale oog gehou. Taylor is as die oorweldigende oorwinnaar aangewys en sy party, die nasionale patriotiese party het die meeste van die setels in die wetgewer ingepalm. Onder Taylor is die land nietemin ekonomies steeds vernietig terwyl hy en sy gesin hulself verryk het deur Liberië se hulpbronne te plunder. In 2001 het gevegte tussen anti-Taylor-rebelle en regeringsmagte uitgebreek. Teen die middel van 2003 het die rebelle sowat twee derdes van die land beheer en gedreig om die hoofstad, Monrovia in te neem. Dit het daartoe gelei dat ’n beroep op Taylor gedoen is om te bedank en dat Amerika sy vredesmagte daarheen moes stuur. In Augustus het Taylor bedank en in ballingskap gegaan. ’n Vredesooreenkoms is met die twee rebellegroepe onderteken en vredesbewakers van Wes-Afrika, wat tydelik deur ’n Amerikaanse mag ondersteun is, het opgedaag. Tydens die presidensiële verkiesing aan die einde van 2005 het Ellen Johnson-Sirleaf, ’n voormalige beampte van die Wêreldbank die opvolgverkiesings gewen deur byna 60% van die stemme te wen. Die meeste van die waarnemers het die verkiesing as vry en regverdig beskou en Johnson-Sirleaf het Afrika se eerste verkose vrouepresident geword. Terselfdertyd is ’n nuwe nasionale wetgewer ook verkies sonder dat enige party ’n voldonge meerderheid behaal het.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|