| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
25/07/2008 13:13 - (SA)
Die belofte van leierskap
Die Nelson Mandela-stigting hou vanaf 30 Oktober tot 2 November 2008 deur sy eenheidsentrum vir herinnering en dialoog ’n reeks leierskapsessies in Johannesburg. Dit sal ’n netwerk leiers van die kontinent byeenbring om opnuut heroorweging te skenk aan die uitdagings van leierskap in ons tyd en daaroor te debatteer. Die sessies wat oor twee en ’n half dae strek, sal ’n kombinasie van hoofsprekers, beheerde paneelbesprekings en werkgroepsessies wees. Die doel van hierdie byeenkoms is tweevoudig. Vir eers is dit ’n geleentheid vir leiers op alle vlakke om deel te neem aan die vieringe rondom die nalatenskap van Nelson Mandela as leier. Tweedens bied dit ’n forum om die uitdaging wat ekonomiese en sosio-ekonomiese kwessies wat ons as leiers in die 21ste eeu in die gesig staar, krities te oorweeg. By die onlangse ekonomiese wêreldforum in Kaapstad, is deelnemers getaak met die verantwoordelikheid om gebeure te identifiseer wat die “draaipunt” sal wees wat die kontinent sal omkeer. Sommige van die gebeure wat geïdentifiseer is – nie in volgorde nie – sluit in die uitbraak van ’n geweldige pandemie wat deur die lug versprei word, die uitwissing van armoede in Afrika binne 10 jaar, ’n suksesvolle oorgang na demokrasie, veral in Zimbabwe, die styging in voedselpryse wat tot voedselonluste en onstabiliteit lei, Afrika se selfstandigheid in die vervaardiging van goedere wat deur Afrikane gebruik en verbruik word, die vestiging van ’n demokrasie regoor die kontinent, die handhawing van die wense van die mense en sterk leierskap wat na vore tree, die opkoms van ’n Pan-Afrikaanse elite in die vorm van ’n opgevoede klas en die omvormende uitwerking van mobiele tegnologie en die eise wat dit op die leiers plaas. Die meeste van hierdie temas is tydens die driedaagse byeenkoms herhaal. Aliko Dangote, die president en uitvoerende hoof van die Dangote Groep in Nigerië, wat ook die mede-voorsitter van die ekonomiese wêreldforum oor Afrika is, het gesê “die omgewing het heeltemal verander omdat ons meer politieke stabiliteit het”. Dit was duidelik dat al hoe meer leiers bereid was om netelige vrae te stel en meer aanspreeklikheid en dienslewering van diegene te eis wat geleenthede vir die armes moet skep. President Thabo Mbeki het gesê Afrika-lande moet veral die gehalte van leierskap en opvoeding verbeter om die groeiende beskikbare geleenthede ten volle te benut. “Daar is baie meer duidelikheid in die politieke leierskap op die kontinent oor waarheen ons moet gaan, meer duidelikheid oor hoe om op die ekonomiese uitdagings te reageer” en dat daar besef word waarom konflik hanteer moet word, “danksy die sterk ekonomiese groei en die merkbare afname in konflik die afgelope jare,” het hy gesê. Wendy Luhabe, voorsitter van die Suid-Afrikaanse industriële ontwikkelingskorporasie en mede-voorsitter van die ekonomiese wêreldforum oor Afrika het erken dat Suid-Afrika merkbare vordering gemaak het. Maar sy het gewaarsku dat daar “’n krisis van leierskap is, nie alleen in Afrika nie, maar in die res van die wêreld”. Sy het gewaarsku teen die “sameswering van stilte tussen Afrika-leiers” om kritiese kwessies aan te spreek wat dit vir die kontintent moeilik maak om “sy uitdagings te omskep in wat ons as ongeëwenaarde geleenthede beskou.” Selfs belangriker as die uitdagings wat deelnemers tydens die besprekings oor twee en ’n half dae gaan uitwys, is die moontlikhede vir oplossings en die belofte van leierskap wat gedefinieer moet word wat nodig is om bogenoemde uitdagings die hoof te bied.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|