| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
25/07/2008 13:13 - (SA)
Mandela beweeg ondergronds Kathy Whitehead
Vroeg in 1962 het hy sonder Suid-Afrikaanse reisdokumente die land na Botswana verlaat. Hy sou ’n vergadering van die Pan-Afrikaanse vryheidsbeweging van Oos-, Sentraal- en Suidelike Afrika in Addis Abeba, Ethiopië bywoon. Maar hy het ook ’n ander taak gehad – om na soveel as moontlik ander Afrika-lande te reis om politieke en ekonomiese steun vir die ANC en die nuut gevormde gewapende vleuel – Umkhonto we Sizwe (MK) – te werf. Sy reise het Ethiopië, Tanganjika (Tanzanië), Egipte, Tunisië, Marokko, Ghana en Senegal ingesluit. Ethiopië het ’n groot indruk op Madiba gemaak. Hy skryf in sy outobiografie, Long Walk to Freedom, dat die vooruitsig van ’n besoek … hom meer aangestaan het as ’n reis na Frankryk, Engeland en Amerika tesame. “Ek het gevoel ek sou my eie oorsprong besoek, die wortels van dit wat my ’n Afrikaan maak, opdiep.” Om sy reise te vergemaklik, is ’n Ethiopiese paspoort – in die naam van David Motsamayi – aan hom uitgereik. Nadat hy Oliver Tambo (“OR”), wat hy twee jaar lank nie gesien het nie, by die vergadering van die Pan-Afrikaanse vryheidsbeweging ontmoet het, is Mandela op 7 Junie 1962 na Londen. Die volgende dag het hy onder meer senior ANC-lede in ballingskap, soos Yusuf Dadoo, die Ugandese eerste minister Milton Obote en die leier van die Britse Arbeidersparty Hugh Gaitskell ontmoet. “In Londen het ek my ou ondergrondse bedrywighede hervat sodat die woord nie na Suid-Afrika sou uitlek dat ek daar is nie. Maar ek was nie ’n kluisenaar nie; my 10 dae was ingedeel tussen ANC-sake, besoeke aan ou vriende en per geleentheid uitstappies as gewone toeris. Saam met Mary Benson – ’n vriendin wat in Pretoria gebore is en oor ons stryd geskryf het – het ek en Oliver die besienswaardighede van die stad besoek wat eens oor feitlik twee derdes van die aarde geheers het.” Destyds het hy sake en plesier afgewissel soos uit hierdie reeks foto’s afgelei kan word wat in die huis van die Tambo-familie geneem is. Die foto’s is van OR en Mandela in OR se studeerkamer – met Adelaide Tambo en ’n baie jong Dali Tambo. Ná sy terugkeer na Afrika en agt weke militêre opleiding, het die ANC Mandela na Suid-Afrika teruggeroep. Nie lank hierna nie is hy op 5 Augustus 1962 in Howick, Natal saam met Cecil Williams, ’n wit teaterregisseur en MK-lid in hegtenis geneem. Op 7 Augustus is hy amptelik daarvan aangekla dat hy die land sonder geldige reisdokument verlaat het en swart werkers aangehits het om te staak. Mandela se pleit ter versagting van vonnis was ’n kragtige en vernuftige toespraak waarin hy verduidelik het hoe hy tot die besef gekom het hy as swart Suid-Afrikaner geen ander keuse gehad het as om hom teen verdrukking te verset nie. Soos hy dit gestel het, “dit was geensins ’n geregtelike pleidooi nie, maar ’n politieke getuienis.” Tien minute nadat hy sy verklaring afgelê het, is hy tot vyf jaar tronkstraf gevonnis en teen die einde van Mei 1963 is hy na Robben-eiland oorgeplaas. Nadat hy opgesluit is, het die ANC die volledige teks van sy verklaring ter versagting gepubliseer asook sy vorige versoek in November 1962 aan die landdros waarin hy homself van die saak wou onttrek omdat hy homself as “ ’n swart man in ’n wit man se hof” beskou het. In Julie 1963, enkele weke nadat hy van Pretoria na Robben-eiland oorgeplaas is, is hy teruggebring om in wat bekend geword het as die Rivonia-verhoor weens sabotasie aangekla te word nadat die veiligheidspolisie op Lilliesleaf toegeslaan het. Op 12 Junie 1964 is Mandela, Walter Sisulu, Ahmed Kathrada, Dennis Goldberg, Raymond Mhlaba, Govan Mbeki, Elias Motsoaledi en Andrew Mlangeni tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|