| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
25/07/2008 13:13 - (SA)
Vriend & bondgenoot Deur Kathy Whitehead
Ahmed “Kathy” Kathrada en Nelson Mandela, vriende en bondgenote vir meer as 60 jaar deel ’n ryk en verweefde geskiedenis. In ’n onlangse onderhoud het Kathrada op hul spore oor die jare teruggegaan en Mandela se onwrikbare geloof in die krag van onderrig beklemtoon. Kathrada, wat in 1929 op ’n klein dorpie in die destydse Wes-Transvaal gebore is en wie se Indiër-ouers immigrante was, het Madiba die eerste keer deur ’n onderlinge vriend ontmoet. Madiba, wat 11 jaar ouer as Kathrada is, se verbintenis met Madiba is van die staanspoor af op respek gegrond. Oor die jare het die twee mans vanweë hul politieke bedrywighede al hoe meer saamgewerk en dit was bekend dat hulle met tye selfs koppe gestamp het. Die jong Kathrada is op ’n tydstip deur die meer senior lede van sekere organisasies – veral die ANC – as ’n “heethoofdige jongeling” beskou. Met ’n tere glimlag aan dié herinnering sê Kathrada dat as 21-jarige het hy op ’n keer Madiba uitgedaag wat hom talle klagtes deur sy mede-aktiviste op die hals gehaal het wat beweer het dat hy oneerbiedig teenoor hul leier was. Met ’n skalkse laggie sê Kathrada, wat later tydens Madiba se termyn ’n lid van die parlement en parlementêre raadgewer in die kantoor van die president geword het, dat hulle steeds onderling met mekaar oor hierdie voorval skerts. “ Hy (Mandela) sal by ’n vertrek instap waar ons sit en sê: ‘Hier’s die skelm … hierdie jongeling het my uitgedaag’,” sê Kathrada. Maar terwyl ’n mens met hom gesels, is dit duidelik dat die blywende indrukke van sy laaste jare op Robben-eiland Mandela se verbintenis tot onderrig is. Selfs tydens sy verhoor het Madiba begin studeer, sê Kathrada. En die vak was Afrikaans deur ’n kollege. Kathrada sê deur dit te doen, het hy gepoog om ’n verhouding met die wagte te vestig deur hul taal te praat. Nogtans was Mandela se skuif om homself op te voed, nie tot hom alleen beperk nie en hy het nooit opgehou om sy mede-gevangenes aan te moedig om dieselfde te doen nie. “Ek kon die voordele hiervan insien. Hy (Mandela) was ernstig hieroor en hy was vasbeslote dat almal moes studeer,” sê Kathrada. Aangesien die wette destyds sommige gevangenes verhoed het om by ’n formele onderriginstansie te registreer, is die meeste onderrig deur ander medegevangenes gedoen. “Die oorgrote meerderheid mense (op Robben-eiland) het informeel onderrig ontvang. Ons is met reg trots daarop dat geen gevangene Robben-eiland ongeletterd verlaat het nie,” sê hy. Een so ’n voorbeeld is Jacob Zuma. Hy was “halfgeletterd toe hy daar aangekom het en sy familie het geen geld gehad (om vir formele studies te betaal) nie. Maar hy het as geletterde man uit die gevangenis gestap,” sê Kathrada. Dit was hierdie wysheid van Madiba wat talle mense deur die moeilike jare op Robben-eiland gedra het en was die begin van ’n lewenslange strewe om die mag van onderrig onder die jeug se aandag te bring.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|