| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
25/07/2008 13:13 - (SA)
Ons kan almal leiers wees Onderhoud deur Tara Turkington
Makaziwe Mandela Dr. Makaziwe Mandela is die enigste oorlewende kind van vier van Nelson Mandela se kinders uit sy huwelik met Evelyn Mase. Sy is die voorsitter van Nozala Investments wat die opbrengs van beleggings vir die ekonomiese opheffing van vroue in Suid-Afrika aanwend. Tara Turkington (TT): Ek dink u is die toonbeeld van die ideale Suid-Afrikaner … ?vele mense in een. U het verskeie rolle aangeneem en hulle uitmuntend vertolk – maatskaplike werker, antropoloog, ma, opvoeder en sakevrou. U is die voorbeeld van die proaktiewe tipe persoon wat ons in Suid-Afrika nodig het. Bo alles is u ’n sterk vrou. Makaziwe Mandela (MM): Ek dink daar is baie sterk vroue. Daar is meer gesinne met vroue aan die hoof as mans. Ek dink vroue moet dapper genoeg wees om hul versorgende en koesterende instink na die korporatiewe wêreld te bring. TT: U het u loopbaan as maatskaplike werker begin en ’n antropoloog geword, u het dus ’n versorgende, konstruktiewe agtergrond. MM: Ek het nog altyd ’n begeerte gehad om ’n verskil te maak in watter veld ek my ook al bevind. Ek wil ook ’n verskil maak in die wyse waarop ek aansluiting by my kinders vind. Ek het vier van my eie, maar ek sê altyd ek het 10 omdat my oorlede broer se kinders na my as hul tante, ma en pa opkyk … TT: Bly hulle almal by u? MM: Nee, maar hulle kom vir Sondagmiddagete, so daar is ’n sterk familieband. Ek hou daarvan om ’n versorgende, vertroetelende omgewing te skep. Ek glo instansies wat vir hul werknemers omgee, help dat mense langer en voorspoediger lewe. ’n Outokratiese werkplek skep vyandigheid. Mense moet aangemoedig word om vir hulself te dink. TT: Wat van Suid-Afrika? Het ons ons aanvoeling vir ubuntu verloor soos sommige van die ouer mense sê? Of is dit net natuurlik vir ouer mense om jonger mense te kritiseer? MM: Elke generasie glo sy era was die beste … mense is geneig om die verlede te oorverheerlik. Ek onthou die eerste keer toe ek Kaapstad toe is om vir my pa te gaan kuier … ek het op die trein geklim en my ma het my aan ’n ouer persoon toevertrou en aan die vrou gesê: “Kyk goed na my kind,” en sy het goed na my gekyk – asof ek haar eie was. Ek was toe maar net 16 jaar oud, want ek kon my pa, wat toe in die gevangenis was, eers besoek nadat ek ’n ID-boek gekry het. Ek dink Afrikane het sekere elemente van ubuntu verloor. Daarmee saam is die kapitalistiese stelsel selfsugtig, individualisties en materialisties. ’n Mens kry nie tevredenheid uit materialisme nie – jy kry tevredenheid as jy iemand anders help, as jy ’n verskil maak. Om ’n persoon se selfbeeld te bou, is iets wat vir ewig sal hou en daardie persoon sal dit weer aan iemand anders oordra. TT: Is dit dus hoe ons die samelewing verander? As ’n mens na die probleme kyk wat ons in die gesig staar, soos armoede en die verdrukking van vroue, hoe bring ons hierdie reuse-probleme in verband met individue wat elkeen sy eie deeltjie doen? MM: As ons as individue nie van binne verander nie, sal verandering nie lank duur nie. Dit beteken nie ek onderskat groepspogings nie, maar dit begin altyd by die individu. TT: Ek dink dit is ook ’n kwessie van leierskap, wat ons by u vader se nalatenskap bring. MM: Ons maak die fout om te sê dat slegs spesiale mense oor leierseienskappe beskik. Dit is inherent in elkeen van ons. Ek glo daar is baie Nelson Mandelas, hoofman Albert Luthuli’s, Robert Sobukwes en Oliver Tambo’s. Iets wat ons in Suid-Afrika moet begin doen, is om jong leiers op te lei. ’n Mens kan vir kinders vanaf ’n jong ouderdom leierskap en verantwoordelikheid aanleer en ek dink dit is waar ons in ons onderwysstelsel tekort skiet. TT: Is daar ’n manier waarop ons u vader se nalatenskap beter kan aanwend as wat ons reeds doen om ’n jonger generasie te inspireer? MM: Ek weet skole leer vir kinders die geskiedenis van Suid-Afrika en die ANC praat baie oor Nelson Mandela. Dit is goed en wel om dit aan te leer, maar ek dink ons moet kinders ook die geleentheid bied om ervaring op te doen. Dit is meer as net ’n geskiedenisles: dit behoort ook praktiese lesse in te sluit. As ons werklik ’n kultuur wil skep wat anders is, moet die leerproses meer ervaringsgerig wees. Kinders moet dit voel. Sommige swart kinders was nog nooit in Soweto of Alexandra nie, hulle ken net die voorstede en die winkelsentrums. Ouers moet begin om hul kinders aan kwessies in die werklike lewe bloot te stel. Selfs die mense wat beweer hulle ken Mandela, ken hom nie. Mandela is nie hierdie persoon wat groter as die lewe self is nie. Hy was eens op ’n tyd ’n plattelandse seun wat sonder skoene skool toe geloop het. As ons hom as ’n heilige uitbeeld, kan mense hom nie navolg nie, want hulle is net mense. TT: Ek wil graag u mening oor die sakewêreld hoor. Dit word dikwels gekritiseer as die mees konserwatiewe sektor van die samelewing en traag om te verander. MM: Besteebare inkomste is steeds hoofsaaklik onder wittes te vinde. Omdat die sakewêreld die samelewing waarin ons lewe weerspieël, is dit baie traag om te verander. Die samelewing moet verander en die sakewêreld sal volg. Die een ding wat ons moet aanpak, is die gebrek aan moed en selfversekerdheid om ongemaklike besluite te neem. Leierskap is juis om diegene wat gemaklik is, ongemaklik te maak. Volgens my is dit waar leierskap in Suid-Afrika gefaal het of faal. TT: Dit is maklik om terug te sit en te vergeet wanneer ’n mens ’n beter lewenstyl geniet. MM: Ek sluit myself in. Dit is maklik om te vergeet, maar as ons eerlik met onsself en die stryd van ons voorvaders en oumas wil wees, moet ons bereid wees om die realiteit te sien soos wat dit is. Ek dink die patriargale stelsel seëvier steeds in Afrika omdat die regering neig om die vernaamste bron van inkomste te wees. Omdat baie ondernemings van die regering afhanklik is, het ons nie die moed om te kritiseer nie. Kritiek beteken nie jy vernietig iets nie, daar is ook positiewe kritiek. Ons moet werklike dialoog en debat skep, want dit is waar ons iets gemeen het. Ons kan slegs groei deur te deel en te bespreek. Niemand weet alles nie, selfs nie Nelson Mandela nie. Een van die dinge wat hy van leiers voor hom in die Transkei geleer het, is: “ek kan net ’n leier word as diegene om my hul onderskeie menings kan lug.” Hy glo dat selfs al het jy tot ’n besluit gekom, moet jy mense toelaat om kwessies te bespreek en te debatteer, want daar kan iets wees wat jy oorgesien het. TT: Ek wil u graag oor u moeder, Evelyn Mase uitvra. Ek het ’n bietjie oor haar gelees en met ’n paar mense wat haar ontmoet het, gepraat en daaruit kon ek aflei dat sy beslis ’n baie sterk vrou was, stil, in die agtergrond, maar merkwaardig. MM: ’n Ma is die beste iets in elke kind se lewe. My ma was ’n baie sterk vrou. Sy was ’n niggie van Walter Sisulu. Toe sy uit die Transkei gekom het, het sy by die Sisulus gebly en in die laat 1940’s opleiding by die Coronation-hospitaal ontvang. Sy was ’n weeskind, haar ouers is dood toe sy drie jaar oud was. Sy het by die Titus-familie grootgeword en dit is hoe sy my pa ontmoet het. Sy het eintlik vir my pa se opleiding betaal sodat hy ’n prokureur kon word. My ma was stil, maar sterk. Sy het nie net ons grootgemaak nie, maar ook haar broers, susters en kleinkinders versorg. Sy was ’n godsdienstige mens en ek dink dit is wat haar oor die jare gehelp het. Sy was ’n liefdevolle ma en ouma … sy was ’n goeie kok en het ons geleer hoe om kos te maak. Sy was ’n verpleegster en het vir ’n ruk haar broer se slaghuis bestuur. Sy het haar lewe lank gewerk totdat Transkei onafhanklik geword het en Kaizer Matanzima haar aangemoedig het om terug te gaan en ’n winkel te koop. Sy het ’n algemene handelaarswinkel in Cofimvaba gekoop en daar as sakevrou gewerk. TT: Dit klink asof sy haar tyd vooruit was. MM: Daar was ’n paar vroue wat ondernemings bestuur het, maar dit was seldsaam. My ma het van tuinmaak gehou, sy het haar eie groente gekweek en het beeste en hoenders gehad. Sy was ’n besige en uiters onafhanklike vrou. Sy was ook een vir dissipline. As jong meisie kon jy nie in die huis rondlê en niks doen nie. Ons het hard gewerk, ons het skoongemaak en take in die huis gedoen, soos om beurte te neem om kos te maak – selfs die kleinkinders het dit geleer doen. Hoewel my pa die meeste van die tyd nie daar was nie, was daar baie mense wat ons ondersteun het. Ek het tussen my tantes en ooms en by my pa se jonger broer grootgeword. Hy lewe nog en bly in Kaapstad. Destyds het hy as arbeider in Johannesburg gewerk, maar hy was altyd daar vir ons. Wanneer ons rokke vir Kersfees wou hê, het hy dit vir ons gekoop. Ek het steeds baie aangename herinneringe van Bhut’ Tsheketshe. Ons het hulp ontvang van mense wat nie veel gehad het om te gee nie.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|