News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

25/07/2008 13:13  - (SA)  
Wyse woorde
Onderhoud deur Tara Turkington    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Ali Alamin Mazrui

Ali Alamin Mazrui

Professor Ali Mazrui is een van die wêreld se uitnemendste kenners van Afrika. Hy het meer as 20 boeke en honderde essays geskryf en is bekend vir sy somtyds kontroversiële sienings en reguit uitsprake oor verskeie kwessies. Hy het sy doktorsgraad aan die Universiteit van Oxford behaal en vir langer as 25 jaar in Amerika gewoon. Hy was ’n gasdosent by verskeie van die wêreld se voorste universiteite en het ’n lang lys toekennings en eretitels

Tara Turkington (TT): ’n Paar jaar gelede is u heftig gekritiseer vir u siening van Israel en Palestina. Waar bevind ons ons tans volgens u wat politieke en religieuse verdraagsaamheid in die wêreld betref?

Ali Mazrui (AM): Na my mening het ons nog ’n hele end om te gaan voor ons ’n wêreld bereik wat waarlik oop is vir verskillende standpunte.

Israel is ’n treffende voorbeeld van ’n spesifieke onderwerp wat riskant is om krities te hanteer. Ek was vir ’n rukkie van die jaar in Amerika en ek kan Uncle Sam straffeloos kritiseer, tog is dit riskant vir mense in Israel om die land te kritiseer. Ek ken mense wie se ampstermyne by universiteite in gevaar gestel is omdat hulle simpatieke standpunte oor Palestyne geopper het.

Israel is feitlik die enigste land wat ongestraf by die VN bly, want telkens wanneer ’n resolusie voorgestel word wat krities teenoor Israel is, verseker Amerika dat dit nie deurgevoer word nie.

Dit is jammer dat hoewel Jode deur die eeue slagoffers van onverdraagsaamheid was, hulle ’n land beset en mense hardhandig behandel noudat hulle ’n staat van hul eie het, pleks daarvanom ’n toonbeeld van verdraagsaamheid en medelye te wees.

Dit is my breë interpretasie van wat gebeur het: ons vorder wat kwessies betref soos kleurvooroordeel en ras wat volgens fisieke verskille gedefinieer word, maar ons verloor wat kwessies soos verdraagsaamheid van kulturele en religieuse verskille betref.

Suid-Afrika is ’n baie beter plek as wat dit voor 1990 was en wat kleurkwessies betref, is Amerika ’n meer verdraagsame samelewing as wat dit was toe ek meer as ’n kwart eeu gelede daar aangekom het. Maar wat religieuse verskille betref, is Amerika nou beslis ’n baie minder verdraagsame samelewing.

TT: Waarom is dit so? Hoeveel het leierskapkwessies en die wyse waarop Amerika die afgelope dekade of so gelei is, hiermee te doen?

AM: Deels is dit Amerika se buitelandse beleid en die gevolge van sy verhouding met die Moslem-wêreld.

En deels is dit die reaksie van ’n meer radikale Islam wat weens Amerika se buitelandse beleid voel dat hy in ’n staat van beleg is.

Die administrasie van George W. Bush is een van die mees onverligte regimes in die Westerse wêreld sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog.

Hierdie faktore het ’n klimaat geskep wat baie minder ontvanklik as voorheen vir verskille en waardes is.

Om billik te wees, het Amerika voor 11 September 2001 vordering gemaak met kwessies rakende religieuse verdraagsaamheid.

Onder president (Bill) Clinton het ons begin besef dat die land nie net Joods-Christelik was nie. Nogtans was 11 September ’n geweldige terugslag vir daardie tendens. Dit is jammer dat ons ’n onverligte regime in reaksie op sulke aggressie gehad het. Dit het tot ’n onnodige oorlog in Irak gelei, wat geen verband met 11 September het nie.

Ons vertrou dat die volgende verkiesing in Amerika tot nuwe leierskap sal lei wat die proses van herstel in Amerika se buitelandse beleid sal lei en sommige van die wonde tussen volkere sal genees.

TT: Wat Nelson Mandela se 90ste verjaardag betref, u het ’n gasprofessorskap in Albert Luthuli se naam van ’n universiteit in Nigerië. Dit is mense van Suid-Afrika wat in moeilike omstandighede en ondanks uiterste persoonlike gevare mense gelei het en nietemin bekend is vir hul vreedsaamheid.

Dink u die wêreld kan vandag iets van mense soos hulle leer?

AM: Beslis. Nelson Mandela is een van die buitengewoonste individue in my leeftyd en gelukkig word hy wêreldwyd as buitengewoon erken.

Daarom is dit ’n baie belangrike element in ons situasie. Daar is nie baie sulke mense in die geskiedenis nie. Suid-Afrika dra ’n groot las om homself te handhaaf.

TT: Ná die geweldige lyding onder apartheid, kan Suid-Afrika ’n belangrike, morele leier in die wêreld word?

AM: Julle het nie te sleg gevaar nie. Julle het jul eie probleme en jul stryd vir geregtigheid is nog nie verby nie.

Hoewel dit waar is dat politieke apartheid ontbind is, is daar heelwat probleme rakende ekonomiese apartheid.

Daar is maniere hoe julle verandering hanteer, wat indrukwekkend is. Voorts is daar Suid-Afrika se poging om maniere te vind om met gay mense om te gaan sodat hulle in die samelewing aanvaar kan word.

Dit is belangrike morele stappe wat Suid-Afrika in die eerste dekade en ’n half van die post-politieke apartheidera doen.

Maar julle standaarde is broos en ons moet toesien dat julle suksesvol is om die die standaarde te handhaaf wat julle in wêreldsake geniet.

TT: Wat is u standpunt oor Kenia, ’n land wat klaarblyklik soveel gehad het wat in sy guns getel het en wat die wêreld verras het toe geweld daar uitgebreek het?

AM: Nie een van ons het so ’n reaksie verwag nie. Nadat die parlementêre uitslae bekend gemaak is, want… dit het gelyk asof deursigtigheid geseëvier het.

Die presidentskap het die toppunt van die verkiesing geword en wat ons gedink het ontstoke kiesers was wat die regime uitgeskop het, het skynbaar skielik die hoof van die staat gered.

En dit is wat so ongelooflik was. Hoe kon die regerende koalisie tydens die parlementêre verkiesing so ver verloor en steeds op presidensiële vlak seëvier?

Die daaropvolgende ineenstorting wat plaasgevind het, is die ergste gebeurtenis wat Kenia sedert sy onafhanklikheid getref het.

Verskeie faktore wat op ’n oplossing gewag het, kon dit veroorsaak het. Faktore soos grondgriewe, armoede en die nimmereindigende probleem van etniese wedywering en stamstelsels.

TT: In Suid-Afrika word baie kritiek gelewer, geregverdig of ongeregverdig, omdat ons regering nie sterker standpunt teenoor Zimbabwe inneem nie. Ons sien spotprente in koerante wat Thabo Mbeki se stille diplomasie uitbeeld en Robert Mugabe wat in sy hand lag omdat hy weet hy nooit die beloftes wat hy gemaak het, gaan nakom nie. Hieroor word Mbeki dikwels gekritiseer. Wat dink u vind daar plaas?

AM: Mugabe behoort af te tree. Hy het ’n merkwaardige prestasie van heldhaftigheid in die stryd om vryheid bederf deur aan mag vas te klou. Dit is baie jammer. Ek dink hy reken die geskiedenis sal hom verdedig. Ek dink nie so nie.

My antwoord op wat Suid-Afrika behoort te doen, is meer dubbelsinnig. Dit is waar dat Afrika-lande die kwessie van portuuroorsig ernstig moet opneem en probeer om mekaar te beïnvloed wanneer dinge op ekonomiese en politieke vlak skeefloop. Dit is nie ’n goeie idee om te wag totdat dinge ineenstort en dan inbeweeg om ’n mislukte staat te hanteer nie. Daarom word ek genoop om vir Mbeki te sê: “Komaan, doen iets.”

Ek is huiwerig om te probeer voorskryf hoe ver Suid-Afrika moet gaan, selfs vir ’n goeie saak, om sy mag te gebruik om Mugabe te boelie.

Ek dink Mbeki kan harder met die wortel eerder as met die stok probeer en maniere vind om Mugabe te beïnvloed … ek weet nie hoe dit gedoen moet word nie, maar ons moet stry met idees en mense se waardigheid spaar, selfs al verdien hulle dit nie.

Ek dink nie Mugabe verdien dit nie, maar ons moet dit vir die Zimbabwiërs se onthalwe en vir hul toekoms doen.

TT: As “buitestander in die binnekring,” wat is volgens u besig om met Suid-Afrika te gebeur? Die ANC het in Desember sy leierskap suksesvol verander, maar daar is Suid-Afrikaners wat ongemaklik voel oor die vooruitsig van Jacob Zuma as president.

AM: Julle het die toets van opvolging in die party deurstaan, maar die kiesers het steeds die keuse. Ek kan verstaan waarom mense bekommerd is dat die reputasie van die sterkste kandidaat as staatshoof deur verskeie skandale besoedel is, maar ons sal eenvoudig moet sien hoe die kiesers gaan optree.

Dit is waar dat die keisers nie altyd kies dat die deugsaamste persoon oorneem nie, maar dit is die aard van demokrasie. En diegene wat teen Zuma is, behoort dit duidelik te stel wat verkeerd is met hom en kyk of dit inslag vind. Indien nie, laat ons sien hoe hy presteer. As die ergste gebeur en hy presteer swak, maar die land is vry om hom te beskuldig, dan kan julle hom aankla terwyl hy sy amp beklee.

TT: Wat gaan in Amerika gebeur? Wie gaan volgens u die kandidaatskap van die Demokrate oorneem en wat is die waarskynlike uitkoms van die verkiesing op lang termyn? Wat is die moontlikheid vir nog ’n Republikeinse president?

AM: Ongelukkig bestaan die moontlikheid dat John McCain dalk kan wen, deels omdat die Demokrate vuil met mekaar baklei en deels omdat die samelewing dalk nog nie reg is vir ’n swart president nie, hoewel hulle baie nader daaraan is as wat hulle tot nog toe was.

Ek sal graag vir Barack Obama as president wou sien omdat ek glo hy ’n ander tipe Amerikaanse leier sal wees, nie vanweë sy ras nie, maar sy idees, styl en ambisie om die land byeen te bring.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo