News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

25/07/2008 13:13  - (SA)  
Voorwoord
deur Achmat Dangor    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Achmat Dangor

Toe die drie organisasies aan wie Nelson Mandela opdrag gegee het om sy werk voort te sit, op ’n “Celebration of Ideas” as hul tema vir sy 90ste verjaardag besluit het, het ons die risiko geloop om daarvan beskuldig te word dat ons die heuglike mylpaal tot niks meer as “debat” sou reduseer nie. “Opgeblase” retoriek is na alles net so ’n simbool van oppervlakkige feesvieringe soos partyjieballonne.

Maar sedert hy in 2004 uitgetree het, het ons ’n groeiende tendens na ’n ander vorm van reduksionisme gemerk.

Mandela, die ikoon van daadwerklike optrede, wat deur ’n aanbiddende wêreld dikwels op afsydige wyse uitgebeeld word, gehul in ’n ondeurdringbare waas van verering wat gesprekvoering oor sy idees en die waardes wat dit gehelp definieer het, ontmoedig.

Dalk is dit uit vrees dat daar bevind kon word dat die vlekkelose held – op ’n tydstip waarin daar so ’n groot behoefte is aan onfeilbare leiers met vaste en etiese beginsels – op die een of ander manier ook maar mens en feilbaar is.

Nodeloos om te sê, weet ons Mandela deel nie hierdie vrees nie, so ook nie die organisasies wat op baie praktiese en meetbare maniere aspekte van sy nalatenskap moet verewig nie.

’n Mens kan sê dat herinnering as ’n hulpbron om noodsaaklike maatskaplike kwessies aan te roer, om te help verander aan die manier waarop lande kinders behandel en om geskoolde, besorgde leierskap oor Afrika heen te bevorder – al hierdie gestruktureerde en pragmatiese ingrypings – per slot van rekening ’n deel van Mandela, die “man van aksie” verteenwoordig. Ons glo ons werk – en so ook ons land – kan daarby baat vind as ons die wel en wee van Nelson Mandela as raamwerk vir hedendaagse politieke en maatskaplike kwessies gebruik.

Die reeks “In Gesprek Met” wat in vennootskap met City Press (Rapport se susterskoerant) van stapel gestuur is, is ’n noodsaaklike deel van daardie breër viering – en bestryding – van idees.

Die “gesprekke” met ses prominente en uitgesproke mense raak op gepaste wyse hedendaagse kwessies aan, van die konflik in die Midde-Ooste, Amerika wat sukkel om sy ingesteldheid ná die gebeure van 11 September af te skud, die leierskapkrisis, hetsy werklik of veronderstel, tot waarom die land sy optimisme in die toekoms moet behou.

Ons is van voorneme om te verseker dat hierdie “gesprekke” deel van deurlopende debatvoering word, nie alleenlik met en onder gerespekteerde besluitnemers nie, maar in gemeenskappe oor ons land en in Afrika heen. Sommige van die gedagtes wat die mense geopper het met wie ons onderhoude gevoer het, word reeds gebruik om bespreking in die Nelson Mandela-stigting se program vir gesprekvoering onder die jeuggemeenskap (Youth Community Dialogue) aan te wakker.

Op 18 Julie 2008 word Nelson Mandela 90 jaar oud. Ons weet dat mense dit op allerlei manier oor die hele wêreld gaan vier. Ons vier dit saam met hulle en is verheug dat iemand wat so merkwaardig en nederig is soos Nelson Mandela reeds so lank met ons is. Ons lig hierdie glas “borrelende” idees as heildronk op Madiba.

Ons bedank City Press as skeppende vennoot tydens die projek in sy geheel.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo