Voorwoord
Mandela, die ikoon van daadwerklike optrede, wat deur ’n aanbiddende wêreld dikwels op afsydige wyse uitgebeeld word, gehul in ’n ondeurdringbare waas van verering wat gesprekvoering oor sy idees en die waardes wat dit gehelp definieer het, ontmoedig.
|
|
Met vrymoedigheid na die onbekende
25/07/2008 13:14
Professor Njabulo Simakahle Ndebele is die visepresident en rektor van die Universiteit van Kaapstad en voorsitter van die Southern African Regional Universities Association. Hy dien ook in die raad van die Nelson Mandela-stigting en die Mandela Rhodes-stigting.
|
Wyse woorde
25/07/2008 13:13
Professor Ali Mazrui is een van die wêreld se uitnemendste kenners van Afrika. Hy het meer as 20 boeke en honderde essays geskryf en is bekend vir sy somtyds kontroversiële sienings en reguit uitsprake oor verskeie kwessies.
|
|
 |
| Nelson Mandela 90 |
|
Ons kan almal leiers wees
Dr. Makaziwe Mandela is die enigste oorlewende kind van vier van Nelson Mandela se kinders uit sy huwelik met Evelyn Mase. Sy is die voorsitter van Nozala Investments wat die opbrengs van beleggings vir die ekonomiese opheffing van vroue in Suid-Afrika aanwend.
Die dapperes help ons om vorentoe te beweeg
Arthur Chaskalson is in 1994 as die eerste president van die konstitusionele hof aangestel. In 2001 word hy hoofregter van Suid-Afrika en in 2005 het hy uitgetree. Hy is vereer vir sy bydrae tot die bevordering van menseregte, grondwetlike regering en demokrasie.
'Tata dring altyd aan op respek'
Ná haar terugkeer uit ballingskap, is Frene Ginwala tot speaker van die Nasionale Vergadering van die parlement van Suid-Afrika verkies, X ‘n amp wat sy 10 jaar lank beklee het. Sy het ‘n wesenlike bydrae tot die proses van hervorming in die parlement gelewer.
Toegewyd tot die stryd teen verdrukking
Tydens ’n lewenslange veldtog vir die regte van die verdrukte klas, het Fatima Meer meer as 40 boeke oor die onderwerp, wat haar die naaste aan die hart lê, gepubliseer in is sy plaaslik en internasionaal vereer met ’n rits toekennings ter erkenning van haar anti-apartheidswerk. Só gesels sy oor haar vriend, Nelson Mandela.
Vriend & bondgenoot
Ahmed “Kathy” Kathrada en Nelson Mandela, vriende en bondgenote vir meer as 60 jaar deel ’n ryk en verweefde geskiedenis. In ’n onlangse onderhoud het Kathrada op hul spore oor die jare teruggegaan en Mandela se onwrikbare geloof in die krag van onderrig beklemtoon.
Die belofte van leierskap
Die Nelson Mandela-stigting hou vanaf 30 Oktober tot 2 November 2008 deur sy eenheidsentrum vir herinnering en dialoog ’n reeks leierskapsessies in Johannesburg. Dit sal ’n netwerk leiers van die kontinent byeenbring om opnuut heroorweging te skenk aan die uitdagings van leierskap in ons tyd en daaroor te debatteer.
Leer van Nelson Mandela
Jong Suid-Afrikaners behoort van Nelson Mandela geleer te word sodat hulle kan verstaan wat verdraagsaamheid is en hoe konflik en spanning sonder geweld opgelos kan word. Dit is die siening van die Liberiese president Ellen Johnson-Sirleaf, wat SA onlangs besoek het om haar sesde jaarlikse Mandela-lesing te lewer.
Mandela beweeg ondergronds
Ná afloop van die hoogverraadverhoor van 4½ dae in 1961,het die ANC besluit dat Nelson Mandela ondergronds moes
beweeg. Hy het etlike maande in verskeie plekke geskuil,
onder meer ’n plaas in Rivonia genaamd Lilliesleaf waar hy
hom as die opsigter voorgedoen het. Hy het die naam David Motsamayi aangeneem – een van sy vorige kliënte.
Om te werk saam met Mandela
Ek het in Desember 1992 na Suid-Afrika gekom om saam met Nelson Mandela aan Long Walk to Freedom te werk. Ek het toe reeds ’n boek oor Suid- Afrika geskryf en was die korrespondent vir Time Magazine, maar het nog nie voorheen die wonderlike man self ontmoet nie, vertel Rick Stengel.
In gesprek met...
Die Nelson Mandela-stigting is in 1999 as ’n kantoor vir president Nelson Mandela gestig ter voorbereiding van sy uittrede uit sy amp.
Bou voort op Madiba se visie
Die Nelson Mandela-stigting se sentrum vir herinnering en dialoog - en kernwerksaamhede - lewer ’n bydra tot die vestiging van ’n regverdige samelewing deur die bevordering van sy stigter se visie, waardes en werk asook deur gesprekvoering oor noodsaaklike maatskaplike kwessies. |
|