| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 13 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
29/03/2008 17:44 - (SA)
Lexus behou waarde beste Egmont Sippel
Motor-Rapport was die vorige somervakansie bevoorreg genoeg om ’n paar weke agter die stuur van Lexus se vlagskip, die LS460, deur te bring. Volgens ons is dit die beste weeldelimousine ter wêreld as mens prys ook in ag neem. Daar’s ’n paar redes hoekom die LS460 so hoog aangeslaan word. Die eerste is sy enjin en ratkas. Die 4.6-liter V8 is kragtig en verfynd; die outokas seepglad, vinnig en naatloos. Daarby bied dit agt ratte, wat beteken dat die grote, sware Lexus sterk uit sy pens trek en rustig teen topspoed hardloop. Inderwaarheid is LS-meganika so verfynd dat mens dit aristokraties moet noem. Nog ’n sterk punt is stilering. Die LS dra sy lyf met ’n elegante, gebalanseerde trots en dis veral agterlangs waar dit beter as die meeste ander weelde-teenstanders vertoon. Die toerusting is net so indrukwekkend, by uitstek die allerbeste klimaatbeheerstelsel wat ons nog ervaar het. En dan’s daar die Lexus se rit. Dis, in vier woorde, die beste ter wêreld. Baie van dié kerneienskappe is natuurlik na kleiner en goedkoper modelle afgewentel. Dit nou wat die passassiersmotorreeks betref; Rapport was ’n week of wat gelede nog baie krities oor Lexus se nuutste bekendstelling in SA, die ou en afgeleefde SC430-koepee-kabriolet. Dit nadat ons die afgelope somervakansie agter die stuur van nog ’n Lexus, die IS250, deurgebring het. ’n Volledige verslag volg binnekort, maar glo maar dat die baba-Lexus op die sterk punte van sy voorganger voortbou, onder meer deur die kernwaardes van sy LS-grootboet gestand te doen. Dis nou stilering, verfyndheid, ’n lekker rit, ’n goeie dryflyn, onberispelike bougehalte en langdurige betroubaarheid. Moet ook nie van die IS (sowel as die LS) se stuur vergeet nie. Lexus is een van die bitter min motormaatskappye wat EPS (of dan electric power steering) onder die knie het. In beide die LS en IS sou mens wraggies sweer dat die stuur hidrouliese kragondersteuning geniet, en dis nogal ’n prestasie om EPS tot op daai punt te ontwikkel. VW se Golf blink ook in dié opsig uit, en ditto BMW se Mini (sien storie hiernaas). Iedergeval vertaal al hierdie dinge tot ’n sterk nuwe aanwesigheid in die weeldemark, soos die Auto Dealers’ Guide se jongste bevindinge toon. In die “handelaarsbybel” se eerste opname waarin Lexus-motors gewaardeer word, het die IS250 en GS300 die beste inruil- en herverkoopwaardes in hul onderskeie segmente behaal. Volgens die handelaarsgids het IS250- en IS250 SE-modelle ná ’n jaar ’n groter persentasie van hul oorspronklike koopprys behou as direkte Duitse teenstanders soos die BMW 323i en 325i, die Mercedes-Benz C200K Classic en C280 Elegance en die Audi A4 2.0T. Einste met die GS300 en GS300 SE. Nie verniet nie dat die CAR-tydskrif die GS onlangs as sy “beste sakesedan” in die middelweelde-segment aangewys het, bo die Audi A6, Merc E-klas en BMW 5-reeks. Op ’n maandelikse basis verkoop IS250- en GS300-modelle ook gereeld meer as direkte segmentteenstanders. Dis nie sleg vir ’n motormerk wat hom maar ’n bietjie meer as ’n jaar en ’n half met erns in die plaaslike mark kom vestig het nie.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|