News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Sterre oppad na SA
Verskeie Hollywood-akteurs kom eersdaags in SA aan om 'n rolprent te maak oor Amelia Earhart.
Sondag 29 Junie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
    Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  13°C
Kpstd  12°C  15°C
Dbn  12°C  21°C
Jhb  3°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

29/03/2008 17:44  - (SA)  
Strydrosse kry nuwe baadjies

Medewerker    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Nissan het dié maand twee bestaande modelle opgekikker.

Die Pathfinder-reeks pronk nou met ’n paar opwindende nuwighede soos ’n vooraanstaande Bose-klankstelsel en Bluetooth-versoenbare verbinding vir al die modelle.

Dié nuwe toerusting lewer ’n groot bydrae tot die algehele weelde-gevoel van die Pathfinder.

Die Patrol-bakkie is ook vernuwe en het benewens heelwat meer kraglewering en groter wringkrag wat die motor se veldryvermoë verbeter, nou ook ’n aantal gemak- en geriefeienskappe.

Die nuwe Bose- Premium klankstelsel met tien luidsprekers, ’n CD-speler en omringklank spog nou met nog helderder klank as voorheen.

’n Ingeboude Bluetooth-stelsel maak die voertuig nog weelderiger en geriefliker.

Die Bluetooth-stelsel, wat geheuewerking het, laat jou toe om jou selfoon met die voertuig te sinchroniseer.

Dit beteken jy kan kristalhelder klank deur die Bose-klankstelsel kry wanneer jy op jou selfoon gesels.

Die buitestilering is opgekikker met die toevoeging van nuwe sewentienduim-allooisierwiele met sewe speke en omvou-rigtingwysers op die buite-tru-spieëls wat ook watervallig-gies (die eerste in ’n sportnuts) het.

Die Pathfinder se bestaande heuwelwegtrekhulp (Hill-Start Assist (HAS) en heuwelafdraandebeheer (Hill Descent Control (HDC), wat deel van die modelle met ’n outomatiese transmissie se standaardtoerusting is, is nou ook vir die handrat-weergawes beskikbaar.

Die Nissan Pathfinder-reeks bestaan uit drie modelweergawes.

Die vlagskip-model is die petrol-aangedrewe V6-model van 4,0F, wat 198 kW teen 5 600 r/min lewer en 386 Nm se wringkrag teen 4 000 r/min ontwikkel.

Twee dieselweergawes is beskikbaar met die keuse van outomatiese of handrat-wisseling. Albei word deur ’n vier-silinder-turbodiesel van 2,5 F aangedryf; dié enjin lewer 12 kW teen ?4 000 r/min en ’n wringkragtige 403 Nm teen net 2 000 r/min.

Kopers kan ook uitsien na die toevoeging van ’n versieningsplan vir 3 jaar of 90 000 km as deel van die hele reeks se standaardtoerusting, tesame met ’n meganiese waarborg van drie jaar/100 000 km sowel as ’n verf- en roeswaarborg van drie jaar.

) Die Patrol-bakkie se betroubare 4,2 F-TDi-dieselenjin is met selfs nog taaier 4x4-moontlikhede gekombineer.

Die 4,2 F-sessilinder-enjin het hoëdrukbuis-tegnologie en is aan ’n 5-gang-handratkas gekoppel.

Die opgekikkerde enjin lewer nou 90 kW teen 3 600r/min en ontwikkel 282 Nm se wringkrag teen 2 000 r/min.

Die meer krag en wringkrag verhoog ook die Patrol-bakkie se sleepvermoë met 1 000 kg.

Dit beteken die voertuig kan nou ’n indrukwekkende 2 500 kg (sleepwa met remme) of 750 kg (een sonder remme) agter hom aansleep.

Die Patrol-bakkie kan nou met sy gekombineerde tenkinhoud van 175 liter ’n afstand van meer as 1 300 km op paaie en sowat 1 100 km in veldrytoestande aflê sonder om weer vol gemaak te word.

Die nuwe Patrol-bakkie het ook die gewilde Safari-pakket wat juis vir die Patrol-bakkie en sy gebruik as wild-, boer-dery- en ontspanningsvoertuig sowel as werkbakkie ontwikkel is.

Die Safari-pakket sorg vir ’n verbeterde 4x4-voorkoms en bykomende doelgerigtheid.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Wat is die oplossing vir die krisis in Zim?
Stille diplomasie
Militêre ingryping
Uitgebreide sanksies

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo