05/04/2008 12:53 - (SA)
Hyundai koop nie (deel van) GM nie
Egmont Sippel
Die Generaal is op pad terug. Wêreldwyd vaar General Motors beter en beter. Dis ons mening dat die ware generaal, naamlik Bob Lutz, baie hiermee te doen het. Sedert sy aanstelling rondom die eeu-wenteling het Lutz - wat in die 1990's wondere vir Chrysler verrig het - heelwat klem op goeie ontwerp begin plaas. Die gevolg is dat GM deesdae van die voorste ontwerpe lewer, by uitstek wat hul Koreaanse mini-motors betref. Of kyk maar net na die Chevs rondom jou: die Spark, Aveo, Captiva, Lumina of Ute SS. Al vyf spog met goeie, gesonde verhoudinge plus treffende detail in eenvoudige skoon vorme (soos die Spark se ronde agterligte). Of vat nou Opel. Die nuwe Astra en Corsa is van die allermooiste in hul onderskeie segmente. Pas is die Corsa OPC bekend gestel. As GMSA hulle sou verwerdig om Rapport op hul toetsmotorlys te plaas, sal ons daaroor rapporteer. Ditto met Chevs, Cadillacs, Saabs en dies meer. Intussen is die beste nuus in 'n lang tyd dat die legendariese Chev Camaro terug is. Die nuwe Camaro-spiermotor dryf uit 'n 6.0-liter Hemi-agtsilinder met meer as 300 kW onder die enjinkap. Suid-Afrika kry hom iewers in die toekoms, maar eers aan die verkeerde kant van 2010. Intussen het Hyundai se poging om GM te koop, gefaal - merendeels omdat laas week se aankondiging op hierdie blad (dat Hyundai 37.5% van Mercedes-Benz gekoop het) net 'n April-gekkedaggrappie was. En nee, Hyundai het ook niks met GM uit te waai
|