News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Rapport-blogs
Dié wat weet sê dis die beste stry-plek in die kuberruim. Kom maak jóú stem dik!
Sondag 6 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
    Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  0°C  17°C
Kpstd  12°C  14°C
Dbn  10°C  25°C
Jhb  1°C  15°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

12/04/2008 13:36  - (SA)  
X-Tra ruim en veelsydig
Egmont Sippel    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Mika Häkkinen is omtrent die beste voorbeeld waaraan ons kan dink.

Mika was dikwels nie die vinnigste ou op ’n Grand Prix-baan in enige van die drie sektore nie. Partykeer was iemand anders ’n fraks vinniger in sektor een, ’n tweede vinniger in sektor twee, en ’n derde in drie.

Maar as jy alles bymekaar tel, was Mika die vinnigste oor ’n enkele ronde.

Dit het meer as een of twee keer gebeur.

Nou’s dit weer so, met Nissan se nuwe X-Trail.

Land Rover se Freelander sal hom steeds in die veld kou. En Honda se CR-V is baas op teer.

Maar die X-Trail lewer dalk net die beste gemiddelde as jy alles bymekaar tel, van ruimte en pakplek af, deur verrigting en 4x4-vermoëns tot by veelsydigheid.

Wel, alles bymekaar getel – buiten die reeks se huidige gebrek aan dieselmodelle (’n probleem wat aanstons reggemaak word).

En buiten stilering, natuurlik.

* Stilering

Want sowaar, met die eerste kykslag is mens amper geskok. Is dit wragtag die nuwe X-Trail? Hy lyk dan nés die oue, buiten dat hy dalk nog blokkiger vertoon.

En ja, swarie, dis net ’n illusie. Net ’n Defender is blokkiger as ’n X-Trail. Kyk net hoe hoekig is die punte, hoe reguit die lyne, soos dwarsleggers onder ’n treinspoor. Bygesê, dat die X-Trail twee blokke is en die Defender net een, soos Rubic se kubus.

Visueel het bitter min dus op die nuwe X-Trail verander. Nissan het twee antwoorde gereed.

Die eerste een verklaar eintlik niks, en dis dat elke bakpaneel nuut en anders as die vorige model s’n is. Deur die jare het Madonna dosyne nuwe liedjies uitgedraai, elkeen effe anders as die vorige.

Maar het dit saakgemaak? Het dit getel?

Nissan se tweede verklaring vir so ’n konserwatiewe jas is dat die eerste X-Trail die enigste Nissan-produk is wat wêreldwyd – in elke mark waar dit meegeding het – gewild en suksesvol was.

En dis ’n prestasie. Selfs die Toyota Corolla het ’n vaal verkoopskol gehad, naamlik Europa. Dis hoekom Toyota die Auris-naamplaat in Europa van stapel gestuur het, in’t plek van die Corolla-luik.

* Visuele taal

Moet dus nie peuter aan iets wat reg is nie, is Nissan se filosofie. Kopers, liefhebbers, veldryers is vertroud met die hoekige oudmodiese boks.

Hulle smaak dit. Die X-Trail straal ’n onpretensieuse gestroopdheid uit wat vertroue inboesem. Van sien af weet jy dat hy meer as net ’n naweek op ’n Sandtonse sypaadjie kan baasraak.

Nou nie dat hy ’n pad deur ’n trop buffels gaan oopjaag nie.

Maar daar ís ’n algemene visuele taal waarmee veldtalent aangekondig word, en dis ’n basiese modulêre bonkigheid. Jeeps lyk so, die Patrol, die Land Cruiser en alle Land Rovers.

Hoekig. Stewig. Sober.

So sober, dat die minder mooies min gepla is oor hul eie visuele onfatsoenlikheid.

Dis die redenasie. Moenie ’n gegewe perd in die bek kyk nie. Per slot van sake word die 911 al meer as veertig jaar lank met onderskeiding deur ’n padda-vorm gedien.

* Kajuit

Ja, well, no, fine.

Maar dis ’n Porsche.

En tog, en tog is dit nou ten ene male so dat jy nie jou eie voertuig kan koekeloer as jy ry nie. Dan’s dit ander se beurt om hom (van buite) te sien. Van binne moet jy op die pad kyk, of na jou instrumente, of in die spieëltjie. En ja, jou oog vang natuurlik die “dêsh” ook, soos die manne sê.

Einste wat die voorpaneel betref het Nissan nogmaals die konvensionele as tema nadergeklap. Weg is die sentraal geplaaste instrumentgroep; dié sit nou op die tradisionele plek agter die stuurwiel. Taboe is netterige bekledingsmateriale – interessant soos hulle was – wat in die vorige voertuig makliker kon vuilmaak as skoonmaak.

En in is sagterige aanraakmateriale in skakerings van grys en swart.

Aan die een kant het X-Trail dus effe in sy dop gekruip.

Aan die ander kant het Nissan ook bewese sterkpunte verbeter.

En seg jou wat: sommer gou vergeet mens, van agter die stuur, hoe ou-wêrelds en behoudend die ontwerp is.

Die nuwe X-Trail k’an. Op teer én in die veld.

* Dryf-opsies

Die teer-stukkie is redelik eenvoudig: onafhanklike veelskakel-agtervering, sagte dempers, ’n platform wat ook die nuwe Qashqai ondersteun, ’n nuwe 2.0-liter 4-silinder petrol-enjin plus ’n keuse tussen ’n handratkas of, op die 2.5-litermodelle, ’n poeliewisselstelsel.

Dit nou om krag voorwiele toe te vat, as jy 2WD op die tonnelkonsole se kiesknop skakel. Dan trek die X-Trail voltyds deur sy voorwiele en klaar.

Die ander ekstreem is voltydse vierwieldryf. Dié kan jy ook met die knop kies, waarna ’n elektronies beheerde koppelaar die nodige hoeveelheid krag na gelang van omstandighede agterwiele toe stuur. In moeilike omstandighede kan 4WD selfs gesluit word deur “Lock” te kies, waarna 50% krag voorwiele toe gestuur word en 50% agterwiele toe, klaar.

Daar’s ook ’n derde opsie, in die middel tussen 2WD en 4WD. Kies “outo” en onder normale padtoestande dryf die X-Trail outomaties deur sy voorwiele – tot en met dit beter of veiliger sou wees om ook deur die agterwiele te dryf.

Nissan noem hul stelsel (waarvan ’n effe minder gesofistikeerde weergawe reeds in die vorige voertuig diens gedoen het) All Mode-4x4.

Topmodelle in die nuwe reeks bied boonop All Mode 4x4-i. Die “i” staan vir “intelligent”, wat anders? Almal wil intelligent wees, selfs Bob Mugabe. Bob kan egter vergeet; All Mode 4x4-i klop hom gemaklik.

* Heuwelbeheer

Hier’s hoekom: All Mode 4x4-i spog met HDC (hill descent control) en HAS (hill assist start). Anders as Bob wat verbete hou en probeer klou, weet die X-Trail se twee heuwelstelsels wanneer om die voertuig vas te gryp en wanneer nie, of jy nou teen steiltes op of af.

Op afdraandes span die X-Trail juis sy ABS-remme in om spoed tot 7 km/h te beperk, sodat die wa baie baie stadig en volkome onder beheer teen uitdagende steil grondpadhellings kan afrol (en dit sonder die aller-ergste skreeuende remlawaai waardeur heuwelbeheerstelsels gekenmerk word).

Op gelyke stukkies pad – waar jy bietjie gas soek om teen vinniger as 7 km/h te vorder – sorg HDC se veelheid van sensors dat die stelsel outomaties ontkoppel as jy gas gee. En as jy nogmaals helling slaat, gryp HDC opnuut vas, sommer vanself.

Dit nou tot jy HDC finaal ontkoppel.

HSA, aan die ander kant, hou die voertuig kortstondig maar outomaties vas om te keer dat jy agteruit rol as jy teen ’n gradiënt van meer as 5.7 grade wegtrek.

Die X-Trail se elektroniese wondere sluit ook BAS en natuurlik VDC (vehicle dynamic control) in. VDC keer dat die wa deur draaie of op nat paaie gly. Dit word gedoen deur individuele voor- of agterwiele te rem as die stuurhoek en voertuigrigting van mekaar verskil. VDC verminder ook enjinkrag indien dit sou help om die rigting waarin die stuurwiel mik, te herwin.

Beste van alles omtrent al hierdie stelsels is dat hulle of volkome outomaties is, of sommer in die ry geskakel kan word.

* Modelle, enjins

Die nuwe X-Trail sal aanvanklik vyf petrolmodelle bied, terwyl vyf dieselweergawes later in die jaar volg.

Daar’s twee petrols om uit te kies: die bekende 2.5-liter 4-silinder (125 kW, 226 Nm) en ’n splinternuwe 2.0-liter aluminium-viersilinder (102 kW, 198 Nm). Beide word aan ’n 6-g handrat gekoppel, maar die 2.5-liter bied ook die opsie van poeliewissel-transmissie (CVT).

Laasgenoemde werk verbasend goed, veral as jy een van ses vooropgestelde ratio’s met die ratkierie kies om die gevoel van ’n konvensionele ratkas na te boots.

Iedergeval was dit ons indruk dat die poeliestelsel beter op die kleiner en ligter X-Trail werk, as op die groter en swaarder Murano. ’n Blote tikkie of trekkie aan die rathefboom sorg dat ratiopunte vinnig raakgevat word, solank die enjin in die regte toerstrek is. As jy vinnig uit ’n draai wil dryf, is dit byvoorbeeld beter om die laagste en daarom sterkste vooropgestelde CVT-dryfverhouding (of dan “rat”) met die hand te kies.

Die 2.0-liter se handratkas lewer eweneens ’n lekker kort positiewe skuif tussen gange en is, nieteenstaande ’n klein bietjie skuifskok, veel beter as die Qashqai 1.6-liter se kas.

Die enjins is heel gewillig, en nogmaals is die nuwe 2.0-liter veel meer verfynd as byvoorbeeld die Qashqai se 1.6-liter.

* Dinamies

Dinamies vertoon die voertuig ook goed. Rit is sag genoeg om rowwe grondpaaie met die grootste gemak pak te gee. Dit lei natuurlik tot ’n mate van bakrol op teer, en die X-Trail is ook geneig tot ’n stuurywerige stert op die indraai, as jy kliphard aanstoot.

Met “outo” as gekose dryfmodus is die stert egter goed onder beheer, selfs in warm draaie, juis daar All Mode enjinkrag op kritieke oomblikke ook na die agterwiele kanaliseer. Dit word gedoen sonder dat mens die verskuiwing van 4x2-voorwieldryf na 4x4-alwieldryf (of terug) voel.

Moet egter onder geen omstandighede motorhantering verwag nie. Die X-Trail se penshoogte is 203 mm, om mee te begin. Daarby is hy redelik swaar. Sagte veerinstellings lei ook tot ’n mate van bakrol deur draaie.

Al dié dinge tel tot minder as vlymskerpe stuur-akkuraatheid op, al is die X-trail se roer goed belaai vir maklike stuurwerk aan’t een kant, en redelike gevoel aan’t ander kant.

Die res is egter prima, van goeie dryfstelsels af tot by pedale wat maklik trap; vroue sal ewe tuis as mans voel.

En nog iets: die nuweling pak baie. En baie lekker. Eerstens is daar genoeg stoorplek in die kajuit en paneelkissie, en tweedens is die laairuim (wat tóé al groter as teenstanders s’n was) nou nog verder verleng. Buiten 5 mm van die nuwe X-Trail se ekstra 175 mm wat vir ’n langer asafstand gebruik is, is die res in die laairuim belê.

Einste laairuim bied ook twee versteekte laaie onder sy vloer.

Terselfdertyd het die brandstoftenk van 60 tot 65 liter gegroei.

* Gevolgtrekking

Die X-Trail bied drie afwerkingsvlakke: XE, SE en LE. Tel mens pryse, vermoëns en toerusting bymekaar, en die X-Trail is amper soos Häkkinen: in individuele strekke baie na aan tops, en op ’n gemiddeld moontlik die beste – as hy die CR-V oortuigend in die veld kan klop.

Die waarheid is dat ons nog nie weet nie; dit sou ’n woeste uitkloptoets verg.

Wat mens egter bybly is ’n verrassend behoudende ontwerp, terwyl mens waarskynlik iets soos ’n visuele halfwegpunt tussen die Qashqai en Murano verwag het. Vir party mense sou dit ’n negatief wees.

Die positiewe lys is veel langer. Die X-Trail ry lekker, veral op grondpaaie, en hoe rowwer hoe beter. Penshoogte is goed en inval- en vertrekhoeke nie sleg nie. Die roer is goed belaai vir lekker gewig om teen te werk, maar lig genoeg teen kruipsnelhede vir maklik-parkeer. Ditto vir pedale. Die X-Trail bied ook goeie enjins en transmissie-stelsels.

Beste van alles is egter die elektronika wat drie verskillende dryfmodusse (2WD, 4WD en outo) moontlik maak. Of voeg ’n “i” agter All Modus 4x4, en jy’t heuwelbeheer ook.

Tot dusver was die X-Trail ’n gemaklike verkoopsleier in die mark vir kleiner sagte veldryers. Solank die CR-V en Honda se ongelooflike bougehalte ietwat van ’n geheim bly, het die nuwe Nissan al die ammunisie om so ’n neiging vol te hou, veral as die 2.5-liter turbodiesel van September se kant ook uit Engeland se Sunderland-aanleg ingevoer word.

Moet net nie omdraai en jou rug keer, omdat jy dink dis nog die ou model nie.

Selfs hy was goed.

Maar die nuwe is ’n hele entjie ruimer, beter en veelsydiger.

Pryse – Nissan X-Trail

2.0 4x2 XE – R255 600

2.5 4x4 SE – R325 200

2.5 4x4 LE – R352 800

2.5 CVT SE – R342 600

2.5 CVT LE – R368 100

esippel@rapport.co.za



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Is die regering te vertrou met 'n nasionale aftreefonds?
Ja
Nee
Nee, maar ek steun die idee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo