News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
    Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

26/04/2008 15:06  - (SA)  
X5 kry bi-turbo dieselkrag
Egmont Sippel    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

BMW se X6 – of dan die wêreld se eerste sport-aktiwitetskoepee – is pas in Amerika bekendgestel. Egmont Sippel was daar om hom te ry. ’n Verslag volg aanstons.

Intussen het BMW ook hul relatief-nuwe X5 plaaslik met ’n splinternuwe 3.0-liter bi-turbo-diesel toegerus.

Hierdie enjin lewer 210 kW en 580 Nm vergeleke met die 3.0-liter tubodiesel se 173 kW en 520 Nm. Dis ’n stewige verskilletjie.

Maar die wonder van die saak is hoe suinig die bi-turbo met brandstof werk. Waar die turbo-enjin 8.1 liter/100 km suip, gebruik die bi-turbo net ’n titseltjie meer: 8.2 liter/100 km. CO2-uitlate vergelyk ook baie goed: 214 g/km vir die turbo, en 216 g/km vir die bi-turbo.

En dis ’n bi-turbo (alhoewel BMW na die enjin as ’n VTT verwys, oftewel ’n twin-turbo) omdat die twee turbo’s – ’n kleintjie en ’n grote – in serie moet skakel, en níé soos op petrol-enjins, in parallel nie.

Hier’s nog iets waarop BMW klem wil lê: die X5 3.0sd (soos die bi-turbo bekend staan) versnel in 7.0 sekondes van 0-100 km/h; Audi se Q7 4.2 V8 TDI doen dit in 6.4 sekondes.

Maar brandstofverbruik lyk ietwat anders. Waar die Audi 11.9 liter/100 km suip, verbruik die 3.0sd net 8.2 liter/100 km. Dis ietwat van ’n verskilletjie wat, in terme van brandstofpryse, nogal die beursie kan raak.

Met 85 liter in sy tenk, kan die X5 3.0sd onder optimale omstandighede ook digby ’n 1000 km of dalk meer haal, voor jy weer hoef op te vul – alhoewel die lewe natuurlik nooit heeltemal so werk nie.

Die X5 3.0d se enjin is terselfdertyd effe gekikker om die nuutgevonde gehalte van Suid-Afrikaanse diesel beter te benut. Vorige kragsyfers van 160 kW en 500 Nm is na 173 kW en 520 Nm opgeskuif.

Botsveiligheid is ook met ’n nuwe koprus verbeter, en die X5 bied voortaan ’n TV-opsie.

* Die X5 3.0sd kos R652 500. ’n M-Sportpakket is opsioneel vir omtrent R50 000 beskikbaar.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo