News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Rapport-blogs
Dié wat weet sê dis die beste stry-plek in die kuberruim. Kom maak jóú stem dik!
Sondag 6 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
    Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  0°C  17°C
Kpstd  12°C  14°C
Dbn  10°C  25°C
Jhb  1°C  15°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 13:36  - (SA)  
C-klas Estate buig in SA
Egmont Sippel    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Mercedes-Benz se nuwe C-klas Estate, oftewel die stasiewa-weergawe van die C-klas, is pas in Suid-Afrika bekend gestel.

Motor-Rapport was ten tyde van die geleentheid in Amerika om BMW se nuwe X6 te beproef. ’n Volledige verslag oor die X6 volg volgende week. Intussen het ons darem die sedanweergawe van die C220 CDI-diesel vir ’n padtoets onder hande gehad. Dis dieselfde motor wat vroeër vanjaar ’n finalis in die SA Motor van die Jaar 2007-kompetisie was. Dis ’n goeie motor met vele verskuilde talente, veral wat botsveiligheid betref. Soos altyd het Benz nogmaals met nuwe, verbeterde oplossings vorendag gekom om impakskok te absorbeer, in dié geval veral in botsings van agter af. Die nuwe C-klas bied ook ’n lekker stil en gemaklike rit – en is, soos alle Mercs, uiters maklik om te bestuur. In dié opsig is dit veral die vloeiendheid van die stuur teen lae snelhede wat uitblink; die nuwe C is loutere plesier in parkeerareas, en in stadsverkeer. Ongelukkig raak die stuur ’n bietjie lig teen hoë snelhede en ja, ten spyte van ’n groter kajuit as voorheen gaan die C beknop voel as die nuwe Audi A4 middel vanjaar in onse mark verskyn. Die C-klas se grootste vaal kol is inderdaad dan ook die voorpaneel; ontwerp en materiale vertoon maar flou en goedkoop vergeleke met Audi-kajuite s’n. Soos altyd bied die C-klas Estate egter enorme pakplek, onder meer ook aangesien die Estate (teen 4596 mm) 15 mm langer as die sedan is. Dít, tesame met die langer dak, beteken dat die stasiewaens gemiddeld omtrent 150 kg swaarder as ekwivalente sedans is. Die C220 CDI en C63 AMG Estates daag eers in Julie in SA op. Intussen wissel die pryse van die res tussen R306 000 en R441 000. Dit sluit twee 4-silinder Kompressor-modelle in (albei met ’n 6-gang-handratkas of ’n 5-gang-outokas beskikbaar), asook drie V6’e, waarvan een ’n diesel is. Die V6’e dryf almal via ’n 7G-Tronic-outokas.

esippel@rapport.co.za



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Is die regering te vertrou met 'n nasionale aftreefonds?
Ja
Nee
Nee, maar ek steun die idee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo