| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
23/09/2006 19:54 - (SA)
Een miljoen wittes weg uit SA - studie PEET VAN AARDT
Dié syfer is die afgelope week bekend gemaak in 'n verslag van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRR). Veral misdaad en regstellende aksie het sedert 1995 'n vyfde van die land se wit bevolking land- uit gedryf, sê mnr. Frans Cronjé, opsteller van die verslag. Hy het 'n ontleding gedoen van Statistieke Suid- Afrika se Household Surveys tussen 1995 en 2005, emigrasiesyfers en ander betroubare ramings oor bevolkingsgetalle. Cronjé sê hy en sy kollegas was verstom oor die uitslag. "Toe ons die grafieke trek, toe sien ons byna 'n hele geslag wit Suid-Afrikaners is nie meer hier nie," sê hy. Die SAIRR se bevolkingspiramide van wit Suid- Afrikaners toon 'n duidelike verlies aan jong mense en kinders onder tien. Die 2005-syfers stel die aantal wit Suid-Afrikaners in die land op 4,3 miljoen, 841 000 minder as die 5,2 miljoen van 1995. Cronjé glo die daling kan grootliks toegeskryf word aan emigrasie. Trouens, hy glo die werklike emigrasiesyfer is nader aan 'n miljoen as 'n mens die normale bevolkingsaanwas van die oorblywende wittes in ag neem. Cronjé voorspel die wit bevolking gaan aanhou krimp. En, sê hy, dié situasie het verreikende gevolge vir die ekonomie. "Die wit bevolking raak al hoe ouer, wat beteken die wit belastingbetalers gaan nog net sowat twintig jaar bydra tot die ekonomie. Daar sal 'n enorme instroming van vaardige werkers moet wees om daarvoor te vergoed. Dit is ongelukkig nie die geval nie." Weens die ongelykhede van die verlede is die opleiding van die meeste swart kinders nog nie op peil om dié leemte te vul nie. Verlede jaar, byvoorbeeld, het net 3 000 swart leerlinge matriek met wiskunde in die hoër graad geslaag, sê Cronjé. Die meeste van die wit landverlaters is ekonomies produktiewe mense, sê mnr. Marco Macfarlane, mede-opsteller van die verslag. In die laaste dekade het die getal swart ekonomies aktiewe mense wel met 81% gestyg. Sommige hiervan is mense wat tot die hoëinkomste- groep toegetree het waar swart mense nou 'n derde van die topverdieners uitmaak. Wittes verteenwoordig egter steeds meer as die helfte van dié groep. Indiërs maak amper 7% van die hoëinkomstegroep uit, en bruin mense minder as 6%. Die res van die swart toetreders tot die arbeidsmark is bedrywig in die informele sektor, wat nie noodwendig belasting-inkomste lewer nie. "Swart mense betree wél die ekonomie met 'n stewige spoed, maar van die ekonomiese middelklas (die land se grootste belastinggewers) beslaan swartes steeds net 1%." Volgens Macfarlane is misdaad en regstellende aksie die vernaamste redes vir die uittog van wittes. "En omdat die misdaadsyfers nie vinnig gaan daal nie en regstellende aksie nie stopgesit gaan word nie, gaan nóg meer wittes loop. Die jong mense meen hulle word gestraf vir wat in die vorige bedeling gebeur het. Hulle is kwaad, want hulle voel hulle het nie 'n aandeel daaraan gehad nie." Volgens die verslag is die ouderdom van die meeste van die emigrante tussen twintig en veertig jaar. "Hierdie is die groep wat kinders kry en die bevolking laat groei, maar nou kry hulle hul kinders oorsee. En hulle kom nie terug nie. Dit beteken die wit gemeenskap gaan net aanhou krimp." Die afname van die wit bevolking in die dekade tot 2005 word op 16,1% geraam.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|