| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
21/07/2007 20:15 - (SA)
Skok-knuppeldood vir duisende
In skokkende beeldmateriaal wat die afgelope week deur die nie-regeringsorganisasie Seal Alert aan Rapport verskaf is, kan gesien word hoe robbe in Namibië onder robjagters se knuppels deurloop. Die Namibiese jagseisoen vir robbe het begin Julie geopen en duur tot middel November. Sommige van die geteikende 86 000 robbe sal geskiet word, maar die meeste word doodgeslaan. Die land se visbedryf is aan die taan en die robbe kry die skuld daarvoor. Hulle verorber sowat 900 000 ton vis per jaar, het Namibië se minister van inligting, Netumbo Nandi-Ndai-twah, verlede maand aan die plaaslike koerant Allgemeine Zeitung gesê. Dit is sowat ’n derde van Namibië se totale visbedryf. Nie minder nie as 80 000 suigelinge en 6 000 bulle per jaar sal in die volgende drie jaar geteiken word. Die bulle is veral gesog vir hul geslagsdele, ’n gewilde doepa in Asië; die babas vir hul pels. Robjagters het hierdie seisoen reeds digby 12 000 robbe doodgeslaan. Die robkolonies by Kaap Kruis en Atlas-Bucht word geteiken. Toegang tot die gebiede waar die slagtings plaasvind, word glo streng beheer. Die regering reken daar is sowat 650 000 volwasse robbe en 205 500 suigelinge in dié twee kolonies. Kaapse pelsrobbe – wat deur die Namibiese regering geteiken word – is ’n beskermde spesie in Suid-Afrika en is ook ingevolge die konvensie oor internasionale handel in bedreigde spesies (Cites) ’n bedreigde spesie. ’n Menigte van dié robbe migreer jaarliks tussen die Suid-Afrikaanse en die Namibiese kus. Die robbe en hul suigelinge word gewoonlik met haakknuppels doodgeslaan en dan in die hart gesteek om te verseker dat hulle dood is. Mnr. Francois Hugo, robaktivis van Seal Alert, sê die doodslanery word as “die aanvaarbare metode” beskou om robbe uit te dun. “Dit gaan nie soseer oor die beskerming van die pels nie. Die kolonies spat uitmekaar as daar op hulle geskiet word. “As babarobbe geskiet word, trek die koeëls gewoonlik deur hulle en wond ander robbe. Om robbe te skiet, word ook as ’n vermorsing van geld beskou.” In Kanada word 90% van die robbe wat geteiken word, geskiet, terwyl 90% van die teikendiere in Namibië doodgeslaan word. “Waar die Namibiese robslagting ses maande duur, duur Kanada se seisoen net drie weke.” Die doodslaan van robbe dateer van die 1400’s, toe daar begin is om robkolonies van eilande te verdryf, sê Hugo. Seal Alert probeer die Nami-biese regering al ’n jaar oorreed om die uitdunning te beëindig. Dié massaslagting het ook al in Nederland en Duitsland opslae gemaak. Die afgelope week het mnr. Jeff Ray, spesiale taakmaglid van die Nasionale Oseanografiese en Atmosferiese Administrasie (NOAA) in Amerika, ook ’n ondersoek na die uitdunning begin. Een van die plekke waar uitdunning plaasvind, is bekend as die Sperrgebiet, waar die De Beers-filiaal Namdeb diamante ontgin. In ’n verklaring op sy webtuiste distansieer die diamantreus hom van die slagting en sê die grond behoort nié aan die onderneming nie. Volgens mnr. Naudé Dreyer, toergids van Mola Mola Safari’s, word die uitdunnings soms uit verband geruk. Dié toeronderneming spesialiseer in robtoere en Dreyer kry daagliks met die robbe te doen. “Ons sien nie minder robbe nie – hulle word net méér. Boonop geskied die robslagtings onder die toesig van natuurbewaarders.” Dreyer sê sowat 300 000 robbe het verlede jaar gevrek – juis weens die oorbevolking van robkolonies aan die Namibiese kus.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|