| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
21/07/2007 20:15 - (SA)
‘Maklik’ om deel van uitdun te wees PEET VAN AARDT en MARTHINUS VAN VUUREN
Vakansiegangers wat hul skoene wil gaan uitskop en in Namibië wil ontspan, kan nou ook, vir ’n paar rand ekstra, babarobbe jag. Die luukse Cape Cross Lodge naby Hentiesbaai bied die ywerige babarobjagter die geleentheid om vroegoggend te gaan deelneem aan dié land se omstrede jaarlikse uitdunning van duisende jong Kaapse pelsrobbe. Dié jagpakket, wat slegs $40 (R280) per toeris en nog $10 (R70) per motor kos, sluit ook ’n .22- geweer met ’n knaldemper in, alles gereël deur die hotel. Dít ongeag noodkrete wêreldwyd dat Namibië die uitdunning moet beëindig. Namibië is die enigste land ter wêreld wat nog toelaat dat die diere doodgeslaan word. Ander lande het reeds in 1987 opgehou met die uitdunning. ’n Ontvangsklerk by Cape Cross Lodge het die afgelope week onwetend met Rapport gepraat en erken dat, hoewel die hotel dit nie openlik adverteer nie, ’n robbejag “sommer maklik gereël kan word”. “Julle moet net bereid wees om vroeg op te staan, want die uitdunning begin om vyfuur en duur vir so vier uur,” het hy verduidelik. Op die vraag of dit moeilik sal wees om dié uitstappie te reël, het die klerk gelag en gesê: “Nee wat, ons ken die een direkteur van die robfabriek persoonlik.” Dié direkteur, wie se naam aan Rapport bekend is, is glo die eienaar van ’n fabriek wat verskillende produkte van robbe maak, van skoene tot grimeermiddels en bestanddele vir hondekos. Hy is glo ook ’n aandeelhouer in die Cape Cross Lodge. Toe Rapport ’n dag later amptelik oor dié jaguitstappies navraag doen, het mnr. Steven Lombard, administrasiebeampte van die hotel, dit ten sterkste ontken. “Ons neem bloot ons gaste om na die robbe te gaan kyk. “As hulle wil jag, moet hulle dit self by die fabriek reël. Ons het nie eens permitte daarvoor nie,” het hy gesê. Volgens Cape Cross Lodge se webtuiste moet alle besoeke aan die robkolonies eers deur die ministerie goedgekeur word. “Dis belaglik! Hulle moor babarobbe uit en maak dit deel van hul toerisme-trekpleisters,” het mnr. Francois Hugo, stigter van Seal Alert SA, gesê. Hoewel die uitdunning baie groepe en lande aanstoot gee (Nederland het verlede week een van die lande geword wat die invoer van robprodukte verbied), is dit nie in Namibië onwettig verklaar nie. Die land verdien omtrent N$5 miljoen (R5 miljoen) per jaar uit robprodukte. Seal Alert en die Nasionale Dierebeskermingvereniging (NSPCA) hou môre ’n vergadering met dr. Abraham Iyambo, Namibiese minister van vissery en mariene-hulpbronne, waar hulle by die regering wil pleit vir die afskaffing van robuitdunningspraktyke. “As ons nie regkom nie, gaan die Namibiese tak van die Dierebeskermingsvereniging ’n hofbevel teen die regering aanvra,” sê Hugo.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|