| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
08/09/2007 18:54 - (SA)
Al hoe meer arm wittes
Ry van Danville in Gauteng se Tshwane-distrik af deur die Daspoort-tonnel na Booysens, Pretoria-Tuine en Daspoort. Hier is die erwe redelik groot, maar kyk anderkant die heinings en jy sien dalk die Wendyhuisies, krotte, woonwaens en selfs tente ingeprop agter die hoofhuis. En dis maar net enkele voorbeelde van hoe die gesig van armoede in Suid-Afrika verander het. Armoede raak weliswaar alle Suid-Afrikaners, maar alle armes is nie meer swart nie en alle rykes nie meer wit nie. Trouens, ’n nuwe armblankevraagstuk, met krotbuurte soos dié van ná die Anglo-Boereoorlog en die Groot Depressie toe mense van die platteland en plase na die stede gestroom het, is aan die ontwikkel. Wit bedelaars op straat of by verkeersligte is lankal nie meer ’n vreemde gesig nie en volgens die jongste amptelike syfers van Statistieke Suid-Afrika is daar tans 990 000 werklose wit mense. Hiervan is 380 000 mans en 610 000 vroue. Sowat 7 000 wit gesinne is onder die honderdduisende Suid-Afrikaners wat in ’n plakkershut, informele struktuur, tent of woonwa woon. Nog 11 000 tot 12 000 wit gesinne deel kamers en woonruimte. Drie jaar gelede het prof. Lawrence Schlemmer al daarop gewys dat 430 000 van die 4,5 miljoen wit mense in die land te arm is om in die histories wit gebiede te woon. Volgens dr. Dawie Theron, uitvoerende sekretaris van Solidariteit se Helpende Hand-fonds, neem die behuisingsituasie nou kritieke afmetings aan. “En die misbruik van spesifiek die Afrikaanssprekende wit mense deur mede-Afrikaners stuit ’n mens teen die bors.” Hoewel dit onregverdig is om alle skuilings en huiseienaars oor dieselfde kam te skeer, is dié haweloses se nood vir menige opportunis net nog ’n manier om vinnig geld te maak, sê hy. Weens die toename in wit haweloses het die aantal skuilings die afgelope vier jaar beduidend toegeneem, en nie almal is ewe geskik as leefruimte nie. In Daspoort, Pretoria, woon meer as twintig wit mense saam op een erf. Die meeste is afhanklik van ’n ongeskiktheidstoelae van R870 per maand, van die ander is bejaardes wat leef van hul maandelikse staatspensioen van R820. Hiervan betaal hulle maandeliks R590 vir blyplek en een ete per dag. Op my besoek hier die afgelope winter het ’n bejaarde vrou in haar Wendyhuisie onder ’n duvet gesit en koud kry. Agter haar teen die houtmuur was ’n getekende plakkaat van die Suid-Afrikaanse country-sanger Ken Mullan. Om die hoek het ’n man in die son aan fietse gekarring wat hy herstel vir ’n bykomende inkomste. Noord van Pretoria lewe 75 mense op ’n hoewe. Hier betaal ’n afgetredene R350 per maand, terwyl die res vir hul kos en blyplek moet werk. ’n Kerk het onlangs ’n kombuis en toilette hier kom inrig. Kragkabels na die huisies, vervalle geboutjies en Wendyhuise op die perseel is onbeskermend op die grond aangelê waar kaalvoet kinders, hoenders, varke en bokke rondloop. In kontras hiermee is die skuiling etlike kilometers daarvandaan, met behoorlike strukture, ’n skoon en netjiese toevlugsoord waar die haweloses onder meer bemagtig word en nuwe vaardighede aanleer. Dis slegs vir mans en elkeen het ’n dagtaak. Daar is inwoners wat hier opgelei is om die kos te berei in ’n goed toegeruste boskombuis. In een van die geboue sit ’n span elke dag plastiekblomme aanmekaar vir ’n vervaardiger van plastiekruikers vir grafte. Hulle betaal maandeliks ’n deel van hul inkomste aan die skuiling. ’n “Kampkommandant” aangestel wat dissipline moet handhaaf en onderlinge struwelinge moet oplos. Net agter Danville in die weste van Pretoria is die kultuurhistoriese Wesfort, wat in 1898 as die “Leprosen-gesticht” opgerig is. Sedert Wesfort se deure in 1997 amptelik gesluit is, was dit ’n spookdorp totdat haweloses van alle rasse en ouderdomme daar ingetrek het. Die laaste paar maande het meer as 1 250 gesinne – sommige van hulle met nege kinders – na Wesfort gestroom. Van die mense daar het selfs van die enkelbadkamers in die ou hospitaalgeboue beset. Planke wat op die baddens geplaas is, is hul beddens. Daar is tans meer as 300 kinders, van wie sommige in Danville op skool is. In die buurt met die ironiese naam Pretoria-Tuine staan ’n huis as voorbeeld van hoe uitgelewer hawelose mense aan “grondbaronne” kan wees. Die huis bestaan uit sewe slaap-kamers wat vir R1 800 per maand per kamer aan gesinne verhuur word – water en ligte ingesluit. Dié onderverhuring bring die eienaar sowat R12 600 per maand in die sak. Agter die huis is die motorhuis in woonplekke omgeskep waar twee gesinne met vier kinders teen R1 800 per maand elk bly. Die ou buitetoilette is ook ingerig as kamers. Op dié klein oppervlakte bly vyf mans en ’n bejaarde vrou. Hulle betaal R450 per persoon vir die blyplek. Heel agter op die erf is drie woonstelle – of eerder pondokkies – wat elk bestaan uit ’n kombuisie, slaapkamer en badkamer wat aaneen is. Een van hulle is so groot soos ’n standaard-motorhuis. Die krag word van die hoofhuis herlei en die huurgeld is ook R1 800 per maand. Langs die pondokkies in die agterplaas is ’n graslapa wat toegemessel is waar een mens tans bly. Daarin is ’n wasbak, stort en bed en dit kos ook R1 800 per maand. Bogenoemde is maar net ’n paar voorbeelde van wat landwyd in Suid-Afrika aan die gang is. Daar is geen beheer nie en die mense wat in sulke haglike omstandighede lewe, is meestal te bang om oor hul lot te kla. Die kanse is skraal dat die regering sal ingryp soos in die vorige armblanke-vraagstuk. Gemeenskappe sal daarom self betrokke moet raak by hulpverlening aan en die opheffing van hul land-genote. Ons kan nie anderpad kyk en reken dit is nie “ons probleem” nie. Die artikel is ’n ingrypend verkorte weergawe van die oorspronklike, wat gevolg het op ’n ondersoek deur De Wet Potgieter, nuusredakteur in die vakbond Solidariteit se kommunikasie-afdeling.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|