News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Landi en Ard op Facebook betrap
Foto's wat onlangs op Facebook geplaas is het die vermoede bevestig...supermodel Landi Swanepoel en Ard (van Just Jinger) is 'n paartjie!
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 31 Augustus 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
In Diepte
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  24°C
Kpstd  13°C  19°C
Dbn  11°C  30°C
Jhb  8°C  26°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

15/12/2007 18:05  - (SA)  
Geblikte-leeujag verdubbel in 1 j.
Maryna van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Vryburg

Die jag van halfmak leeus in Noordwes het vanjaar meer as verdubbel vergeleke met die getal wat verlede jaar hier doodgeskiet is.

Na raming is duisend geteelde leeus in aanhouding in 2007 in die provinsie gejag teenoor die 423 leeus wat verlede jaar gejag is.

Groot mannetjies is feitlik onverkrygbaar, terwyl die leeujagpryse vir oorsese jagters vanjaar ook die hoogte ingeskiet het.

Botswana het in November amptelik ’n verbod op die jag van leeus ingestel. Daar is net sowat 3 000 vrylopende leeus in dié land oor.

Maar in Noordwes word meer as sewentig halfmak leeus per maand gejag.

Die meeste leeus kom van die Vrystaat af.

Sowat 5 000 halfmak leeus in die Vrystaat en Noordwes teel in aanhouding.

Jagters van Amerika het vanjaar glo op sommige jagplase in Noordwes tot $50 000 (omtrent R350 000) betaal om ’n leeu te skiet.

Nuwe regulasies oor die jag van groot roofdiere wat die sogenaamde geblikte jag moet beëindig, tree op 1 Februarie in werking.

Kragtens dié regulasies sal leeus eers 24 maande vrylopend moet wees voordat hulle gejag mag word.

Die leeutelers se hooggeregshofsaak teen dié wetgewing is steeds hangende.

Die leeujagbedryf van baie miljoene rande is die afgelope dekade gekenmerk deur skandale weens onetiese jagpraktyke.

’n Ondersoek na ’n natuurbewaarder-egpaar van Vryburg, mnr. Wimpie en mev. Esther Weideman, is tans aan die gang.

Die Weidemans sal vroeg in 2008 dissiplinêr verhoor word nadat hulle in Oktober geskors is toe ’n leeuboer van Kroonstad, mnr. Piet Swart jr., met ’n wavrag vol leeus in Vryburg voorgekeer is.

Swart het nie ’n vervoerpermit gehad nie en moet op 28 Maart 2008 weer in die hof verskyn. Van die klagte teen die egpaar hou glo verband met beweerde omkopery.

Mev. Carla van der Vyver, ’n voormalige hoof van die departement natuurbewaring in Vryburg, sê die halfmak-leeubedryf kan met die diamantbedryf vergelyk word.

“Dit is onmoontlik om die onwettige leeutelers vas te trek omdat die gebied so uitgestrek is. Daar is maar vier natuurbewaarders en vier bestuurders in die hele provinsie,” sê sy.

In die Vryburg-distrik word 66% van Suid-Afrika se plaasleeus gejag.

“Die leeubedryf is daarop ingestel om vinnig ryk te word en groei jaarliks sedert 1994.

“Daar is steeds onetiese jagmetodes soos verdowing en om leeus met buit te lok.

“Selfs met die uitreiking van die nodige permitte kan daar onwettighede plaasvind,” sê Van der Vyver.

* Noordwes het 52 leeuteelplase, waarvan 20 leeujagplase is. In die Vrystaat met sy sowat 120 roofdiertelers word tot 40 leeus per week na Noordwes vervoer.

Net sowat dertig leeus is vanjaar op drie leeujagplase in die Vrystaat geskiet. Nuwe permitte vir leeutelers word steeds in die Vrystaat uitgereik.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Piggs Peak Casino
Internasionale Lotto
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Rapport-foto's
    Stem
Die hoofoorsaak van jeug-geweld is:
Onbetrokke ouers
die algehele wetteloosheid in SA
Gebrek aan dissipline in skole

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo