News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Rapport-blogs
Dié wat weet sê dis die beste stry-plek in die kuberruim. Kom maak jóú stem dik!
Sondag 6 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  0°C  17°C
Kpstd  12°C  14°C
Dbn  10°C  25°C
Jhb  1°C  15°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

23/02/2008 21:56  - (SA)  
Uitvinder wat vermistes kry, sê hy kan kanker bespeur
Maryna van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Danie Krugel, die Bloemfonteiner wat wêreldwyd bekendheid verwerf het met sy unieke opsporingstoestel, het nou 'n elektroniese toestel ontwerp wat kanker in die liggaam kan opspoor. Dié toestel op Krugel se skoot is voor 'n internis van Bloemfontein getoets wat hom buisies bloed van kanker-pasiënte en gesonde mense gegee het. (Foto: Maryna van Wyk)

Verwante Berigte
  • Mediese fakulteit skepties-optimisties

  • Bloemfontein

    Die Bloemfonteiner wat wêreldwyd bekendheid verwerf het met sy DNS-opsporingstelsel om vermiste mense te vind, glo sy nuutste uitvinding kan kankerselle in die menslike liggaam opspoor en dokters help om kanker gouer en vroeër by pasiënte te identifiseer.

    Mnr. Danie Krugel was die afgelope jaar gereeld in die media-kollig nadat hy die lyk van die vermiste Naledi Ntebele (5), wat buite Brandfort vermoor en verkrag is, binne 30 minute met sy DNS-opsporingstelsel gevind het.

    Krugel het ook onlangs ’n gebied in Portugal uitgewys waar hy glo die vermiste Britse meisie Madeleine McCann se lyk is.

    Hy was ook in die nuus toe hy in die soektog na slagoffers van die pedofiel Gert van Rooyen beendere met sy toestel uitgewys het.

    Krugel het die afgelope week sy nuutste uitvindsel aan ’n Bloemfonteinse internis, dr. Frieda Pienaar, gedemonstreer.

    Pienaar het verskeie bloedmonsters van pasiënte wat aan kanker ly aan Krugel gegee, asook ’n paar buisies wat die bloed van gesonde mense bevat het.

    Tydens die toetse in Pienaar se spreekkamer het Krugel die buisies bloed een ná die ander voor sy klein elektroniese toestel gehou.

    Die toestel, wat met data van sekere kankersoorte gelaai is, het aangedui of kankerselle teenwoordig is.

    Die toestel het geen reaksie getoon nie wanneer ’n buisie kankervrye bloed daarvoor geplaas is.

    Krugel sê die inhoud van sy silwer tassie is nog ’n groot geheim, want sy uitvindsel is nog nie gepatenteer nie.

    Hy was wel bereid om te sê dat hy die beginsel toepas waarvolgens dieselfde soort materie onderling kommunikeer.

    Krugel het die toetse die afgelope week in Rapport se teenwoordigheid herhaal.

    In een van die buisies was ’n speldekop-grootte borskankergewas. Die toestel het deur ’n aanwyser aangetoon dat kanker in die buisie teenwoordig is.

    ’n Buisie met bloed van ’n gesonde mense is toe aan Krugel gegee om te toets.

    Hy het nie geweet wat die bloed se status is nie. Die toestel het die koeranttoets geslaag en nie gereageer nie.

    Oor sy nuutste uitvinding sê Krugel hy kan kanker in ’n radius van 4 m opspoor.

    Hy het die toestel drie maande gelede begin ontwerp en dit selfs al op mense getoets. “Die toestel het groot moontlikhede. Dit kan selfs moontlik wees om data van ander siektes op my toestel te laai. Sodoende kan siektes baie vroeër gediagnoseer word en behandeling gouer begin,” sê hy.

    Pienaar, wat die afgelope vyftien jaar spesialiseer in endokrinologie en siektes soos bloedkanker en diabetes, sê selfs bloed van pasiënte wat byna van kanker genees is, het ’n reaksie van Krugel se toestel ontlok.

    “So ’n toestel kan dokters in spreekkamers gouer help om kanker op te spoor sodat verdere toetse gedoen kan word.”



    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
    Werkgeleenthede
        Stem
    Is die regering te vertrou met 'n nasionale aftreefonds?
    Ja
    Nee
    Nee, maar ek steun die idee

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo