News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

15/03/2008 20:42  - (SA)  
Feesgangers – nie terroriste
Marlene Malan    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Breyten Breytenbach

Verwante Berigte
  • Video: Matie-skriknag
  • Maties geskop, gevloek in klopjag op kuierplekke
  • Woede oor polisie-oormag wat studente oorrompel

  • Stellenbosch

    Die bekroonde Nederlandse romanskrywer Tommy Wierenga sê die “staatsgeweld” van die Suid-Afrikaanse polisie in studente-kuierplekke in Stellenbosch was onnodig en die polisie se verklarings agterna oor hul optrede deurspek met leuens.

    Dié skrywer van die topverkoper Joe Speedboot en RTL Boulevard vertel in die Nederlandse koerant Privé “hulle kom daar met outomatiese wapens” en skiet in die plafon – altesame drie haelgeweerskote – en sê: “Lê, meneer, lê!”

    “Die geheime agente storm die kroeg vol feesbesoekers in asof hulle terroriste is. Party kry pepersproei in die gesig. Party word mishandel. Een vrou word aan haar oor na buite gesleep. Tientalle mense kla oor die brute polisiegedrag.

    “Die polisie sê dis nodig omdat dié plekke ‘aardige’ hoeveelhede dwelms het. Maar dis ’n paar stokkies, niks meer nie.”

    Die vonds: altesame 150 g dagga.

    Sommige studente het verstar gesit en gedink dis ’n grap.

    ’n Groep studente het aan Rapport gesê hulle het gedink dis rowers wat in polisiedrag vermom is weens al die geweld, wreedaardigheid en kru taal.

    Wierenga wou eers nie gaan lê nie, maar het van plan verander toe ’n vuurwapen op hom gerig is. Van die studente is geskop en op ’n paar se koppe is met swaar stewels getrap. Die vooraanstaande Vlaamse digter Dirk van Bastelaere en sy Duitse vriendin, Julia von Delhaes-Guenther, het ook deurgeloop.

    Dirk het gevra “wat aangaan” en ’n hand op die kraag gekry wat hom teen ’n muur gesmyt het. Hy het uitgeroep: “Ik ben een Belg, ik heb rechten!”

    Wierenga skryf in ’n rubriek in De Telegraaf wat vir hom die vreemdste is, is dat dit gebeur “in een artificiële oase. Van Bastelaere en ik waren te gast bij het Woordfees, een literair festival, en hadden juist voorgelezen in de schouwburg.

    “Van het podium naar de vloer van de discotheek was nogal een tuimeling. Het wisselgeld voor vier tequila’s heb ik, net als de drankjes moeten achterlaten. Jammer van mijn lichte linnen pak ook.”In Nederland en België het berigte oor die debakel in De NRC Handelsblad, De Morgen, De Pers en Privé verskyn. In Suid-Afrika het die digter Breyten Breytenbach sy oorsese literêre vriende in ’n brief in Die Burger om verskoning gevra vir “die varke in koeëlvaste uniforms wat met julle en julle vriende gemors het. Dit is ons varke.” Breytenbach sê verder “Rome is nie in ’n dag afgebrand nie”. Volgens die Woordfees-voorsitter, prof. Dorothea van Zyl, het die Belgiese konsul-generaal, mev. Ida Verlinden, reeds met haar in verbinding getree. “Sy wil ’n skriftelike verduideliking hê.”


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    Stellenbosch optrede, 20/03/2008, Polisieman
    Dit was vir my, as `n trotse lid van die SAPD ook skokkend om die beeldmateriaal, foto`s en kommentaar te sien / lees rakende die optrede by die nagklubs in S/bosch. Almal het nou `n eier te le oor die SAPD- slapgat, varke- om maar net `n paar name te noem wat ek toegevoeg is. Ongelukkig maak die gesegte van 1 appel maak die mandjie vrot weereens `n draai in die storie. Die punt is eenvoudig: Daar is baie van ons "varke" in die blou uniform wat trots is op ons werk, nie betrokke is by sulke optredes of ons daarmee wil vereenselwig nie. Ons is steeds bereid is om ons lewens dag en nag op die spel te plaas om die land van ons 1n veilige plek te maak. Moet asseblief nie alle lede onder dieselfde kamp skeer nie- dit maak vir die van ons wat lojaal is seer.
    Maties Geweld, 19/03/2008, frans
    Al wat ek kan se waar ek hier sit is ek is absoluut verstom, dit is duidelik dat die boodskap aan die "manne" voor die tyd was om hard in te gaan en agressief, ek wonder of daai ou sy vrou ook so by die huis slaan soos daai arme girl wat op die video grond toe gepluk word. Weereens ek is verstom
    Wolf in skaapklere, 16/03/2008, Charl
    Dit is tipies van 'n polisiemag met 'n swak selfbeeld. Hulle weet hulle is pateties en oneffektief en dat hulle die respek van die Suid Afrikaanse samelewing kwyt is. Hulle het hulle greep op die misdaadsituasie in Suid Afrika verloor en tree nou op soos gefrustreerde grootmenere wat moet boelie om beter te voel oor hulle self. Maar dis wat jy kly as jy vir wolf skaapklere gee. Wat meer is, van hierdie vergrype sal ook niks word nie. Alles word mos onder die mat ingevee deur 'n interne ondersoek wat 'n muis baar. En onsself vergeet daarvan, want binnekort word hierdie een opgevlog deur 'n nog erger vergrype wat hierdie na 'n vulletjie laat lyk. So werk dit mos in die moderne Suid Afrika.
    Ware Beeld Geskep, 16/03/2008, boeretrooskoerant
    'n Baie grusame, maar ware beeld is geskep wat die brutaliteit van 'n onbeheersde en onversadigbare bose mag wat in Suid-Azania teenwoordig is - ten toon stel.
    Belaglik, 16/03/2008, Jan Boland
    Dit het die SAPD seker ver meer as R100 000 gekos om die klopjag uit te voer om kwansuis op 'n R100 se dwelms beslag te le wat hulle miljoene aan siviele eise gaan kos. (Sekerlik nog "geplant" ook) Welgedaan julle boelies! Dit terwyl julle verby hoeveel tik fabrieke en parkeer area dwelm verkopers moes ry om by die' sagte teikens uit te kom. En dan sit julle bevelvoerder lekker en lieg oor hoe julle nie skote deur die dak sou skiet nie! Sofer ek weet is dit steeds 'n misdryf om 'n vuurwapen in 'n beboude gebied af te vuur. Skaam julle ...
    die polisie - wolf in skaap klere, 16/03/2008, GJ Lubbe
    Dwelms, die sogenaamde rede vir militaristiese optredes en taktiek? Die dorp waarin ek woon (en ander dorpe en stede in hierdie land) is besmet met insuipelaars wat maai onder SA se jong mense - die ware dwelmsmouse, veral uit Nigerie. 'Sou graag wou sien hoe hierdie 'brawe manne' teen gesoute kriminele en regte misdadigers vaar, of is dit reeds duidelik dat die polisie geen manne-moed het om 'die groot kanonne' aan te vat nie? Lafaards is hulle, wat op sagte teikens prooi, terwyl 52 mense vandag vermooor gaan word en nie 'n woord op SA-TV of internasionale-TV gerep gaan word nie.
    VERGELDING?, 16/03/2008, Highlander
    Ek wonder of hierdie barbaarse optrede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie verband hou met die onlangse gebeure by Kovsies nie. Is dit die begin van 'n geokestreerde vergeldingsoptrede teen sekere universiteite?
    Stellenbosch polisie optrede, 16/03/2008, frikkie botes
    die polisie is so swak in suid afrika,hulle kan nie hulle krag teen die booswigte bewys nie,daarom moet hulle dit gaan wys teen studente. die polisie het heeltemal slapgat geraak
    Skokkend, 16/03/2008, JP
    Dion jy is reg, dit is skokkend om te sien hoe sekere polisielede optree en jong mense hanteer asof hulle geweldadige misdaadigers is, maar om alle polisielede onder een kam te skeer is totaal en al belaglik. Dalk moet jy minder skaam kry tussen jou "internasionale" vriende en na jou spelling kyk ! Dit is iets om oor skaam te kry. Nee ek is nie n lid van die polisie nie en keer dit wat gebeur het glad nie goed nie maar is regverdig en kasty nie all polisielede nie.Daar is van hulle wat hul werk reg doen !!!
    weereens opleiding ??, 16/03/2008, Johann
    In 'n oorlog situasie tree jy verrassend en sekuur op maar nog steeds profesioneel, so word jy opgelei , in 'n kroeg situasie waar daar vermoede is van dwelms , doen jy eers spioenasie werk , en dan tree jy toe op die wat wel skuldig is , jy gatecrash nie 'n kroeg vol internasionale bevolkings nie , nogal by die woordfees en tree dan so onprofesioneel op nie. WIE GEE DIE OPLEIDING?????
    Oordeel - Mnr Polisieman -Oordeel, 16/03/2008, Jack
    Die is grap, groot grap, ek dink die SAPD voel al so goed om gesig te verloor hulle sal nooit eers weer met plastiese snykunde nuwe gesig kan he nie, jammer almal is nie so, maar dit wil voorkom die meeste strategiee ly aan oordeels gebrek. Ek wonder maar net, resultaat gemeet aan inset...toegerus met wapens, koeelvaste baadtjies en massa, saam met die nodige ego en geweld en dit is die resultaat...nee wat Mnr SAPD, stert tusse die bene maak dat julle die modus-operandi van skelms volg en dit is blatant lieg ter regverdiging. Die realiteit mis dat dit kan soos mis voor die son verdwyn vir julle en julle kan eie gewetes sus deur dit met 100 redes te regverdig, instede van een rede om te se ons doel was reg maar ons manier was totaal onvanpas, die uiteinde is die skade wat julle berokken itv buitelandse toeruste spesifiek in die feesplek. Ons is 'n pragtige demokratiese land maar die metodes is steeds van pas...Gaan lees die boek van De Wet Potgieter - 'TOTALE AANSLAG' die optrede is sinoniem met dit in die donker jare van ons land, steeds volg ons die metodes, wil voorkom die spel reels is alles dieselfde, so ook die truie net die spelers het verander. Waar was die dae wat die Narkotika Tak wat ontbind is agv die nie nodigheid en gebrek aan fondse, op meer georganiseerde basis hul taak gedoen het en meer as die oeps..150g dwelms gekry het...en selfs sonder enige gefladder in die duiwehok. Mnr Polisie man ....ek wonder maar net, ja sulke optredes is nodig maar die skaal van en die manier..moet regtig meer as 150g se resultaat gelewer het, ek dink julle het regte pre-1994 adrenalin rush gewen, en stert tussen die bene...met dieselfde ywer sou julle ver meer punte gewen het sou julle dieselfde mannekrag gebruik het op die persone wat skedule 1 misdrywe pleeg..u weet mos wat is dit of kort daar ook oordeel. U sien Mnr Polisieman...ek weet en u weet...dat 5 manne van die destydse Narkotika sou tussen die mense gewees het sonder enige geweld en die resultaat gewaarborg, baie groter fonds en selfs die vervaardiger en verspreider vas getrap het instede van net die gebruiker,en die lekker van geen gekneusde ego, of wrang smaak teeoor ons SAPD nie...Ek wonder maar net??????? Maar Dankie Mnr Polisieman, sal dit ooit kan gebeur dat kinders..jou kan nader en vra "Is jy Polisieman, en jy die kind kan antworod ja ek is, wel my Ma het egse as ek probleem het moet ek jou om hulp vra, en jy sal antworod wat kan ek mee help, en die kind onskuldig gaan vra maak asb my skoen veter vas" - ek wonder, word daar steeds opgekyk.
    Klein mannetjies wil ook partymaal groot voel, 16/03/2008, Jackie
    Regte misdadigers is gewapen en verset hulle as die polisie hulle sou lastig val. Om regte misdaad te ondersoek is ook harde werk. Die publiek kritiseer die polisie oor hulle oenskynlike onvermoee om misdaad te verminder en daarvan hou die polisie niks. Hulle gaan ruk dan ?n paar gewone mense rond sodat die publiek kan sien hulle is "on the beat". O ja, en daar is nie georganieseerde misdaad by OR Tambo nie en varke kan vlieg.
    Stellenbosch Bohemia Feesgangers, 16/03/2008, Kobus
    As 'n "expat" Suid Afrikaner steek ek my kop in skande vir my eie land. Ons voornemende toeriste na Suid Afrika word hier so oor misdaad, polisie-geweld, rowery as jy by jou hotel, vanaf die lughawe in JHB, aankom, ens. ingelig dis net nie waar nie. As ek 'n toeris is wat beoog dat SA is my volgende vakansie, moet ek tweekeer dink. Het ons Suid Afrikaanse Owerhede die integriteit om hierdie besoekers aan ons land skriftelik om verskoning te vra dat hulle so "mishandel" was? SAPD en seuns, julle doen goeie werk, onder moeilike omstandighede, maar maggies julle is nie 'n klomp "Cowboys" nie. Julle is soos 'n klomp stout seuntjies wat in ma se sitkamer "Cowboys & Crooks" wil speel. Pasop as sy julle vang gaan sy julle hardm@@r !!
    Polisiegeweld, 16/03/2008, JOHAN NEL
    Ongelukkig is daar polisie wat dink as hulle uniform aanhet is hulle die kat se snor en kan doen wat hulle wil. Wonder wat sal hulle doen as hulle alleen en in privaat drag is. Sal hulle nog so groot meneer wees?
    ONAANTASBAAR, 16/03/2008, Murphy
    Hierdie voorval gaan weereens deur die SAP en hul politieke leierskap toegesmeer word en geen optrede teen individuele lede van die SAPS gaan geneem word nie. "They are untouchable"
    polisie boewe, 16/03/2008, kobus spies
    as die polisie groter boewery pleeg as die skerpioene, is die inlywing van die skerpioene mos 'n PROMOSIE vir hulle! Waarom is hulle ongelukkig? omdat hulle boewery in uniform voortgesit moet word? Wetstoepassing is 'n groter probleem as geweld en misdaad saam in die wonderlike land van ons! Die wetstoepassing in die land skiet homself so in die voet dat dit kontraproduktief wetsoortreding promiveer.
    Polisie optrede; Stellenbosch, 16/03/2008, Dr J J Lubbe
    Dit is al 'n geruime tyd dat ek gereeld lees van hardhandige polisie optred wat gepaardgaan met aanrandings en erge vuil taal. Die ANC regering word al hoe meer 'n polisie staat soos in vele kommunistiese lande.
    Feesganger geweld Maties , 16/03/2008, Dion
    Dit was vir my skokkend om te sien hoe die poliesie hulle taak verig dit is duidelik dat hulle nou ook leunaars is bo en behalwe dat hulle ook diewe, skelms en dwelm smokkelaars is nou ook lafhartige boewe wat net maklikke teikens kan hanteer plaas dat julle julle groot baase en werklikke skelems so vasvat nie, maar dit kan nie gebeur nie want julle is kop in een mus met hulle. Die manier wat julle optree in die lokaal tussen jong kinders wys vir my dat hulle lafhards is skaam julle julle nie , julle is onopgevoede sleg opgeleide poliesie manne as jy jou so kan noem om gelaaide wapens op onskuldige mense (jong kinders) te rig wat teen die wet is daarby ,dit lyk of julle baie bang was geen wonder dat julle geskiet word nie , ek is baie skaam om tussen my internasionale vriende te se dat ek Suid Afrikaans is julle is nie van die SAP nie julle is die terroriste ,gaan vang julle maaitjies eerder geen wonder dat ons so sukkel met midaad nie, doen n slag julle regte werk waarvoor julle deur ons die belasting betaaler betaal word,sal die Burger en ander koerante nadat julle sensasie gehaad het ook opvolg oor hierdie lafhatige gedrag en ek gaan hierdie video en ander uitstuur na almal wat ek in die buiteland ken om ook verder te versprei om te wys wat op julle kuier mense en toeriste en wereld beker besoekers wag moet nie na RSA toe kom nie dis n gemors.
    Reserviste, 16/03/2008, Hendrik
    Ek het 'n vermoede meeste van die boelies was reserviste. Na hulle hul dagjob gedoen het, word hulle uniforms gegee en word ewe skeilik polisiemanne, wat hul frustrasie gewapen en agter koeelvaste baadjies op ander kan uithaal.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Reis en Verblyf
    Direct Axis-Lenings
    Wen tot R1000 verniet
    Motor- & huisversekering
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Rapport-foto's
        Stem
    Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
    Mnr. Zuma
    Mnr. Lekota
    Pres. Motlanthe

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo